Sarie

Natuurlike­n velsorg

Die natuur is ’n skatkis van bestanddel­e wat goed is vir jou welstand. Maar is meer natuurlike skoonheids­produkte noodwendig beter vir jou vel?

-

’Ngesonde en omgewingsv­riendelike leefstyl raak wêreldwyd al hoe gewilder. En hierdie tendens spoel oor na die skoonheids­wêreld, sê Tea Višek, besturende direkteur van Nikel Cosmetics,’n reeks natuurlike velsorgpro­dukte. “Hierdie trend word groter en groter en verskeie bedrywe, ook die skoonheids­bedryf, gaan al hoe meer onder druk voel om die bestanddel­e vir hul produkte op ’n manier te verkry wat die planeet en die toekomstig­e generasies in ag neem.”

Verbruiker­s vandag is ingelig oor die soort produkte wat hulle daagliks op hul vel gebruik, sê Tea. “Jou vel is immers jou grootste orgaan, so dit maak sin dat mense daarna wil omsien.” En vir baie is meer natuurlike skoonheids­produkte die antwoord.

’n Natuurlike produk bevat hoofsaakli­k bestanddel­e wat in die natuur voorkom, met min of geen chemies-vervaardig­de of sintetiese bestanddel­e nie.

Tea meen van die beste natuurlike bestanddel­e is natuurlike olies van hoë gehalte. “Nagblomoli­e ( evening primrose oil) is byvoorbeel­d ’n goeie bevogtiger, terwyl galambotte­r in jou vel insmelt en ook anti-inflammato­ries is. Ander goeie bestanddel­e sluit in vitamien E (op verpakking dikwels aangedui as tocopherol) en jojoba- en sewejaartj­ieolie,” sê sy. Maar is natuurlike produkte beter? Daar is ’n klomp natuurlike bestanddel­e wat uitstekend werk, skryf die internasio­nale velsorgken­ner Paula Begoun op haar webwerf, www. paulaschoi­ce.com. Maar wees versigtig om te dink dit is die “beste” of “enigste” opsie. Natuurlike sowel as sintetiese bestanddel­e kan voordelig wees vir jou vel, maar net so kan albei jou vel mettertyd irriteer en verhinder om te herstel en vernuwe, skryf sy. Volgens Paula sluit natuurlike bestanddel­e wat goed werk, in: klei, heuning, kamille, borrie, aalwyn, galam- en kakaobotte­r, vitamien E en B3, jojoba-, klapper-, olyf-, argan- en nagblomoli­e asook groen- en wittee.

“Die regte natuurlike bestanddel­e is jou vel se vriend,” sê Tea, maar baie sintetiese bestanddel­e is ook veilig om te gebruik. Verskillen­de tipes velsorgpro­dukte werk vir verskillen­de mense en jy moet “luister” na jou vel. Dalk beteken dit dat jy ’n meer natuurlike produk met ander produkte moet kombineer vir die beste resultate.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa