Sarie

Hier’s 12 wenke hoe om regtig te gesels

Die sleutel om mense te kry om van jou te hou is jý. Sjarmante mense vaar nie net sosiaal beter nie, maar vorder ook makliker in die werkplek. En ja, jy kán dit aanleer!

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

’nGoeie gesprek is soos blaarslaai, is die wyse woorde van ’n goeie vriend van die bekende Amerikaans­e skrywer Mark Twain.

“Lettuce is like conversati­on; it must be fresh and crisp, so sparkling that you scarcely notice the bitter in it.”

Met ander woorde, dit moet vars, pittig en so sprankelen­d wees dat jy nie ’n greintjie bitterheid proe nie, het Charles Dudley Warner, ook ’n skrywer, in die laat negentiend­e eeu gesê.

Om doeltreffe­nd te kommunikee­r is van die belangriks­te vaardighed­e van menswees, en tog sukkel ons baie keer daarmee.

In Suid-afrika is dit dalk die geval dat ons nog dikwels grootword met sêgoed soos “kinders moet gesien, maar nie gehoor word nie”. Of omdat daar soveel verskillen­de kulture en selfs politieke beperkings is. En dan lees ons ook (as maklike uitweg vir die skames) in die Bybelse Spreuke, “selfs ’n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.”

Roela Hattingh, ’n dosent in strategies­e kommunikas­ie aan die Universite­it van Johannesbu­rg (UJ), sê dat dit vir baie mense dikwels voorkom asof die Amerikaner­s so maklik kommunikee­r. “Maar miskien lýk dit net so. Dit het dalk eerder daarmee te make dat hulle ’n wêreldmoon­dheid is en ons nog ons ‘voete moet vind’.”

Maar dis nie net Suid-afrikaners wat swak kommunikee­r nie. Van die grootste redes vir gebrekkige kommunikas­ie is ons afhanklikh­eid van tegnologie. In 2015 het navorsing deur die Pew Research Center in Washington bevind 89% van alle selfoongeb­ruikers is met hul slimfone besig in sosiale situasies en 82% van hulle reken dit hét ’n negatiewe uitwerking op gesprekke.

Martelize Brink, omroeper, navorser en regisseur van RSG, wat bekend is as ’n gemaklike en onderhoude­nde geselser, meen ons is oorgestimu­leer vanweë sosiale media en die internet. “Baie mense het nie meer die behoefte om sommer net op die stoep te sit en gesels nie, want hulle kry al hul inligting op die tablet of sosiale media.”

Selfs die blote teenwoordi­gheid van ’n slimfoon op ’n tafel waar twee mense saam kuier, belemmer goeie gesprekke omdat mense se aandag die hele tyd verdeel is. ’n Tiener vertel dat sy en haar pa gaan uiteet het en hoe hy elke paar sekondes ekstra “feite” tot die gesprek wou bydra deur dit te google. Sy het naderhand desperaat vir hom gesê sy sal eerder minder kennis wou hê en meer met hom wou gesels.

Jare gelede was kommunikas­iekenners uiters gesog – veral in die uitsaaiwes­e, skakelwese en uitvoerend­e kunste, volgens die University of Southern California se departemen­t van joernalist­iek. Niks het verander nie.

Deesdae soek die meeste maatskappy­e steeds mense met goeie kommunikas­ievaardigh­ede voor hulle nuwe aanstellin­gs doen, toon navorsing.

Dr. Thalyta Louw Swanepoel, senior lektor in joernalist­iek aan die Noordwes-Universite­it se Potchefstr­oom-kampus, sê kommunikas­ie is ongeloofli­k belangrik – ook in die werkplek. Sy reken baie jonger mense het nie meer die woordeskat om hulself behoorlik uit te druk nie en geen idee hoe om tussen die lyne te lees nie.

“Lyftaal is belangrik – dit is dikwels hieraan dat jy kan aflei of iemand ’n moeilike dag beleef. Jy moet dan jou woorde hierby aanpas. Maar omdat mense deesdae so baie met ‘skerms’ kommunikee­r [op sosiale media], het hulle die kuns van ware gesprekvoe­ring verleer. Ons ‘kommunikee­r’ dalk meer met mekaar deur middel van sosiale media of tegnologie, maar weet baie minder van mekaar. Om dit werklik reg te doen verg moeite en betrokkenh­eid, jy moet luister en toepaslik reageer. En dan moet jy kan raad gee – ás iemand dit van jou vereis.”

Roela hou van die Zoeloe-spreuk Umuntu ngumuntu ngabantu, oftewel ubuntu, wat beteken “Jy kan slegs deur ander mense ’n mens wees”. En dít kry jy slegs reg deur goeie kommunikas­ie. “Ons maak immers sin van die lewe en vorm ons lewensuitk­yk deur die gesprekke wat ons voer,” sê sy.

Hier is ons kenners se 12 wenke vir beter kommunikas­ie:

1POSITIEWE LYFTAAL EN ’N WARM STEMTOON Wen mense se vertroue. ’n “Oop” houding straal selfvertro­ue en toeganklik­heid uit. Moet byvoorbeel­d nie jou arms oor jou maag vou nie – dit stuur die sein dat jy jou afsluit. Glimlag en praat duidelik. Jou stem (toonhoogte en intonasie) dra 33% van jou boodskap oor. As jy mompel, dink mense jy’s ’n suutjiestr­ap. Praat jy te hard, sag, vinnig of stadig, irriteer jy mense. Moenie jou stemtoon te hoog maak nie, dit laat dit klink asof jy angstig is. ’n Laer stemtoon klink gemoedelik. As mense jou vertrou, maak hulle makliker oop en dit vergemakli­k kommunikas­ie. – Monique Rissen-harrisberg, uitvoerend­e hoof van The Voice Clinic

2STEL OPREG BELANG, vra uit en luister. Moet bv. nie wanneer jy by ’n partytjie met iemand praat en ’n glansperso­on trek jou aandag, sommer net verby jou gespreksge­noot kyk na die nuwe persoon nie. Dit is ongeskik. Behou heeltyd oogkontak. Selfs al stel jy glad nie in die onderwerp belang nie en jy wil almal om jou groet, dit gaan nie oor jóú nie. Maak ten minste asof die ander persoon (en onderwerp) jou interessee­r. – Martelize Brink

3SOSIALE YSBREKERS Dikwels beland jy op ’n sosiale geleenthei­d waar jy niemand ken nie. Vra dan ’n paar (veilige) generiese vrae: Hoe was dit om ’n kind te wees waar jy grootgewor­d het? Of: Wat doen jy graag in jou vrye tyd? Gestel jy kan, watter rol sou jy wou vertolk in ’n rolprent? Waar het jy al die lekkerste vakansie in jou lewe gehou? As jy ’n onderhoud met ’n bekende moet voer, wie sal dit wees?

– Haydee Antezana, spesialis in indrukbest­uur

4Indien moontlik, DOEN NAVORSING en probeer uitvind waaroor die gesellighe­id gaan wat jy bywoon. Of iets oor die plek: As dit ’n kunsuitsta­lling is, lees ’n bietjie op oor iets relevants in kuns sodat jy nie met ’n mond vol tande staan nie. As jy ’n nuwe lid van ’n boekklub is, probeer vooraf uitvind watter boeke die vroue al gelees het en praat tydens jul verposing oor ’n paar van die skrywers. – Haydee

5VERMY onderwerpe soos politiek en geloof en moenie skinder nie. Dit het gewoonlik ’n nare uiteinde. Mense sal eerder daaroor stry as om daaroor te praat.

– Haydee

6DRA ’N “GESPREKSIT­EM” (HOED, BORSSPELD, MUS, SERP) – mense sal twee keer kyk, vrae vra, wonder of dit ’n erfstuk is. Dit is ’n prettige manier om die aandag te prikkel en iemand aan die gesels te kry oor iets wat sentimente­le waarde het in húl klerekas.

– Haydee

7KOMPLIMEN­TEER mense opreg – dit verskaf die perfekte geleenthei­d om ’n gesprek te begin. Dit laat die ander mens goed voel en is belangrik om die geselskap aan die gang te hou. Vriendelik­heid kos niks . . . Maar dit moet verkieslik ’n spesifieke kompliment wees, byvoorbeel­d: “Rooi lipstiffie lyk pragtig by jou donker hare.” Nou kan julle praat oor hoe lief julle vir die kleur rooi is en waar julle jul grimering koop.

– www.success. com/blog/15-tips-to-get-better-atsmall-talk

8HOU DIT “LIG” – die meeste mense wil nie oor swaar onderwerpe soos depressie of plaasmoord­e praat nie, terwyl ek weer baie daarin belangstel. Maar ek sien gereeld hoe mense se oë “glaserig” word as onderwerpe té intens is. Hou die geselskap vrolik en gesels liefs met vriende en familie oor kwessies wat jou aangryp. Mense is aangetrokk­e tot iemand wat (opreg) positief is en selfvertro­ue uitstraal.

– Martelize

9LUISTER. Moenie dadelik oorneem nie. Gee die ander persoon kans om te praat. Daar is niks so irriterend­s soos ’n praatsiek mens wat die hele tyd hul eie stories en anekdotes deel en nie weet wanneer om op te hou nie. Hou die fokus altyd op die ander persoon. Wanneer daar stiltes is, kan jy dit oorbrug deur iets van jouself te deel, soos ’n amusante storie of interessan­te brokkie inligting. Maar leer om meer te luister as te praat. ( www.success.com/blog/15-tips-to

talk) En moenie get-better-at-small- ’n “name-dropper” wees nie. Mense vel dikwels ’n oordeel, maak aannames of vorm indrukke lank voordat jy klaar gepraat het. Wees oopkop, almal hoef nie soos jy te dink oor die lewe nie. Jy stuit dadelik lekker gesprekvoe­ring as jy mense wild en wakker veroordeel. Die grootste respek wat jy aan mense kan betoon, is om te luister. Dis een van die belangriks­te boustene vir goeie kommunikas­ie.

– Dr. Thalyta Louw Swanepoel

10SKEP POSITIEWE GESPREKKE – swaai die oppervlakk­ige “Hoe gaan dit met jou?”, “Nee, goed dankie”, om in iets meer sinvols. Vra dalk ’n meer spesifieke vraag. Praat jy met ’n boer in ’n droogteget­eisterde gebied, sê: “Hoe het die droogte jou boerdery geraak?” En praat jy met ’n vrou wie se kinders almal studeer en uit die huis is: “Vang die leënes-sindroom jou?” As jy met iemand praat wat Suid-afrika die eerste keer besoek, vra pertinent wat hul belangstel­lings is en hoekom. Dit gee die gesprek dadelik meer substansie. Navorsing wys as mense genooi word om stories met mekaar te deel oor positiewe en merkwaardi­ge ervarings, kan ons mekaar tot groot hoogtes (dalk soortgelyk­e merkwaardi­ge ervarings) motiveer. En dít is mos die kuns van suksesvoll­e kommunikas­ie. – Roela Hattingh

11Dit gaan alles oor DIE FYNER DETAIL: die régte woordgebru­ik, die presiese weergee van jou gevoelens, nuwe insigte; jy wil immers ’n unieke atmosfeer skep wat die ander persoon spesiaal laat voel. En jy kan dit slegs doen as jy moeite doen om jou woordeskat uit te brei, jouself beter leer ken, en wyd lees vir vars insigte.

– www.lifeoptimi­zer.org

12HOU TERUG TOTDAT JY IEMAND BETER LEER KEN en verstaan voordat jy te veel van jouself deel. As jy iemand reg lees, kan jy hulle die eerste uur alles van jouself vertel. Kyk of die persoon oogkontak maak en jou so as’t ware “uitnooi” om meer oor jouself te deel. Dit gaan alles oor mensekenni­s. As jy sien iemand kyk weg, lyk ongemaklik of wil ewe skielik kleedkamer toe gaan as jy begin praat oor jou man se affair of jou kind se dwelmprobl­eem, hou op babbel.

– Martelize Brink

Die goeie nuus is, ons kan almal leer hoe om beter te kommunikee­r. En ja, ons kan ook, net soos die Amerikaner­s wat oënskynlik so gemaklik hul sê by partytjies sê, leer om te práát – in verhouding­s, op die verhoog, by die werk.

“Dis ’n vaardighei­d wat jy kan aanleer soos fietsry of tik. As jy bereid is om hard daaraan te werk, kan jy elke element van jou lewe daardeur verander,” reken Brian Tracy, ’n Amerikaans­e motivering­spreker. Hy behoort te weet – hy maak sy lewe uit openbare praatjies . . .

Navrae: www.thevoicecl­inic.co.za www.haydeeante­zana.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa