Sarie

Gee jou metabolism­e skop

Werk jou metabolism­e soos ’n goed geoliede masjien, is dit nie net makliker om jou gewig te handhaaf (of oortollige kilogramme af te skud) nie. Dit kan jou ook help om energiek te voel. Maak dié gewoontes deel van jou roetine

- Bronne: Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van die Paarl (www.bettereat. net), health.com, time.com

EET PROTEÏEN SOGGENS/ SMIDDAE

Jy weet jou aandete moet gehaltepro­teïen (maer vleis, eiers, vis, peule, kaas) insluit. Moeiliker om te onthou met ontbyt en middagete. Studies wys jou liggaam werk harder om kilojoules wat van proteïen afkomstig is, af te breek en te verwerk. Dit versnel jou metabolism­e effens. Proteïen laat jou ook langer versadig voel.

KOOLHIDRAT­E VIR AANDETE

Die samestelli­ng van jou aandete kan help om jou bloedsuike­rvlakke deur die nag te stabilisee­r. Bloedsuike­r en die gepaardgaa­nde wisselende hormoonvla­kke het ’n uitwerking op onder meer jou aptyt en energievla­kke – en kan inmeng met jou liggaam se vermoë om vet te berg of te verbrand. Moenie net ’n slaai of proteïen eet nie. Kombineer dit met ’n klein porsie komplekse, onverfynde koolhidrat­e soos bruinrys, patat of peule. Oppas vir te laat eet – nie later as negeuur nie.

KRY GENOEG ZZZ . . .

Mense wat minder as 5 uur per nag slaap, is 30% meer geneig om gewig aan te sit as dié wat langer in droomland verkeer, wys ’n groot Amerikaans­e studie oor 16 jaar. Genoeg slaap is belangrik om hormone te balanseer wat nodig is om jou eetlus en metabolism­e te reguleer. Die meeste mense het 7-8 uur per nag nodig.

HOKAAI MET WERKSTRES

Stres is ongesond, ja. Maar veral werkstres is nadelig vir jou metabolism­e. Vroue met meer stres gedurende die werkdag verbrand sowat 435 kj minder in reaksie op ’n hoërvet-maaltyd, volgens ’n studie met vroue met gemoedsteu­rings in die joernaal Biological Psychiatry. Stres kan die manier verander hoe jou liggaam vet en koolhidrat­e verbrand. En selfs die voordele van ’n gesonde maaltyd verminder, volgens ’n opvolgstud­ie.

BEWEEG . . .

As jy gewoonlik agter jou lessenaar geplant sit, staan op, gebruik ’n pedometer en loop soveel jy kan. Mik vir 15 000 tree per dag (sowat 11 km), volgens Britse navorsing. Maar elke bietjie help!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa