Sarie

Craft-appelbier

Die craftbier-revolusie van die laaste jare het nou na appelbier oorgespoel. Plaaslik maak talle klein brouerye hul eie appelbier – baie daarvan topgehalte. Die feit dat appelbier of sider (dit kan ook van peer gebrou word) glutenvry is, maak dit net nog

-

Windermere­vlierblom

Die geur van vlierblom ( elderflowe­r) werk goed saam met appel. Dit was juis die inspirasie vir Andre le Roux en Mark Stanford toe hulle hul appelbier begin brou het. Dit word gemaak van 100%-appelsap en bevat geen ekstra suiker of preserveer­middels nie. Besoek www.windermere­cider.co.za

Cluver & Jack

Een van die eerstes van die nuwe trend. Die span het reeds in 2014 op die plaas De Rust buite Grabouw begin brou aan hul sider. Dis baie droër as die tradisione­le, wat dit ’n goeie alternatie­f maak vir vonkelwyn. Besoek www. cluverjack.com

Little Wolfhibisk­us

Blomgeure is oral dié somer, hoekom nie ook in appelbier nie? Little Wolf by Kommetjie is ’n unieke brouery wat ook hul eie tonikumwat­er maak. Probeer hul hibiskussi­der as jy op soek is na ’n anderste styl: Die blom gee dit ’n effense suur smaak. Besoek www.littlewolf­brewery.co.za

Alphagemme­rsider

Hou jy van gemmerbier, dan moet jy hierdie sider proe. Die smaak is soos geen ander op die mark nie. Dit word van vier soorte appels gebrou en met gemmer gegeur. Besoek www. alphacraft.co.za

Sxollie

Dié sider verdien erkenning as toonaangeë­r. Dit smaak net so goed as wat die bottel lyk. Daar is drie unieke geure: een word gemaak van die appelvarië­teit Golden Delicious, nog een van Granny Smith en die derde van peer. Besoek www.sxolliecid­er.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa