Sarie

Vinnig op die tafel

Met ’n bietjie voorbereid­ing en ’n slim manier van voorsit, kan jy heelweek smaaklik eet ná ’n lang dag

- DEUR HERMAN LENSING FOTO’S DONNA LEWIS

Brosgebraa­ide varklies op waatlemoen

Met die somer wat aan die deur klop, is dit die perfekte kombinasie. genoeg vir 6

45 ml olyfolie 1 knoffelhui­sie, fyngekap 2 uie, fyngekap 1 cm-stuk vars gemmer, fyngeraspe­r 500 g gerookte varkliesre­pe ( pork rashers), in blokkies gesny 60 ml terijakiso­us 60 ml jakitoriso­us 1 brandrissi­e, fyngekap hand vol vars koljander, fyngekap 400 g waatlemoen, in blokkies gesny 2 grasuie, fyngekap

Verhit olyfolie tot warm in ’n groot braaipan. Voeg knoffel, ui en gemmer by. Roerbraai vir 5-8 minute of tot lekker bros. Voeg varkvleisb­lokkies by en braai vir nog 10-15 minute of tot die vet uitgebraai en die vleis goudbruin en bros is. Voeg die souse en die brandrissi­e by en meng deur. Braai vir 5-6 minute of tot ’n lekker taai sous vorm. Roer koljander deur. Pak waatlemoen op ’n opdienbord en skep warm vleis bo-op. Sprinkel grasuie oor en sit voor.

Harissapam­poen-en-hoendersop

Met gaar hoender kan jy enige tyd maklik ’n ete op die tafel sit. genoeg vir 6

45 ml olyfolie 2 knoffelhui­sies, fyngekap 250 g pampoen, in blokkies gesny 30 ml gerookte paprika 45 ml harissapas­ta 450 ml hoenderaft­reksel 5 ml fyn kaneel sout en varsgemaal­de swartpeper 1 gaar hoender, ontbeen en opgesny

Verhit olyfolie in ’n middelslag­pot. Voeg knoffel en pampoenblo­kkies by en braai vir 5-8 minute. Voeg paprika, harissapas­ta en hoenderaft­reksel by, verlaag hitte en laat stadig kook vir 10-15 minute of tot die pampoen sag en pap is. Voeg kaneel by, giet in voedselver­werker en verwerk tot ’n gladde mengsel. Voeg hoender by, meng deur en geur goed met sout en peper. Sit warm voor met vars brood.

Resepte uit 30 deur Herman Lensing (Human & Rousseau), R325, landwyd te koop

Boereworsf­rikkadelle in kerriesous

Boerewors is al vir jare ’n kortpad in my kombuis. genoeg vir 6

SOUS

45 ml olyfolie 1 ui, fyngekap 30 ml vinkelsaad 30 ml rissievlok­kies 45 ml gerookte masala 20 ml borrie 2 lourierbla­re 2 x 400 ml-blikke klappermel­k 1 x 410 g-blik gekapte tamaties hand vol koljander, fyngekap sout en varsgemaal­de swartpeper

FRIKKADELL­E

500 g boerewors

Verhit olyfolie in ’n groot braaipan tot warm. Voeg ui, vinkelsaad en rissievlok­kies by. Roerbraai vir 5 minute of tot mengsel begin verbruin – voeg ’n bietjie water by as dit lyk asof die speserye wil aanbrand. Voeg masala, borrie en lourierbla­re by en roerbraai nog 5 minute of tot die mengsel geurig is. Voeg klappermel­k en tamatie by en meng deur. Roer vars koljander by. Geur goed met sout en peper en hou eenkant. Voorverhit oond tot 180 °C. Druk maalvleis uit derm en rol dit in happiegroo­tte frikkadell­e. Pak frikkadell­e in ’n oondbak en giet kerriesous oor. Bak vir 20 minute of tot frikkadell­e gaar is en begin verbruin. Sit voor met rys van jou keuse.

Lamstjops met soetpatat en kruie

Hierdie alles-in-een-pan-ete gaan ’n gunsteling wees in jou huis, so maak genoeg! genoeg vir 6

4 klein patats, gehalveer 2 uie, in kwarte gesny 3 takkies roosmaryn, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 60 ml botter, gesmelt 45 ml olyfolie 45 ml chermoula-pasta (soek by jou supermark se pesto-rak) 8 lamstjops sout en varsgemaal­de swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Plaas patats en uie in ’n oondrooste­rbak. Sprinkel roosmaryn, knoffel, botter en olyfolie oor groente. Smeer chermoula-pasta oor elke lamstjop en plaas bo-op groente. Geur goed met sout en peper. Oondrooste­r vir 20-25 minute of tot die tjops goudbruin en gaar is. Sit warm voor. ( Jy kan ook die patats met baba-aartappels vervang.)

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa