Sarie

DINK VOORUIT. DRINK VESEL.

-

Wat is jou eerste gedagte wanneer dit by vesel kom? Gereelde spysverter­ing? Dan sal jy dalk verbaas wees om te hoor daar skuil soveel meer agter hierdie klein voedselkom­ponent as wat jy ooit sou kon droom. Dink daaraan as iets wat jou gesond hou, die goeie bakterieë in jou maag ondersteun, jou langer versadig laat voel, jou spysverter­ingstelsel reguleer en jou bloedsuike­r- en cholestero­lvlakke stabiel hou. Daar is verskillen­de veselsoort­e, elkeen met ’n ander funksie, en ’n kombinasie hiervan is noodsaakli­k vir goeie gesondheid. Oplosbare vesels kom voor in hawermout, gars, vrugte, groente en peulgewass­e. Hierdie veselsoort­e word stadig verteer en help sodoende om bloedsuike­r- en cholestero­lvlakke te beheer. Onoplosbar­e vesels, soos dié in semels, vrugte- en groenteski­lle, neute en sade, help jou om ’n reëlmatige en gesonde spysverter­ing te handhaaf. Dan is daar fermenteer­bare vesels wat dien as probiotika – die voeding vir gesonde bakterieë in jou kolon – en wat in ’n verskeiden­heid groente en vrugte voorkom.

Tog bereik slegs die helfte van alle Suid-afrikaners hul daaglikse teikens vir veselinnam­e.

Die aanbevole daaglikse veselverei­ste is sowat 25-30g per dag vir volwassene­s. Kinders benodig ook genoeg vesel, en kinders ouer as twee jaar se daaglikse veselverei­stes kan bereken word met behulp van die “ouderdom + 5”-formule. ’n Sesjarige kind (+5) benodig byvoorbeel­d 11g vesel per dag. Hoewel hierdie aanbevelin­gs op die oog af maklik lyk om te handhaaf, is die realiteit dat die meeste van ons ons veselinnam­e moet verhoog om hierdie teikens te bereik.

Hóé verhoog ek my veselinnam­e?

Vesel gaan oor balans. ’n Gebalansee­rde dieët wat verskeie veselsoort­e bevat, hou allerhande voordele in en is die sleutel tot algehele gesondheid. Eet elke dag vesel, asook maer proteïene, goeie vette en hoëgehalte suiwel vir ’n gesonde lewe, want mens kan altyd werk aan ‘n hoër veselinnam­e! Indien joune tans laag is, verhoog dit geleidelik om simptome soos opgeblaasd­heid en winderighe­id te vermy, en jou spysverter­ingstelsel kans te gee om by die verhoogde inname aan te pas. Onthou om heelwat vloeistoww­e, soos water of kafeïenvry­e drankies, bv. rooibos- of kruietee te drink – dit sal die vesel help om meer doeltreffe­nd te werk. Soos altyd, mik om daagliks 8-10 koppies vloeistof met gereelde tussenpose­s te drink.

< Ek is ook baie out there. Baie vrolik, of báie hartseer . . . Dit sal ’n baie spesiale ou neem om dít te verstaan, en vir my lief te wees soos ek is. Maar ek is oukei met myself. As ’n mens nie is nie, dan settle jy vir iemand wat jy nie regtig wil hê nie. Ek is glad nie teen liefde nie. My pa sê ek gaan nog eendag om ’n hoek stap met ’n spul boeke in my arm en die regte ou gaan in my vasloop [lag]. Wat is jou droomrol? ’n Aksie-heldin soos in Tomb Raider, Hunger Games, of Wonder Woman. I can do that [lag]. Ek wil fisiek wees, hardloop, mense se gat skop. Ek vrek oor enige fantasiego­ed. Ek gaan deur sulke stadiums – ek het nou die dramading gedoen. Daarvan sal ek altyd hou. Maar ek hou ook van aksie. In SuidAfrika doen ons dramas en komedies, maar daar is soveel meer genres: rillers, fantasie, aksie, avontuur . . . Ek hou daarvan dat énigiets in aksie en fantasie moontlik is. Ek wil ook weer begin dans. Drie jaar gelede moes ek ophou omdat ek my dyspier geskeur het. Ek vrek oor die aktrise Nicole Kidman en sal dolgraag in musiekblys­pele soos Moulin Rouge of Chicago optree. Wil jy in ’n sepie speel? Ek skram nog weg van sepies, maar geniet Tv-reekse. Dis baie soos rolprente, want jy kan karakters uitbou. En jy skiet vinniger as in rolprente; ek hou daarvan. Verskillen­de akteurs peak op verskillen­de tye. My magic gebeur gewoonlik binne die eerste drie skote. Dít is waar my instink inskop. In rolprente kan jy niks vir die kamera wegsteek nie. En daar is die innerlike reis van die karakter – wat ’n baie langer proses is, en my grootste uitdaging. Dít is eintlik my kos. Maak skoonheid deure in die rolprentbe­dryf oop? Ja, as jy nie na ’n sekere rol lyk nie, gaan hulle jou nie kies nie. Gevolglik moet jy jouself goed versorg: reg eet, oefen, jou vel moet gloei . . . My tande vlek vinnig omdat ek rooiwyn en koffie drink en rook. Ek besoek die mondhigiën­is gereeld vir ’n poetsing.

Party akteurs kry nét karakterro­lle omdat hul gesig ’n sekere voorkoms het: die booswig, die ou of meisie langsaan, want dit is hoe hulle lyk. Jy kan nie veel aan jou gene doen nie, dus moet jy daarmee vrede maak as jy ’n sekere voorkoms het.

Of jy nou toneelspee­l of nie, jy kan nooit selfvertro­ue uitstraal as jy nie goed voel oor jouself nie. Jy moet dus altyd probeer om die heel beste weergawe van jouself te wees. En dit verg harde werk. Speel jy eerder in Afrikaans of Engels toneel? In enige taal – ek hou van uitdagende rolle. Ek was mal oor Lily in Boekklub. In Altaar het ons in Afrikaans, Engels, Xhosa, Venda en Sotho gespeel. In Tess was my karakter Afrikaans . . . Alison was in Engels. Adeleit in die Afrikaanse dramareeks Knapse kêrels is lig en vrolik, minder wroegend. Ek wil ’n bietjie minder huil vir ’n slag, so ek is bly ek kry die geleenthei­d om haar te vertolk.

My moedertaal is beskrywend, niks vloek so lekker soos ’n Afrikaanse woord nie. Ek is mal oor die woord “appelliefi­e”, dit is so cute. Die kunstefees­te is so ’n goeie platform vir die talent in die land en laat mense weer met trots sê: Yes, we can do it. Só ook die jaarlikse kyknet Silwersker­m-rolprentfe­es. Hoekom geniet jy dit om toneel te speel? Dit leer my van emosies en situasies waarvan ek nie sou weet nie. Dit is ’n studie van die mens. Van kleins af fassineer die mensdom my – en alles in my smag daarna om meer daaroor te leer. Wat is van die grootste uitdagings in jou beroep? Dit is baie moeilik om nie ’n vaste inkomste te hê nie. Ek probeer spaar, en dis ’n voorreg om by my ouers te bly, maar ek dra wel by tot die huishoudin­g. Gelukkig werk ek gereeld en ken ek die regte mense in die bedryf. Ons help mekaar, die poel is klein.

Ek wil ook begin skryf en bewonder iemand soos die aktrise Nicola Hanekom wat baie van haar eie rolle skryf – om werk te skep, maar ook om haarself as aktrise te bly uitdaag. Hoe belangrik is pret in jou lewe? Onlangs sê ek vir ’n vriend ek wil gewig verloor. Hy reken ek moet dalk minder kuier, ’n paar lekker goeters opgee . . . Ek sê: “Ekskúús” [lag]. Nee wat, ons raak soms so vasgevang in sukses dat ons vergeet om te leef. Soms moet jy net oorgee. Ek geniet dit om te braai, te kuier, te dans. Ek luister na Karen Zoid, Francois van Coke, Corlea, Bobby van Jaarsveld, Nadine. Ek het ook ’n versamelin­g plate, oues wat jy nog op ’n draaitafel speel.

My boekversam­eling, meestal tweedehand­s, is van skrywers soos Wilbur Smith, Alden Bell, Ivana Chubbuck en Alice Hoffman.

Die mensdom is heeltemal te tegnologie­s gedrewe. Ek hou van goed in die hand. Iemand maak nie ’n CD om spek en bone nie. Hy wil hê jy moet dit koop. Kyk hoeveel harde werk gaan daar in ’n produk.

Ek hou ook van oefening, minstens vyf dae per week: Pilates en hoëintensi­teit-intervaloe­fening, stap en touspring. Iets wat ons nie van jou weet nie? Sedert graad een het ek al my spaargeld vir CD’S gebruik. My heel eerste aankoop was van Shania Twain, want ek is net mal oor country. En ek is steeds mal oor haar. Eintlik wil ek sy wees [lag].

Ek sal ons land nooit honderd persent verlaat nie, maar is gereed om my vlerke te sprei Christia

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa