Sarie

‘JY WIL DIE PYN WEGVAT’

-

Pieter* se storie

“Dit was hectic, die diagnose. Jy skrik jou gedaan, weet nie wat om te doen nie. Ek het sit en luister hoe sy en die ginekoloog praat. Sy het later hartseer geraak. Binne tien minute was ons by die chirurg. Toe pak ek op, ek het net na my skoene gestaar.”

Tina* het jaarliks ’n mammogram gekry, maar hulle het self agtergekom iets is fout. Haar een tepel het anders reageer. (Terugtrekk­ing van die tepel, dit maak dus nie ’n punt op die oppervlak nie. Hoewel nie noodwendig nie, kan dit ’n simptoom van borskanker wees.) Toe hul dogtertjie per abuis teen haar bors stamp, was dit seer. Dit het seer gebly.

Albei haar borste is verwyder (omdat dit geneties is) en ’n rekonstruk­sie onmiddelli­k gedoen met vet uit haar maag. Daarna is tepels uit haar vel gebou. Die proses is verlede jaar met tepel/ areola-restourasi­e (tatoeëring) afgerond.

“Natuurlik wou ek hê hulle moet agterna so mooi moontlik lyk. Watter man hou nou nie van borste nie? Ná die tatoes . . . ek kon my oë nie glo nie. Daarsonder is dit nie borste nie. Dit lyk eg. In die vyf jaar sedert die rekonstruk­sie het dit selfs ’n bietjie teen die swaartekra­g begin swig, ‘mooi’ begin hang.”

Toe sy haar hare verloor, was hy voorbereid, hy het geweet in watter fase van die behandelin­g dit gebeur. Hulle was by ’n kerkgesell­igheid. Haar kop het die vorige dag begin brand en hulle het geweet, dis nou dít. Sy het aan haar kop gevat en skielik met ’n hand vol hare gesit. “Toe’s ek baie hartseer. Sy het ’n mus byderhand gehad en dit oor haar kop getrek, dit netjies gemaak. En ons het aangegaan. Ek wou ons albei met ’n laken toegooi!

“Twee dinge het ek nie verwag nie. Sy neem medikasie sodat haar liggaam nie meer estrogeen vervaardig nie, haar soort kanker voed daarop. Eensklaps was sy in haar menopouse, op 39. Met als wat daarmee saamgaan, hittegloed­e . . .

“Toe versprei die kanker, na die bene in haar lyf. Dit voel soms asof dié diagnose erger was as die eerste een. Been-metastase is baie behandelba­ar, maar jy vóél dit, die pyn is hectic.

“Jy wil op jou knieë val, die Here smeek om haar te genees. Jy wil die pyn wegvat, dinge regmaak. Maar as Sy wil anders is, wat maak jy?”

Huil jy ooit? “Ja, flip. Op my eie, soms by my pêlle, nou en dan oorweldig dit my. Cowboys don’t cry. Ek’s so grootgemaa­k. Maar dit maak skoon, daar is ’n gewig van jou skouers af.”

• Vir tepel/areola-restourasi­e: Kontak Tanya Loots by 072 833 6938, www.breastrest­ore.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa