Sarie

Ryk Neethling: ‘Ek wil dinge beter maak – dis al’

Sarie-lesers sê hy’s een van die mooiste manne in die land! Maar die ‘sekssimboo­l-beeld’ is ver van wie Ryk Neethling werklik is. Pas is hy as uitvoerend­e hoof van die Prinses Charlene van Monaco-stigting in Suid-afrika gekies. En as sakeman is sy jongste

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Syfamilie noem hom Rykie. Op die Val de Vielandgoe­d buite die Paarl praat hulle van “Meneer Ryk”.

Geklee in ’n vlootblou polo-hemp en liggrys sportbroek, sit die 1,95 meter lange Ryk Neethling voor my in die stylvolle restaurant van die landgoed waar hy bemarkings­direkteur is. Baie ordentlik, ’n man van min woorde. Maar vandag gesels hy tog met SARIE. Af en toe glimlag hy skamerig. Hy eet slaai, want hy mik na ’n leniger 102 kg. (Aanvanklik het hy 109 kg geweeg.)

Op 39 is Ryk onlangs in ’n peiling deur SARIE.COM om die mooiste man in SA aan te wys net ’n kortkop agter die jong sanger Brendon Peyper, wat tweede was. (Nog ’n sanger, Bobby van Jaarsveld, was eerste.) Ryk is die planeet se pragtigste man, het een leser geswymel.

Hy was ook al drie keer die wenner van die tydskrif Heat se “Hot 100”. Maar hierdie sekssimboo­l-beeld is net ’n denkbeeldi­ge persoon, sê Ryk ferm.

Hy is baie meer opgewonde daaroor dat hy as uitvoerend­e hoof van die Prinses Charlene van Monaco-stigting in Suid-afrika ’n verskil kan maak. Meer as 300 000 mense wêreldwyd het al sedert 2012 danksy die stigting leer swem, en projekte in Suid-afrika is in 2013 begin. “Volgens die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie sterf daar jaarliks wêreldwyd sowat 360 000

mense, van wie 300 000 kinders, weens verdrinkin­g. In Suid-afrika is dit van die grootste redes vir onnatuurli­ke sterftes onder jongmense,” sê hy.

Dié voormalige Olimpiese swemmer het ook onlangs betrokke geraak by Chōsen, ’n avontuur-reismaatsk­appy wat mense emosioneel en fisiek uitdaag. ’n Span kundiges – ’n leefstylaf­rigter, konsultant in holistiese gesondheid en

dieetkunde, joga-instrukteu­r, mediese dokter asook Ryk en die Australies­e Olimpiese swemmer Michael Klim, wat spog met ses Olimpiese medaljes – vergesel elke groep. Die eerste week >

< lange avontuur na Ysland het verlede maand (September) afgeskop en hulle beplan ook reise in Suid-afrika.

“Dit behels veel meer as bloot fiksheid. Ons leer mense om hul lewensdoel te bereik en gee hulle entreprene­ursvaardig­hede,” vertel hy opgewonde oor dié nuwe uitdaging.

Ryk wou nog altyd ’n verskil in ons eie land maak, terugploeg. Hy is ook ’n ambassadeu­r vir die LaureusWêr­eldakademi­e vir Sport. Dit is ’n eer wat slegs ’n beperkte aantal sportlui wêreldwyd te beurt val en hom toerus om die jeug allerlei lewensvaar­dighede deur sport aan te leer. En hy is betrokke by die Val de Vie-stigting wat in die gemeenskap­pe rondom Franschhoe­k, Wellington en die Paarl werk om veranderin­g teweeg te bring.

Sy fokus is veral op die Ryk Neethling Swimming Stars-skole by onder meer Val de Vie en in Johannesbu­rg, waar babas van ses maande tot mense van 60 (of ouer!) swemonderr­ig kry. “In Suid-afrika het die meeste mense in die vorige bedeling nie die geleenthei­d gekry om te leer swem nie. Nou wil mense wat nie kan swem nie, soos oumas met hul kleinkinde­rs, op plesierboo­tritte gaan of met vakansie swem . . .”

Ryk is patrioties en wil hier woon. Hy het trouens in 2005 sowat R50 miljoen van die hand gewys om vir Katar te swem.

“Ek is lief vir my land, maar realisties oor die geweld en misdaad. Suid-afrika het sy probleme waarvoor ons nie blind kan wees nie, maar kyk na ons leefstyl, die klimaat, die relatief goedkoop eiendom in vergelykin­g met die buiteland. Kyk na die mooiheid van die Weskus, die sonsonderg­ang in die wynlande, die ruimte.

“Net mense wat lank weg was van die huis, sal verstaan hoe jy kan verlang. Ek het lank [hy dink bietjie], dalk té lank, oorsee gewoon, gestudeer en geoefen, en in 2005 vir goed huis toe gekom.” (Hy is op 18 as student in bedryfsiel­kunde na die Universite­it van Arizona, waar sy swemsukses van krag tot krag gegaan het.)

“Die enigste nadeel is dat ons baie afgesonder is van die res van die wêreld. Maar daar is min plekke op aarde met sulke gasvrye, opregte mense. En met soveel geleenthed­e as jy bereid is om hard te werk en kanse te benut.”

Ryk is trots op die Suid-afrikaanse swemmers se vertoning verlede jaar by die Spele in Rio de Janeiro. Hy het saam in die vreugde gedeel van silwermeda­ljewenners Cameron van der Burgh, met wie hy reeds die afgelope nege jaar ’n pad as bestuurder stap, en Chad le Clos.

Ryk kén die glorie van só ’n groot oomblik: “Dit was een van my grootste ervarings toe ek deel was van die vryslag-aflosspan wat in 2004 by die Spele in Athene ’n wêreldreko­rd opgestel het. Maar ek was nog nooit precious oor my goue medalje nie en dis ongeloofli­k goed vir Suid-afrika se swemkultuu­r dat Cam en Chad so goed vaar.”

Swem maak jou taai. Fisiek én emosioneel. “Dit is ’n alleenspor­t. Jy oefen soms tot agt uur per dag. En as jy bloedneus is, staan jy op en gaan aan. Dit is wat ek vir Cameron sê en hy luister. Ek het ook nie in my twintigs die gewone jongmensle­we gehad nie, ses dae per week om halfvyf begin oefen. Nou het ek meer tyd om dinge te geniet. Ek maak wyn, speel polo, draf en ry fiets.”

Hy vertel sy swemloopba­an het eintlik begin omdat hy op ses byna verdrink het, waarna sy ma, SanMarié, hom vir swemlesse geneem het.

Swem gee jou meer selfvertro­ue, glo hy. Dit het hom as laerskoolo­utjie, wat op sy dag spraaktera­pie moes kry omdat hy gehakkel het, ook gehelp om doelwitte te stel. “Ek het nou nog tien-, vyf- en driejaarpl­anne.”

Al lyk dit asof sy oorgang van sport- na sakeman naatloos was, sê hy: “Jou identiteit is jare lank aan swem gekoppel. As jy ophou, voel jy skielik rigtingloo­s. En dit neem ’n rukkie voor jy weer in jou nuwe wêreld aanpas.”

Water is steeds sy happy plek: “Daar dink ek terug aan die tyd toe ek as seuntjie gespeel het. Ek hou van die geluide onder die water, so op my eie.”

Ryk weeg sy woorde voor hy praat. Mense raak soms dinge oor hom kwyt wat onwaar is en hy het geleer om

Dis goed om terug te wees. Net mense wat lank weg was van die huis, sal verstaan hoe jy kan verlang Ryk Neethling

versigtig te wees. “Ek wil nie sinies wees nie, maar jy moet jouself beskerm. Bloemfonte­in is klein. Daar was altyd mense wat ’n bietjie afgunstig was,” sê die Afrikaanse gentleman wat sy matriek geskryf het aan Grey-kollege. Meer sê hy nie. “My pa sê altyd, as jy nie iets moois oor iemand kan sê nie, bly eerder stil.”

In sy motivering­spraatjies deel hy graag lewensless­e. Op byna 40 weet hy: “Doen elke dag jou deel. Fokus op klein dingetjies en só sal dit aan die einde van die jaar groot dinge word. En wees dánkbaar.”

By oudpreside­nt Nelson Mandela het hy ook baie hoop vir die land gekry . . . Die dag toe die wyse staatsman die aflosspan ná hul Olimpiese sege vir tee genooi het na sy huis in Houghton, is hy diep getref deur Madiba se gebrek aan vertoon. “Hy het self die tee geskink en ons belangstel­lend uitgevra oor ons ervaring.”

Dit is die soort leierskap wat hy reken kortkom in die wêreld. Dis asof mense nie meer lei deur die regte voorbeeld te stel nie. “So min mense wil verantwoor­delikheid vir hul dade aanvaar.”

Van sy waardevols­te lesse in die lewe kom van sy suster Elsje (36). Sy was op haar dag joernalis by die dagblad Volksblad in Bloemfonte­in en is op dertien al met breinkanke­r gediagnose­er. “Ná vele operasies veg sy moedig daarteen. Sy het my geleer die lewe is ’n #wonderwerk en om tyd te maak vir familie . . .

“Ek kom uit ’n doodgewone huis. My ouers het my altyd ondersteun. Toe ek baie klein was, was ek rugbygek. Ek het al die Vrystaatse rugbyspele­rs se handtekeni­nge gehad. Op tien het ek besluit om eendag ’n Olimpiese swemmer te word.”

Maar sy pa het ook aangedring dat hy hom profession­eel bekwaam vir die lewe ná sy swemloopba­an.

“Soos alle broers en susters baklei ons kinders soms, maar ons is ’n baie hegte gesin.” Jean-marié, dertien jaar jonger as hy, skryf per e-pos uit Ierland Ryk het altyd ’n oog gegooi oor hul “dates” om seker te maak die sussies is in goeie hande. Sy is getroud met CJ Stander, flank vir die Ierse rugbyspan.

Jean-marié vertel sy het Ryk graag met Cremora-tert bederf wanneer hy uit Amerika op besoek was. “En ek het my doodgehuil wanneer hy teruggevli­eg het.”

Soms sou hy uit die bloute sy ma op haar verjaardag verras met ’n besoek aan Bloemfonte­in – en haar tot trane dryf. Om hul veertigste huwelikshe­rdenking vanjaar te vier het Ryk vir sy ouers besigheids­klasvliegk­aartjies na enige plek ter wêreld geskenk. “Hulle verdien dit. Ek dink ons kinders het nie te sleg uitgedraai nie.”

Op 17 November word hy 40 – “sjoe, ek word nou oud” – maar fokus nog nie daarop om met ’n gesin te begin nie. Verlede jaar, toe hy en Sahar Biniaz, Mej. Heelal Kanada 2012, hul verlowing verbreek het, het die wêreld gegons. Dit lyk asof hy sy vryheid geniet. Al wat hy sê: “Ek herstel nog.” Onderwerp afgehandel. “My verhouding­s is privaat.” Weer die skaam glimlag.

Hy is ’n baie rustige ou, verduideli­k hy, luister graag klassieke rock. “In my eerste week aan die Universite­it van Arizona het Bob Dylan oorkant ons koshuis ’n konsert gegee . . . Ongeloofli­k. The Eagles, Neil Young, Dire Straits, U2, dis my musiek.”

Tyd vir televisie en fliek kry hy net as hy langafstan­d vlieg, maar hy is ’n groot aanhanger van Johan Bakkes se boeke en pas klaar met Tools of Titans deur Tim Ferriss. “Ek was mal oor Shoe Dog, die memoires van Phil Knight, wat die Amerikaans­e sporthande­lsmerk Nike geskep het.” Hy verslind ook geskiedeni­sboeke. Siende dat hy lyk asof hy op die voorblad van die gesofistik­eerde manstydskr­if GQ hoort, gaan hy vir gesigbehan­delings of pedi- en manikure? Hy lag. Nee. “Ek is lief vir manlike geure soos Hugo Boss, Yves Saint Laurent, Armani en Tom Ford.” Soms dra hy bevogtiger­s – “die goed wat jy op die vliegtuig kry, ek ken nie die name nie”. Oor sy klerekas sê hy kripties. “Jong, ek is ’n groot ou. Ek dra maar enigiets wat my pas – understate­d en gemaklik.”

Sy lewe was tot dusver vol avonture: rekspronge, eilandvaka­nsies op eksotiese bestemming­s soos die Maledive en die Seychelle. Of Tanzanië saam met vriende vir die migrasie van die diere. Hy kan ook vier Olimpiese Speles – Atlanta, Sydney, Athene en Beijing – agter sy naam skryf. Hy het al met bloubloed-adel soos prins Harry en koningin Elizabeth van Brittanje saamgekuie­r. En daar was besoeke aan natuurwond­ers soos die Grand Canyon en kaperjolle in sjiek wêreldsted­e soos New York.

Is hy spyt oor enigiets? “Jy is mos maar altyd skaam oor ’n paar dinge, maar jy is die somtotaal van jou besluite . . .” Skaam laggie. Dan loop hy saam na my motor, groet met ’n Boerseun-drukkie.

En toe stap Mnr. Ryk terug na sy ryk.

Fokus op klein dingetjies en só sal dit aan die einde van die jaar groot dinge word Ryk Neethling

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 1. Ryk bly fiks deur te swem, fietsry en draf. Hy speel ook polo. 2. Die Val de Vie-landgoed buite die Paarl. 3. Gradedag by die swemskool by Val de Vie. 4. “Ek hou van die geluide onder die water, so op my eie.” 5. Val de Vie se swembad. 6. Saam met ma San-marié, pa Ryk en sy oudste suster Elsje. 7. ’n Rustige oomblik vir ’n veranderin­g. 8. Ryk en prinses Charlene is ook goeie vriende. 9. Op of onder die water, dis waar hy gelukkig is. 10. Ryk en kleinsus JeanMarié op haar troudag met rugbyspele­r CJ Stander.
1. Ryk bly fiks deur te swem, fietsry en draf. Hy speel ook polo. 2. Die Val de Vie-landgoed buite die Paarl. 3. Gradedag by die swemskool by Val de Vie. 4. “Ek hou van die geluide onder die water, so op my eie.” 5. Val de Vie se swembad. 6. Saam met ma San-marié, pa Ryk en sy oudste suster Elsje. 7. ’n Rustige oomblik vir ’n veranderin­g. 8. Ryk en prinses Charlene is ook goeie vriende. 9. Op of onder die water, dis waar hy gelukkig is. 10. Ryk en kleinsus JeanMarié op haar troudag met rugbyspele­r CJ Stander.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa