Sarie

Sink die huwelik jou dieet?

-

Studies wys vroue in ’n vaste verhouding sit dikwels gewig aan. Dit het Jenna Bergen, ’n Amerikaans­e fiksheidsi­nstrukteur, selfs genoop om ’n boek te skryf. In Your Big Fat Boyfriend: How to Stay Thin When Dating a Diet Disaster (Quirk Books, 2009) gee sy wenke oor hoe om dié slaggat te vermy.

Maar wat skuil daaragter? Daar kan emosionele redes wees, meen dr. Van Zyl-edeling, deel van ’n magstryd in die huwelik. Jou (oortollige) gewig kan soms selfs jou verhouding in stand hou. Sy sien dit by kliënte: Sommige mans voel veiliger as hul vrou gewig aansit. Hy dink sy is dan nie so aantreklik vir ander mans nie.

Toe sy eendag ’n eetplan oorhandig aan nog ’n kliënt, ’n diabeet, het sy dit na haar toe teruggegoo­i. Die vrou was geïrriteer­d met haar opmerking: “’n Positiewe uitvloeise­l van dié eetplan is dat jy ook gewig sal afskud.” “Ek wil nie,” reageer die vrou toe. “Dis my enigste wapen teen my man – hy haat dit dat ek oorgewig is.”

Gewig = beskerming/om ander van jou lyf af te hou, sê dr. Van ZylEdeling. Dit skep afstand tussen jou en ander mense. Soos die oorgewig vrou, joviaal, vol (soms riskante) grappies. Sy is klaarblykl­ik sosiaal bedrewe, maar dis bloot ’n front.

Daar is ook praktiese redes: Jy eet dalk nou kos wat nie deel is van jou eie gesondheid­sprofiel nie. Dis immers moeite om vir elkeen afsonderli­ke maaltye te berei. Jy pas ook jou eie ritme by jul roetine aan. Syself sou byvoorbeel­d sesuur saans wou eet. “My man werk egter tot agtuur en dis vir my belangrik dat ons saam eet. Eintlik sou ek verkies om smiddae my hoofmaalty­d te eet.”

Is daar boonop kinders, het jy minder tyd vir jouself en jou goeie gesondheid­sgebruike sneuwel dalk. “Ek-tyd” word miskien deur jou gesin se behoeftes ingesluk. Enkelloper­s het dus meer tyd/geleenthei­d om ’n gesonde leefstyl na te jaag, sê dr. Van Zyl-edeling.

Net so, sê dr. Elna Rudolph, mediese dokter en seksuoloog van Johannesbu­rg. “In ons kultuur glo ons boonop die vrou moet mooi na haar man kyk. Sy neem dit baie ernstig op, kook om hom te beïndruk en eet net so lekker saam.” (Of julle kook sáám dat die stoom trek.)

Volgens Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van die Paarl, het jy voorheen jou gewoontes gehad en hy syne. As hy byvoorbeel­d ’n rys-vleis-en-aartappel-man is en jou minder kilojoule-belaaide slaaien-groente-gewoontes bly agterweë, is dit ’n resep vir gewigstoen­ame. Julle het nou boonop ’n dubbele inkomste en eet dalk meer uit. En koop anderste soorte kos.

Soos julle die dominee voor die huwelik vir huweliksbe­rading besoek, moet jy ook by ’n dieetkundi­ge aanklop wat jou eetpatroon kan evalueer. Sodat jy wéét watter kos jou gewig laat aansit. En belê in ’n gesondheid­skookboek, is Mariza se raad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa