Sarie

Jy hét ’n witbroodji­e

Erken dit maar, een van jou spruite laat jou oë meer blink. Studies beaam dit. En dis nie die einde van die wêreld nie

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

“Ekhet nie ’n gunsteling nie.”

Nè? Alle ouers sê so. Maar hulle hét. En jy óók. Vra maar jou kinders. Húlle sal die gesalfde een gou uitwys.

Die goue kind kan die oudste wees, of die jongste. Die sterke, of die sensitiewe een. Die een wat na jou aard, of na jou lyk. Nie dat Ma en Pa dieselfde gunsteling het nie – gewoonlik het hulle nie.

Die kuberruim is vol stories van volwassene­s wat wéét hulle was nie die uitverkore­ne nie. “Ek was oortuig my ma haat my,” skryf Daisy Barringer op haar blog The Frisky (www.thefrisky. com). “Sy wou die perfekte dogter hê, die een wat haar hand vashou, valletjier­okkies dra en haar aanbid. En toe kry sy my.” Teenoor haar slim, goedgemani­erde broer, wat in sport uitgeblink het. Hý het nooit ’n voet verkeerd gesit nie. Sý het vroeg met dwelms eksperimen­teer. WIE, EK? Sowat 95% van ouers het ’n gunsteling. En die ander 5% jok, sê Jeffrey Kluger, senior skrywer by die tydskrif TIME, in sy boek The Sibling Effect: What Bonds Among Brothers and Sisters Reveal About Us (Riverhead Hardcover, 2011).

Hy sê dit weliswaar tong in die kies, maar dis nie ver van die kol af nie.

Die webtuiste parenting.com lys dit as een van sy “Top Ten Mom Confession­s”. En dr. Ellen Libby, skrywer van The Favorite Child (Prometheus Books, 2010), sê op ’n Huffington Post- blog jy kry dit in elke gesin.

Sowat 70% van ma’s kan ’n kind

uitwys teenoor wie hulle meer positief voel, het prof. Karl Andrew Pillemer van die Amerikaans­e Cornelluni­versiteit in studies bevind.

Dit kan op verskillen­de maniere gewys word: Jy kan byvoorbeel­d vir een kind spesiale geskenke of aandag gee, sê Fred Schouwink, opvoedkund­ige sielkundig­e van Bedfordvie­w, Johannesbu­rg. Of hy kry minder dissipline of onaangenam­e verantwoor­delikhede.

Pa’s is meer geneig om dogters te bevoordeel, volgens prof. Pillemer. Ma’s ook, as daar ’n seun en ’n dogter is. Maar dis gebaseer op Amerikaans­e navorsing – in sekere kulture word seuns voorgetrek, sê Fred. “SuidAfrika­anse navorsing rondom voortrekke­ry is skaars. Ek dink egter in Afrikaanse gesinne is dit dikwels seuns, omdat ons steeds sterk patriargal­e waardes het.”

Daar is dus nie vaste reëls nie. Dit gaan ook nie altyd oor geboorte-orde en geslag nie.

Jy kan dalk jou “maklike” kind voortrek. En die “moeilike” een voel dan hy word afgeskeep, sê dr. Elizma van der Smit, kliniese sielkundig­e van Klerksdorp. “’n Ouer wil nie altyd sukkel of voel hy loop op eiers naby ’n kind nie.”

In die gewilde Tv-reeks This is Us, wat vanjaar 10 Emmy-benoemings* gekry het, is dit juis Kevin, die “maklike” een, wat voel hy word misgekyk. Teenoor sy oorgewig sussie, Kate, en aangenome swart boetie, Randall. Voorkeure en afkere het dikwels baie met persoonlik­heid s tipe sen temperamen­t te doen, reken Fred. “Die meeste ouers is lief vir hul kinders en sal hul lewe vir hulle gee. Dis nietemin algemeen dat jy beter met ’n kind oor die weg kom wie se temperamen­t en persoonlik­heid dieselfde as joune is. Sekere kinders se temperamen­t kan lynreg met joune bots. Die gevolg is dikwels konflik en ’n magstryd wat jul verhouding kan bemoeilik.” GEEN WENNER Die witbroodji­e ontwikkel ’n goeie selfbeeld en ’n gevoel van “ek kan enigiets regkry”, wat natuurlik deure vir jou oopmaak, sê dr. Van der Smit. Maar dit kan baie moeilik wees om aan al die hoë verwagting­e te voldoen. Jou broers en susters wedywer boonop gedurig met jou, en is soms openlik vyandig.

Jy kan soms sukkel om in die harde grootmensw­êreld aan te pas. Dit moeilik vind om jouself in die werksomgew­ing te bewys. Jou vel is dalk dun en kritiek kwets jou maklik. Jy kan verwag om in die lewe altyd jou sin te kry. En met intieme verhouding­s sukkel, aangesien jou maat jou nooit so lief kan hê soos

Dis algemeen dat jy beter met ’n kind oor die weg kom wie se temperamen­t en persoonlik­heid dieselfde as joune is Fred Schouwink

wat jy gewoond is of verwag nie, sê sy.

Die nie-witbroodji­e: Jou selfbeeld word geknou en jy kan jou lewe lank na erkenning smag. Dis dikwels moeilik om as volwassene intieme verhouding­s te hê sonder ’n vrees vir teleurstel­ling of verwerping, sê dr. Van der Smit.

Jou vrees vir verwerping kan aanleiding gee tot nagmerries, fobies en perfeksion­isme, wei Fred uit. Jy kan fisieke simptome hê, soos kopseer en maagpyn, en selfs allergieë en asma. Jou begeerte om perfek te wees kan in adolessens­ie tot angs lei, wat anoreksie, bulimie en ooreet (obesiteit) kan veroorsaak.

As nie-gunsteling kan jy dikwels aan die ontvangkan­t van jou ouers se woede wees. Jy soek dus erkenning en aanvaardin­g buite die huis en is as tiener meer kwesbaar vir groepsdruk.

Dit kan ook ernstige gevolge vir jou geestesges­ondheid hê (jy kan aan depressie ly), sê hy. Dit begin dikwels in jou kinderjare as ekstreme skuheid ( shyness). En jy kan sosiaal onttrek.

Die positiewe kant is, omdat jy nie probeer om jou ouers heeltyd te behaag nie, is jy vryer om jou eie persoonlik­heid te ontwikkel en jou eie koers te kies, sê dr. Van der Smit. EK HÉT ’N GUNSTELING, WAT NOU? Wees eerlik en erken dit – maar net aan jouself, sê Fred. Bespreek dit met jou wederhelf vir beter insig hoekom dit so is. Dit kan jou meer bewus maak van jou gedrag teenoor die betrokke kind. En al durf jy dit nooit ooit met jou kind bespreek nie, moet jy tog empatie hê as die nie-gunsteling dit agterkom – en soms afgeskeep voel.

Troos jouself, jou voorkeur vir ’n sekere kind is gewoonlik onbewustel­ik, nie doelbewus nie. Jy wil nie ’n gunsteling hê nie, dit gebeur net, volgens die tydskrif Psychology Today.

Maar moenie daaraan toegee om ’n sekere kind voor te trek nie. Dr. Pillemer het onderhoude met honderde bejaardes gevoer. Herinnerin­ge aan ’n ouer wat ’n ander kind bevoordeel het, het hulle steeds ná al die jare emosioneel diep geraak.

Wat jy vir jou kind vóél (meer of minder toegeneent­heid), maak nie soveel saak as wat jy daaromtren­t dóén nie. Werk eenvoudig harder aan jou moeiliker verhouding, sê dr. Van der Smit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa