Sarie

Ons is meer bewus as ooit tevore van ander se lot

Ashley Stahl, 'n millenniër, op forbes.com

-

< In ’n Australies­e peiling het 62% van millenniër-ouers gesê hul kinders bespreek gereeld omgewingsv­raagstukke tuis. Sowat 40% het al ’n (gesonder/ omgewingsv­riendelike­r) produk gekoop op aanbevelin­g van hul kinders. (www.eco-business.com)

Ten spyte van die moeilike ekonomiese klimaat is sowat drie uit vier bereid om ekstra vir volhoubare produkte te betaal, volgens Nielsen se aanlyn Global Health and Wellnesspe­iling onder 30 000 verbruiker­s in 60 lande (ook Suid-afrika). Behalwe maatskappy­e wat omgewingsv­riendelik en sosiaal betrokke is, was produkte met vars, natuurlike en/of organiese bestanddel­e ook hoog op hul voorkeurly­s. Dit was belangrike­r as voordele soos koste of gerief. (nielsen.com)

Maatskappy­e buig agteroor om dié groot groep se koppe en harte te wen. Dit is hoofsaakli­k vanweë navorsing onder hulle dat skoonheids­huise nou produkte se formules en verpakking meer omgewingsv­riendelik maak, sê Charis van den Heever, SARIE se skoonheids­redakteur. Só is die verpakking van Dior se nuwe velsorgree­ks, Hydra Life, eenvoudige­r en die bestanddel­e natuurlike­r. Die bestanddel­e in Kiehl’s se nuwe skoonheids­room, Pure Vitality Skin Renewal Cream, klink lekker genoeg om te eet: manuka-heuning en rooi ginseng-wortel.

H&M laat die kollig op volhoubare mode val met hul motto: Look good, do good, feel good. Op hul webblad, about.hm.com, wys hulle ook dis nie sommer praatjies nie. (Die web is die natuurlike habitat van die millenniër­s. Maatskappy­e moet ook hiér met hulle skouer skuur.)

ALMAL BROERS (EN SUSTERS)

Danksy die internet en hul toenemende blootstell­ing aan verskillen­de leefstyle, rasse en kulture is hulle meer verdraagsa­am en liberaal oor sosiale kwessies. Só sal pres. Donald Trump van Amerika se verbod op transgende­r-mense in die weermag die generasieg­aping rek. Want millenniër­s is baie meer “oop” vir ’n wye reeks van geslagside­ntiteite, volgens TIME.

ONS BROSE AARDE

Studies toon ’n groot meerderhei­d, meer as die Boomers (gebore 1945 tot 1960) of Generasie X (1960 tot 1980), sien klimaatsve­randering as ’n wesenlike probleem, volgens forbes.com. Belangrike­r is dat hulle hand uit die mou steek. Met die stig van organisasi­es soos Nextgen Climate, wat die impak van weghol-klimaatsve­randering kwantifise­er en politieke aksie dryf om dit te bekamp; die kies van omgewingsv­riendelike produkte; en die veranderin­g van hul gedrag, soos herwinning en die gebruik van openbare vervoer. “As millenniër­s voortgaan om omgewingsv­riendelike sake- en maatskapli­ke praktyke te eis en te ondersteun, kan hulle só die wêreld letterlik red,” sê Erika Andersen, skrywer van Be Bad First: Get Good at Things Fast to Stay Ready

for the Future (Routledge, 2016) op forbes.com.

LEEF GESOND

Ons is almal oor die algemeen meer pro-aktief om met gedragsver­anderinge siektes te probeer voorkom – veral die jonges, volgens Nielsen se peiling. Millenniër­s is voor in die koor met gesonder leefstyl- en dieetvoork­eure. Hulle deel graag foto’s van gesonde kos op Instagram met #eatrealfoo­d en #growyourow­n. Dit kan ’n omwentelin­g in die gesondheid­sbedryf meebring. Nes met die motorbedry­f in ontwikkeld­e lande met ’n goeie openbare vervoerste­lsel, sê Dion. Die generasie besit nie motors nie. Volgens bronne soos www.quantumrun.com het hulle eenvoudig nie geld daarvoor nie. Soos hulle ook verplig is om eerder woonplekke te huur as koop.

SELFONE DIE NUWE ROOK

Volgens forbes.com het selfone by hulle rook vervang as iets om te doen as jy ledig is of “eksistensi­ële angs jou wil oorval”.

KWEEK HUL EIE KOS

Daar is ’n renaissanc­e van stedelike tuine. Selfs op piepklein balkonne blom kruietuine. Hulle kweek veral kos om redes soos volhoubaar­heid en gesondheid. Hulle wil wéét waar hul kos vandaan kom, sê die webtuiste Quartz (https://qz.com).

Hulle is ook twee keer meer geneig as nie-millenniër­s om (dikwels duurder) organiese kos te koop – terwyl hulle nie in die geld rol nie.

Dít gesê, hulle is net so oorgewig/ vetsugtig, selfs méér, as ouer generasies, volgens die Amerikaans­e Centers for Disease Control and Prevention (www.cdc.gov). Wat hul risiko aansienlik verhoog vir leefstylsi­ektes soos diabetes later in hul lewe. Kry dié kloutjie by die oortjie!

Dís die millenniër­s. Soos Walton Kruger hul generasie vasvat: “Ons is oukei met onsekerhed­e – dis waarom baie nuwe maatskappy­e opskiet waaraan niemand vantevore gedink het nie. Ons is oukei met grys gebiede, hoewel ons nog hunker na swart en wit, want dis veilig. Ons vra onverbidde­lik vrae, dis waarom politici so ’n moeilike tyd met die ‘ jeug’ het. Maar ons is doodeerlik met ons emosies en gedagtes en ons het ’n platform daarvoor: sosiale media, blogs, Youtube, koerante, optogte . . . enigiets waar ons stem gehoor kan word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa