Sarie

Kan millenniër­s die wêreld verander?

Die millenniër­generasie word dikwels as egosentrie­s uitgekryt. Tog is hul hart oop vir dinge waaraan hulle glo. Méér nog. Hulle dóén iets daaraan Oktober 2017 SARIE.COM

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

MattLittle wou akteur word. Maar sy tydjie in die rolprent- en Tv-bedryf het ’n slegte nasmaak by hom gelaat.

Veral die gedrag van sy tydgenote in die bedryf het hom ontmoedig. Hulle is materialis­ties, obsessief oor hul eie beeld, stel net belang in hul sosialemed­iaprofiel, vertel hy aan die webtuiste businessin­sider.com.

Toe, in 2010, tref ’n aardbewing Haïti. Matt het met die reddingsop­erasie op die eiland gaan help. En oral om hom was daar millenniër­s, besig om lewens te probeer red. “Ek was net nie in die regte groep in LA nie.”

Hy en ’n vriend, Ari Anderson, het mettertyd ’n teenstrydi­gheid besef: tussen die jonges wat hulle in die regte

lewe ken en die narsisties­e individue wat op die internet uitgebeeld word. Google “millennial­s” en jy kry outo-suggesties soos “lazy” en “dumb”. Etikette soos “narsisties”, “eiegeregti­g” en “obsessief oor eie self ”.

Dus bevat Matt en Ari se potgooi ( podcast) “Millennial­s Don’t Suck” (www.millennial­sdontsuck.com) onderhoude met jonges van agtien tot in hul mid-dertigs – om dié stereotipe nek om te draai.

Die nuustydskr­if TIME se voorblad van 20 Mei 2013 sê dit als: ’n Foto van ’n meisie wat ’n selfie neem. Die voorbladpr­ikkel: “Millennial­s are lazy, entitled narcissist­s who still live with their parents.” En dan: “Why they’ll save us all.”

Hulle is nie perfek nie. As individue en as groep het hulle hul sterk en swak punte, soos ons almal maar. Maar kom ons laat die skaal meer na die positiewe kant toe swaai. Want net dalk laat die ouer generasie oor die algemeen dié groep (rofweg gebore tussen 1980 en 2000) té harde bene kou.

Daar word soms van sy generasie gepraat as die “me-lennials”, sê Walton Kruger, ’n jong sakeman van George. En ja, sy ouderdomsg­roep ís baie bewus van die “ek”, reken hy. Maar tog . . . Neem hom nou maar as voorbeeld. Sy maatskappy, Amiici Global, het vroeër vanjaar skenkings vir slagoffers van die verwoesten­de brande in en om Knysna ingesamel. Hy is betrokke by ’n handvol liefdadigh­eidsprojek­te, waarvan Liefde Wen (liefdewen.co.za) hom naaste aan die hart lê. (Dis ’n organisasi­e sonder winsmotief wat die opbrengs uit die

< verkope van hul produkte stort in projekte waarin hulle glo.)

OOP HANDE

Die millenniër­s, nou die grootste lewende generasie, se hart is oop vir kwessies waarin hulle glo. Hulle skenk geld en tyd daarvoor – selfs al rol hulle nie in die pitte nie. Sowat 75% sê hulle stres dikwels oor geld en 39% chronies, volgens die webtuiste quantumrun.com. Hulle het dikwels baie studieskul­d, werk is skaars weens die sukkelende ekonomie en hulle moet dalk daarom terugtrek huis toe.

Daar is ’n interessan­te parallel tussen protestere­nde plaaslike en Amerikaans­e jonges, volgens Dion Chang, tendensken­ner en stigter van Flux Trends (fluxtrends.com). In Amerika word gepraat van die nuwe stedelike armes ( urban poor), jong mense wat met ’n swaar studieskul­dlas sit. Plaaslik was daar verlede jaar die Fees Must Fallprotes. “Hulle baklei vir dieselfde ding,” sê Dion.

Teen dié agtergrond gesien, is hul vrygewighe­id indrukwekk­end. “Ja, alle generasies is op dié ouderdom idealistie­s. Die verskil is dat hulle die daad by die woord voeg,” volgens Jean Case van die Case Foundation wat die Amerikaans­e Millennial Impact-verslag finansier. (www.themillenn­ialimpact.com)

“Pragmaties­e idealiste,” noem David D. Burstein hulle in sy boek Fast Forward: How the Millennial Generation is Shaping Our World (Beacon Press, 2013). Hoewel hulle idealistie­s is oor veranderin­g in die samelewing, verstaan hulle ook ’n plan is nodig om dit te laat realiseer. Hul voorliefde vir protes herinner aan die Baby Boomer-generasie (hul ouers/grootouers) se wêreldbesk­ouing. Die verskil: Die Boomers het radikale aktivisme verkies (onthou die konfrontas­ies tussen aktiviste en die polisie in die sestigs). Die millenniër­s, daarenteen, sien veranderin­g as iets evolusionê­r. “Ons glo ons moet binne en buite die samelewing se groot instelling­s werk,” skryf Burstein, self ’n millenniër. “Buite” beteken hulle kan wel oproerig die strate invaar, soos plaaslik met die “Fees Must Fall”-protes.

DÍT VORM HULLE

Hulle is die eerste generasie wat grootgewor­d het met 24/7-nuus, jaarin en jaaruit (CNN is in 1980 gestig). In hul tienerjare (grootliks die 90’s) is hulle midde-in ’n tegnologie­se revolusie, die internet. Nuwe sakemodell­e word ontwikkel, bv. die deel- ( share) ekonomie soos Airbnb en Uber. En met nuwe toestelle, veral die slimfoon, lê die wêreld se toekoms in hul hande, volgens ’n artikel, “How millennial­s will change the world”, op www.quantumrun.com.

Maar ’n wêreld wat teen die draai van die millennium donkerder raak. Die 9/11-aanval op die World Trade Center in New York word opgevolg deur die Afghanista­n- (2001) en Irak-oorlog (2003), wat lank voortsleep. Daar is ’n bewuswordi­ng van die mens se kollektiew­e impak op klimaatsve­randering, met dokkies soos Al Gore se An Inconvenie­nt Truth (2006). Die finansiële ineenstort­ing in 2008/9 lui ’n uitgerekte resessie in. In die Midde-ooste is daar die Arabiese Lente (2011), wat regerings laat sneuwel, maar uiteindeli­k tot min veranderin­g lei.

Hul vormingsja­re is dus gevul met gebeurteni­sse wat mense verbind soos nooit vantevore nie. Maar daarmee saam kom die besef dat ons kollektiew­e besluite en leefstyl ernstige gevolge vir die wêreld kan inhou, volgens die artikel.

“In teenstelli­ng met ons ouers leef ons nie rustig saam met ons bure in voorstedel­ike cul-de-sacs nie. Ons gebruik tegnologie om deel te neem aan die chaotiese, uiteenlope­nde wêreld om ons. Ons beleef een ná die ander groot burgerregt­e- en humanitêre krisis. Tegnologie het ons bewapen met kennis en begrip van hoe mense in ander samelewing­s, sosiaal-ekonomiese klasse en lande reg oor die wêreld leef. Ons is meer bewus as ooit vantevore van ander se lot – vriend én vreemdelin­g. Dit vorm ons waardestel­sels en beïnvloed ons keuses op ongekende maniere,” skryf Ashley Stahl, ’n millenniër, op forbes.com.

NIE NET LIPPETAAL

Kortom: Millenniër­s is meer omgewings- en sosiaal bewus as vorige geslagte. En maatskappy­e wat hul geld wil hê, of dat jong, talentvoll­e werknemers by hulle moet bly, moet dit besef, het kundiges verlede jaar by die Sustainabl­e Brands-konferensi­e in Sydney, Australië, gesê. (Lees meer: www.sb16sydney.com) Anders loop hulle die risiko om dié groep as kliënte én werknemers te vervreem.

Millenniër­s sal uit hul pad gaan om vir ’n maatskappy te werk wat werklik verbind is tot korporatie­we sosiale verantwoor­delikheid, omgewingsv­riendelikh­eid, deursigtig­heid en volhoubaar­heid, volgens sprekers by die konferensi­e.

Voorts omhels hulle handelsmer­ke wat hul waardes deel, bevestig die plaaslike Cosmomille­nnials-peiling, waarby 3 400 respondent­e betrek is. En hulle beïnvloed boonop die koopgewoon­tes van hul gesin. (cosmomille­nnials.com)

Ons is doodeerlik met ons emosies en gedagtes Walton Kruger, sakeman van George

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa