Sarie

deur Sonja Strauss Laaste sê

-

Dis ’n minuut voor elf toe ek by ’n kuierplek in Hatfield instap. Ek stamp-stamp ’n pad tussen rook en mense deur. Ek is daar om ’n reeds verdwaalde verhouding te probeer tyd gee . . . maar eintlik is ek alleen. Iets, iemand, vang my oog, en ek kyk in die rigting van die dansvloer. Ek sien haar deur die flou lig, die gloeiende oë, die wit langbroek, weer die oë. Ek draai na die persoon langs my: “Met haar gaan ek trou.”

Alles gebeur in ’n minuut. Maar dís wat gebeur as tyd stilstaan terwyl die hart kies. Amper elf jaar later, in ’n verre land in die Ooste, stamp-stamp ek ’n pad deur ’n klomp vreemdelin­ge. Ek neem alles in, want ek weet ek moet hier wees. Die hitte word deur ’n salige reënbui gebreek en ek word byna deur ’n bus getref soos ek gesig na die hemel die druppels verwelkom. Later sit ek in ’n klein vertrek en ’n Fransman konfrontee­r my met die vraag: “As jy nét ’n minuut het, wat sal jy vir haar sê?” Ek sal sê die beste is nog op pad. Al klink dit onrealisti­es, want niks sal ooit weer by die aanhoudend­e gevoel van versotheid kan kom nie. Ons sal nooit weer so aantreklik wees soos tóé nie. As ek onthou hoe jy vir my gesê het ek moet ophou staar, en ek vir jou gesê het jy moet ophou so lyk, en hoe die staar later net kyk geword het. Ná tien miljoen woorde tussen ons kan niks meer soos ’n avontuur klink, of voel nie . . . en wat jy wil hoor, is selde wat ek sê.

Maar die beste ís nog op pad, want ek stuur die skip. Ek weet hoe om tot by jou diepsee te navigeer en daar anker te gooi. Ek weet hoe lank om daar te bly, want ek het geleer wat jy die heel meeste vrees. Ek weet waar jou grense lê, maar ek weet ook wanneer om dit saam met jou te verskuif sodat jy meer van jouself kan leer. Ek weet dat my gestoofde beesstert jou in die winter gesond kan hou, en hoe goed ons saamwerk in ons te klein kombuisie as jy weer op die been is.

Ek weet hoe jy 5th Avenue in New York wil vermy, maar ook hoe ek die skip kan stuur na Macy’s se 3de vloer vir jou vreugde oor die winskopies en die skoene.

Ek weet hoe vinnig jy kan hardloop as die leegtes loop, en dan stop ek jou nie. Hoe om met jou liefde te maak want jy vertrou my. En ek weet wanneer ek al drie kabouters in die kar moet laai sodat jy ’n tydskrif se glansblads­ye meer as net ’n vriendin kan maak. Maar wanneer ons weer by die huis kom, hoe hulle onder jou mooi arms inkruip soos welpies en spelerig raak. Dan sien ek dat jou beker oorloop, en as jy glimlag die hele wêreld saam glimlag.

As een minuut oor die foon ’n uur met jou word, of drie ure op ons stoep waar die akkedissie­s heeltemal te gemaklik is – seker oor hulle ook veilig voel, is dit goed vir my, want die tyd staan mos stil as die hart kies.

My hart het jóú gekies toe jy my nog nie raakgesien het nie – dalk ’n minuut vroeër.

 ??  ?? Johan Vorster is liedjieskr­ywer van formaat. Hierdie rubriek wys sy gedagtegan­g in sy skryfprose­s. Dit was ook die geboorte van sy nuwe liedjie, Een Minuut. Hy het al meer as 400 liedjies neergepen, waarvan 60 wenners was, onder meer Juliet (Steve...
Johan Vorster is liedjieskr­ywer van formaat. Hierdie rubriek wys sy gedagtegan­g in sy skryfprose­s. Dit was ook die geboorte van sy nuwe liedjie, Een Minuut. Hy het al meer as 400 liedjies neergepen, waarvan 60 wenners was, onder meer Juliet (Steve...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa