Sarie

Jeugdige naels

Natuurlike naels met ’n subtiele wit of pienk skynsel wat gesond lyk, is tans hoogmode. Probeer een van die vele naelproduk­te wat alles van bros en droë naels tot groefies en wit kolletjies behandel, terwyl dit ook sommer ’n tikkie kleur gee

-

Danksy kukuineuto­lie in Essence Glow & Care Luminous Nail Polish (R40) word jou naels goed bevog. Elk van die 4 skakerings in die reeks (die een in die foto is Care in the Air) het ’n glinsteren­de afwerking. By Dis-chem en www. takealot.com

Kollageen en kamelia-ekstrak in Essie Treat Love & Color (R135) versterk en verhelder jou naels. Dis beskikbaar in 4 glansende ligte skakerings. Probeer die kleur Treat Me Bright

Die bekende naelverste­rker met proteïen en kalsium is ook in 4 ligpienk skakerings beskikbaar – O.P.I Nail Envy Nail Strengthen­er Color in Samoan Sand (R379). By uitsoeksal­onne

Bestanddel­e soos arganolie, vitamien C en B5 in Orly Breathable Treatment + Color in Happy and Healthy (R169) behandel droë, beskadigde naels. Besoek www. indiglow.co.za

Die naellak voorkom dat jou naels breek of splinter – Sally Hansen Hard as Nails Xtreme Wear Nail Color in White On (R70)

Die reeks bevat bestanddel­e wat jou naels versterk, verhelder en invul. Kies uit sagpienk (foto) vir ’n ligte vel, ligbruin by ’n warmer velkleur en beige by ’n donkerder een – Sparitual Vegan CC Crème Correct + Care (R265). By uitsoekspa’s en -salonne

Die produk behandel 7 algemene naelproble­me soos droogheid, vaalheid en bros en growwe naels – Theravine 7 in 1 Miracle Elixir (R171). By uitsoekspa’s en -salonne of besoek www. theravine.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa