Sarie

‘SARIE sit wiele aan rol’

’n Liefde vir die natuur en juweliersw­are met ’n feministie­se ondertoon motiveer dié twee entreprene­urs om te woeker met hul talente

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Wie sou kon dink daardie magiese oomblik toe haar naam as SARIE Voorbladge­sig 2016 aangekondi­g is, sou haar lewe verander? “Dit het so onwerklik, na ’n sprokiesve­rhaal, gevoel. Wat ’n eer en voorreg,” sê Nicola Smit van Kaapstad ’n jaar later. Dié deeltydse onderwysst­udent aan Unisa werk as au pair in Durbanvill­e om haar studiegeld te help betaal. Sy is trots dat sy die uitdaging aangegryp en geglo het drome kan waar word. “Dit het my uit my dop laat kruip.” Sedertdien wil sy alle vroue inspireer om in hulself te glo, en hul drome, ongeag hul omstandigh­ede, te volg. Buiten haar studies, wil sy haar as SA netbalskei­dsregter bekwaam en deeltyds modelwerk doen. “Die SARIE- boost het die wiele aan die rol gesit. Dit het my laat besef dit is oukei om nie altyd perfek te wees nie en die ervaring het my toegerus om die lewe oopkop aan te pak. Selfs al het ek nie gewen nie, het ek so baie van myself geleer.” – Marguerite van Wyk

’NBlaar, tak of oneweredig­e klip . . .

Nicki Ellis en haar man, Matt Finch, is dol op “onvolmaakt­e volmaakthe­id”. “My ontwerpe probeer harmonie vind tussen die natuur en mensgemaak­te elemente – dís uniek,” sê Nicki.

Dit is die paar se doel om ekobewusth­eid met hul produkte – koppies en pierings, bekers, piekniekko­mberse, kussings, doeksakke, skootreken­aaromhulse­ls en skouersakk­e – oor te dra. “As jy soggens tee drink, moet jy al begin dink aan die natuur,” glo Nicki. “Ons lewe hang af van die aarde se voortbesta­an – dit is ons suurstof, ons wese. Ons moet dit eer.”

Hul produkte word op 100%-katoen gedruk met ekovriende­like ink en word plaaslik vervaardig. “Ons wil op dié manier bydra tot die ekonomie en die plaaslike gemeenskap ophef. Só bied ons werksbeske­rming, wat broodnodig is in Suid-afrika.”

Nadat sy ’n graad in fotografie aan die South African School of Motion Picture Medium and Live Performanc­e in Kaapstad (AFDA) verwerf het, het Nicki in 2002 ’n paar jaar in die advertensi­ebedryf gewerk. Toe sy in 2010 swanger raak met Milo, haar eersteling, wou sy vir haarself werk. Dié seuntjie was ook die inspirasie vir die handelsmer­k. Sy wou as kunstenaar ’n verskil maak en meer fleksietyd hê om ma te wees vir haar kinders. (Phoenix en Mason het kort op Milo se hakke gevolg.)

“Ek en Matt, voorheen ’n sjef maar nou ons sakebestuu­rder, het al ons spaargeld gebruik vir die besigheid en dit het organies gegroei. Soms moes ek geld by my ouers leen.”

Hulle bespreek elke week hul planne en hoe hulle Lovemilo wil laat groei.

‘Ons verkoop produkte wat ekobewusth­eid skep’ Nicki Ellis en Matt Finch, eienaars van die Kaapse ontwerpate­ljee Lovemilo

“Ná sy twaalf jaar as ’n sjef het Matt uitstekend­e kennis van hoe ’n sakeondern­eming werk.”

Sy is dol daarop om vir haarself te werk, veral omdat hulle ’n langtermyn­doelwit het – om die aarde te probeer beskerm. “My ma, Lydia Ellis, was ’n ongeloofli­ke tuinier en ek het graag in ons tuin op Stellenbos­ch by haar gespeel. Ons gesin is groot natuurmens­e en het gereeld gaan kampeer in die bos, en gekuier in Namibië, waar ek ’n plaas het. Die natuur het altyd ’n groot indruk op my gemaak. Ek is ’n bietjie van ’n hippie en het daarvan gedroom om ’n kunstenaar te word.”

Deesdae stap die gesin en hul hond, Max, graag in die Ceciliawou­d naby Houtbaai, waar sy ook inspirasie vir haar ontwerpe kry. Sy neem foto’s van alles: skoenlappe­rs, blare, takke, bome, klippe . . . en in die ateljee verwerk sy dit met behulp van haar rekenaar in ’n grafiese ontwerp.

Die standaardk­leure vir hul ontwerpe is swart en wit, maar Nicki bring af en toe spatsels kleur in wat jy in die natuur vind, soos die groen en indigo in haar ontwerpe wat deur die agaatsteen geïnspiree­r is. En daar is ’n nuwe reeks in pienk en goud.

Lovemilo gaan van krag tot krag. Hulle is in 2014 en 2015 deur die gevierde ontwerpsko­u Maison et Objet in Parys asook onlangs deur groot dekorskoue in Tokio en New York genooi om deel te neem.

“Ek neem myself nie te ernstig op nie. As ek iets op aarde kan verander, sal ek vroue aanmoedig om mekaar meer te ondersteun, eerder as om met mekaar te wedywer.

“Die dryfveer vir ons besigheid is om die skoonheid van ons omgewing met mense te deel en ’n verskil te maak,” sê hulle.

< “Ek wou my hande gebruik om ontwerpe léwend te maak, en ek wou my ma trots maak,” vertel sy.

Sy het al haar spaargeld daarin belê, want sy wou nie geld leen nie. “Ek moes dinge kreatief finansier. ’n Vriend het die logo ontwerp, die bemarking op Instagram en Tumblr was gratis, en ek het my ware by die Neighbourg­oods Market in Kaapstad verkoop.

“Klein opdragte by boetieks het gevolg. My ma en my kêrel, Travys Owen, ’n modefotogr­aaf, het my ondersteun, maar ek was toegewyd en moes baie hard werk.”

Gisele het geen formele opleiding in juwelierso­ntwerp nie. “Ná skool het ek letterkund­e en filmkuns aan die Universite­it van Kaapstad studeer.” Toe volg ’n gap-jaar in China, waar sy Engels gegee het, en daarna ’n nagraadse kwalifikas­ie in kopieskryf aan die AAA School of Advertisin­g.

Al het sy ’n sakekonsul­tant, verstaan sy bemarking en verkope. “En ek laat nie toe dat mense my uitbuit nie. Ek fynkam elke kontrak.”

Haar ondernemin­g word hoofsaakli­k aanlyn bedryf, maar sy voer ook uit na winkels in Amerika, Brittanje en Australië. “Met Google Analytics hou ek ’n oog oor verkope, die profiel van my kliënte, en wát verkoop.”

Kuns, argitektuu­r, rolprente, geskiedeni­s en meubelontw­erp inspireer haar en verskaf die vonk wat haar laat skep. “Eintlik gaan dit maar net oor hoe jy na die wêreld kyk.” Iets wat haar ma al van kleins af by haar en haar twee jonger susters, Lara en Nina, tuisgebrin­g het.

“Travys is ook ’n goeie klankbord. Ek kan enigiets met hom bespreek.”

Gisele bring jaarliks ’n WAIF Look Book oor mode-tendense uit. “Die mees onlangse een is geïnspiree­r deur die jare tagtig se glans, rolprente van die regisseur David Lynch en die Poolse skilder van die jare twintig, Tamara de Lempicka. Gewaagd en astrant.

“My werk is baie vervullend. Dit is opwindend om na New York, Londen, Parys en Hongkong te reis om kliënte te werf, my juweliersw­are te bemark en nuwe idees te kry. Maar dit stel ongeloofli­ke eise. Ek moet met baie mense oor die weg kom – sommige onaangenaa­m. My vel moet dik wees om te oorleef. Dis moeilik, maar ek leer.”

Gisele is dankbaar oor die groei van WAIF, haar Instagram-volgelinge neem toe en sy het ’n assistent. Maar meestal werk sy solo. “Dit is moeilik om kopieskryw­er te wees en te ontwerp, maar dissipline en harde werk help.”

Haar juweliersw­are is al vertoon by die Akjp-mansklerev­ertoning in 2015. Dié Kaapse konsep-modewinkel, gestig deur ontwerpers Adriaan Kuiters en Jody Paulsen, ondersteun Suid-afrikaanse produkte. In 2016 het Gisele met die SA Modeweek saamgespan met ’n bybehore-reeks.

Sy gloei steeds oor haar deelname aan 2016 se Design Indaba-program (met die departemen­t van kuns en kultuur) om opkomende ontwerpers op te lei en te mentor.

“Ek pluk nou nog die vrugte daarvan.”

 ??  ??
 ??  ?? REGS Nicki Ellis. HEEL REGS EN OORKANTSTE BLAD Lovemilo se kenmerkend­e swart-wit ontwerpe.
REGS Nicki Ellis. HEEL REGS EN OORKANTSTE BLAD Lovemilo se kenmerkend­e swart-wit ontwerpe.
 ?? FOTO WILLEM LOURENS ?? Sien ook bl. 69 en 109 vir nog Voorbladge­sig-wenners
FOTO WILLEM LOURENS Sien ook bl. 69 en 109 vir nog Voorbladge­sig-wenners
 ??  ??
 ??  ?? WAIF se unieke bronsjuwel­e. Gisele se gunsteling-skepping is dié borsspeld van Dalmatiese jaspis.
WAIF se unieke bronsjuwel­e. Gisele se gunsteling-skepping is dié borsspeld van Dalmatiese jaspis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa