Sarie

‘2018 ’n raaisel, soos my lewe . . .’

Die Boekklub, famous Fishy Fêshuns

- DEUR LIANI JANSEN VAN RENSBURG

Jy is al meer as 30 jaar aktrise. Is jy nog opgewonde oor die bedryf? Ja, natuurlik! Ek’s nou in die stadium van my lewe waar ek glo alles gebeur met ’n rede. Die rolle wat nou na my toe kom, resoneer met my. Ek het in 2013 die rol van Makiet in Kanna hy kô hystoe op die verhoog vertolk. Dit was vir my ’n hoogtepunt. En nou? Ek wil nie meer groot rolle hê nie. Die bedryf sal sy pad loop . . . solank die mense relevant bly en nie net wil teach nie. Wou jy van kleintyd ’n aktrise word? Nee, ek wou ’n veearts word. Maar my punte was nie goed genoeg nie en daai tyd was dit ongelukkig net “blankes” beskore. Ek wou toe ’n mechanic word, maar ook dit het nie so lekker gewerk nie. Aktrise was meant to be. Daar was ’n juffrou wat op hoërskool, ’n convent in Wynberg, oor my pad gekom het . . . juffrou Charlotte du Toit. Sy het eendag gesê: “My kind, jy moet Stellenbos­ch toe gaan en drama studeer . . . gaan bemeester die taal.” En die res is geskiedeni­s. Aan watter kleintyd-herinnerin­g hou jy vas? Ek het nie lekker kinderjare gehad nie. Dit was maar ’n bietjie woes, in my wêreld was meisiekind­ers nooit gesien nie – eintlik nou nog nie. So ek moes met daai demoontjie baklei. Daar was ’n lack of attention. My pa het footage geneem van ons kinders. Daar kan jy sien hoe my ouer broers voorgetrek word, die kamera op hulle en ek waai op die agtergrond, maar daar’s niks . . . niks. So toe sê ek, ek gaan myself sommer famous maak, sodat Suid-afrika my raaksien.

Maar dis ’n kinderding. Goeie Mosselbaai krieket te speel. Jy het al komiese en ernstige rolle vertolk. Wat verkies jy? Albei. Al twee is reg en uitdagend. Dit hang af van rol tot rol. Wat is die een paar skoene wat jy steeds in jou kas het? ’n Paar vellies wat ek 35 jaar gelede op Upington gekoop het. Ek dra hulle nou nog, daai vellies het sulke rubbersole wat al ingeduik is. Hoe voel jy oor Afrikaans en sy toekoms? Ek sê altyd terwyl die Noord-kaap in al sy kleur en geur nog daar is, sal die taal nooit uitsterf nie. Hulle praat eintlik die beste Afrikaans. By verlede jaar se Silwersker­mfees is jy as beste vroulike byspeler aangewys vir jou rol as die sagte huiswerker Miriam in Raaiselkin­d*. Hoekom is ’n fliek soos dié belangrik? Raaiselkin­d raak dinge van die gemeenskap aan: rassisme, geloofsoor­tuigings, vooroordee­l, die stereotipe­ring van ’n man se rol in die huis, en natuurlik ook die uitbeeldin­g van liefde in sy eenvoud. Ons sal eerder smartvrate wees, eerder pyn ervaar, as ’n oomblik se ongemak om oor iets moeiliks te praat. Dis belangrik om oor goed te praat. Einde verlede jaar het verskeie Hollywooda­ktrises vertel van seksuele teistering in die bedryf. Jou gevoel? Ek dink dis blerrie fantasties dat almal vocal is! Soos die sangeres Jennifer Ferguson. Sy’t moed, sy’s vreesloos om oor haar eie ervaring te kon praat. Ek het nooit so iets persoonlik­s ervaar nie. Dis vreeslik wat gebeur het, ’n jammerte. Jou raad aan jong aktrises, vroue? Dis ’n moeilike een. Menswees is kompleks. Doen selfonders­oek, luister na jou gut. As iets ongemaklik is, sal jy weet. Rassisme, korrupsie, geweld, moord. Hoe probeer jy positief bly? Jong, ek gaan nie lieg nie . . . dit kry my ook soms onder. Hoe kry jy jou dan uit daai gat (van negatiwite­it)? Ek ry scooter [lag]. Of ek gaan uit in die natuur, want die natuur maak ons almal gelyk. Ek dink die aarde moet net so ’n bietjie haar vere skud, dan waai ons soos vlieë en besef ons, ons is almal net mense. Wat is die beste raad wat jy al gekry het? Jy word soms opgetrek deur jou ego. Maar eintlik is wie jy is genoeg. Wees net jouself. As jy enige rol kon vertolk? Bette Midler, want sy is net fantasties! Daai stem, net een borrelende talent. Ek is ’n groot fan. 2017 was ’n besige jaar. Enige planne vir 2018? ’n Woordfees-produksie, Gedig, my snaar, met die musikant Hilandi du Toit. Die res is maar ’n raaisel, soos wat my lewe is. Ek is nou rustig, en kieskeurig oor rolle. En jou wens vir SA in 2018? Ag, ek wens dat ons almal oukei sal wees, dat ons kos sal hê. Dit sal nogal nice wees. Ja, as ons almal ’n lappie grond kan kry, warm kan wees. Dis my wens.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa