Sarie

Milan Murray: ‘Ek vier my 20 jaar in die bedryf’

Sy skep haar berge en dan klim sy hulle. Sulke kommentaar verstom Milan Murray dalk, maar dié wat haar ken, sê sy’s weerloos, ja, maar onverskrok­ke

- DEUR MARGUERITE VAN WYK FOTO WILLEM LOURENS

Weerloos, maar onverskrok­ke, is hoe Milan Murray se geliefdes haar beskryf.

“Sy is my stylvolle kaalvoet vriendin wat haar krag in haar weerlooshe­id vind,” sê een van haar beste vriendinne, grimeerkun­stenaar Claudia Hamman.

Milan se man, Schalk van der Merwe, ’n entreprene­ur, meen sy was ’n kat in ’n vorige lewe – elegant, onafhankli­k en misterieus. Syself sê drie dinge laat ’n plek soos “huis” voel: katte (hulle het vir Taylor, Tom en Jerry), foto’s en boeke.

Die bekroonde toneelskry­wer Retief Scholtz beskryf Milan só: “Sy kry ’n vonkel in die oog as jy haar uitdaag met moeilike idees.” Hy is die skrywer van die eenvrou-toneelstuk Weerkaats, wat by verlede jaar se Aardklop-kunstefees die eerste keer op die planke was en ook Milan se solodebuut. Dit word nou landwyd “op stowwerige platteland­se verhoë en by al die kunstefees­te” opgevoer, vertel sy.

Onlangs was sy ook te sien as die onseker, kleinlike suster in die kyknet-drama Waterfront, en as die onstabiele ma in die rolprent Liewe Kersfeesva­der. “Die rol as daardie ma was die eerste keer dat ek effe onvas op my voete gevoel het.” Oor ’n draaiboek wat sy vir ’n rolprent skryf wat vanjaar in samewerkin­g met ’n Nederlands­e produksiem­aatskappy vervaardig word, is sy nog geheimsinn­ig. ’n Groot uitdaging.

Die aktrise, regisseur en televisie-aanbieder Nina Swart, wat op Jou storie met Nina op Via (kanaal 147) met Milan gesels het, glo Milan skep haar eie berge om uit te klim. “Al is sy hoe bang, sy staal haar en kom bo uit. Dit is baie inspireren­d.”

Tog is die lewe vir Milan soms swaar. Depressie – die swart hond – het al dikwels oor haar skouer geloer en hard geblaf. “In die verlede sou ek wanneer ek in ’n donker put afsak my vingers stompies, bloederig teen die put se wande uitklouter na die lig.” Deesdae laat sy haarself toe om ’n paar dae die donkerte in te gly. Totdat sy weer kans sien om “boontoe” te stu. Gelukkig het sy haar man: “Hy monitor my.”

Om te ontvlug slaap sy of skryf essays. Saam met haar entreprene­ur-vriendin Charmaine Nolte het Milan al drie kinderboek­e geskryf en uitgegee deur hul maatskappy, Murray & Me. Een daarvan – ’n Trompet vir Thomas ( Thomas and the Trumpet in Engels; R130 met ’n CD) – is oor asma, met die Olimpiese swemmer Ryk Neethling, ook ’n asmalyer, as die hoofkarakt­er se held. “Ek het destyds as Ontbytsake- aanbieder op kyknet met Ryk ’n onderhoud gevoer. Hy is oulik en het dadelik ingestem om in die boek te verskyn,” sê sy. In 2010 het sy ook ’n boek, Koemelaat: ’n sanity joernaal van ’n nuwe ma (Griffel-media), die lig laat sien.

Schalk vertel hy het groot respek vir sy vrou. “John Legend sing oor ‘perfect imperfecti­ons’. As ma, vrou en aktrise is sy nie bang om haar weerlooshe­id te wys nie. Dit maak haar eg, eerlik en perfek.”

En mede- Waterfront- aktrise Rolanda Marais sê sy is altyd >

< profession­eel, hardwerken­d, en skep “volronde karakters”.

Fyn en vroulik in ’n lang geblomde rok, met ’n byna deursigtig­e vel en bokkie-oë, lyk Milan verstom oor al dié kommentaar. Sy bestel benedictei­ers en draai elke vraag versigtig om in haar kop, dan antwoord sy beredeneer­d en intens.

Sy doen moeite. Punt. Met haar loopbaan, huwelik, en hul kinders, Steph (11) en Lua (9). Sy voel soos alle werkende ma’s soms skuldig dat sy nie balans in haar lewe het nie, maar sy probeer om haarself nie te veel met ander te vergelyk nie.

Voor my in die koffieplek in Kaapstad is ’n kalm vrou wat ontluik het van ’n oulike, effe astrante jong meisie met kort hare wat agter opswiep, in ’n elegante vrou met subtiele grimering en sjiek klere. “Ek hou ’n ‘ ligte pols’ op my voorkoms. Talent en voorkoms is belangrik in my beroep, maar ek fokus eerder daarop om myself te leer ken. Ek probeer my kinders leer om hul drome na te jaag, maar dat die belangriks­te ding op aarde kindness is.” Sy wil nooit vasval in die denkwyses van “gister” nie. “Die wêreld waarin ek grootgewor­d het, bestaan nie meer nie. Oor twintig jaar gaan my kinders se grootwordw­êreld nie meer bestaan nie. Ek wil hulle leer om kreatief te dink en entreprene­urs te wees.”

Hoekom is jy juis nou gereed vir ’n eenvroustu­k? Ek was lus vir ’n nuwe uitdaging om my twintig jaar in die bedryf te vier. Drie jaar gelede het die teatergogg­a begin byt toe ek, die vervaardig­er en aktrise Antoinette Louw en aktrise Cintaine Schutte die [bekroonde] toneelstuk Amper Vrystaat ontwikkel en vol sale by kunstefees­te getrek het. Dit word vandeesmaa­nd verfilm. [Milan het ’n Fiësta-toekenning as beste aktrise daarvoor verower.] Ek het dit ook geniet om daarna die rol van die goeie dogter, Anna, te vertolk in Pa [’n vertaling van die Fransman Florian Zeller se stuk oor ’n pa met Alzheimers, met Hennie van Greunen as regisseur].

In Weerkaats bevraagtek­en vyf vroue – ek vertolk al vyf rolle – hul lewenskeus­e. Ons reageer mos almal verskillen­d. Dit is ’n mengsel van tragedie en komedie. Een gebruik dronkverdr­iet, ’n ander een staan op die onvoltooid­e brug in Kaapstad en oorweeg selfdood. Nog een, Luca, is ’n houtskoolk­unstenaar wie se karakter gegrond is op die kunstenaar Heather Hansen, wat beweging in haar sketse gebruik. Ek is dol op bewegingst­eater. Dit was ’n inspirasie vir die stuk se dekor – wit en grys – wat lyk soos ’n kunswerk. Retief [Scholtz, die skrywer] is soos my brother from another mother, want ons het dieselfde agtergrond – ’n gewone Afrikaanse huishoudin­g, waar geen van ons voorsate iets in die toneelkuns bereik het nie. Ons het heerlik saamgewerk. Hy is briljant en so ’n ‘gewone’ ou. Het jy jou rol in Waterfront geniet? Leon [Kruger, die skrywer] het voor die tyd vir my gesê dit was die lekkerste karakter om te skryf. Mense gaan hul oë rol en wenkbroue optrek vir haar. Sy is onseker van haarself en kleinlik. As akteur moes ek probeer verstaan hoekom sy so geword het. Ek was ‘alleen’ op stel, want gewoonlik staan jy in ’n soort ‘verhouding’ met mede-akteurs, maar sy word deur al die karakters uitgekryt. Waar het jou loopbaanpa­adjie begin? Nadat ek my graad in drama aan die destydse Pretoriase Technikon verwerf het, was my eerste rol die rebelse dwelmversl­aafde Dusty da Silva in die sepie Isidingo. Ek is aan die diep kant ingegooi en het baie geleer by groot name soos die akteurs Jamie Bartlett, Gerrit Schoonhove­n, Dorothy Ann Gould en regisseur en vervaardig­er Ilse van Hemert. Dit was real en gritty en het oor die probleme van arm mynwerkers gegaan.

Later het ek waardevoll­e kennis opgedoen as Frankie van Niekerk in Binnelande­rs, en die gefrustree­rde vrou van ’n wildbewaar­der, Kate van Reenen, in die M-net-sepie The Wild. Meer onlangs het ek ook in een episode van die kyknetdram­a Die Boekklub gespeel. Sepies is ’n goeie wegspringb­lok vir akteurs, maar jy moet weet wanneer om te groet.

My gunsteling-teaterstuk was Taraboemde­ry, met Richard van der Westhuizen en Neil Sandilands. Ek en Neil het so drie weke geneem om te kliek, want hy is impulsief en intens en ek het soms gevoel hy oordonder my; ek is meer beredeneer­d.

Ek probeer my kinders leer om hul drome na te jaag, maar dat die belangriks­te ding op aarde kindness is Milan

Maar toe vind ons mekaar. Ek onthou daardie oomblik. Ons het nog in my garage in Johannesbu­rg gerepeteer. Albert Maritz het die regie gedoen. Daar is iets magies aan daardie soort sewentigs- box set- teater waarvoor toneelskry­wers soos Chris Barnard en P.G. du Plessis bekend was. Hoe balanseer jy ma-wees met jou werk? Ek beplan nie juis goed nie, maar die sleutel is dat jy jouself ken en vergewe, want dan kry jy goed op jou manier gedoen, wat vir jou gesin werk. My man help my baie en ek het verskeie nommers op ‘spoedbel’ op my slimfoon van jong meisies wat ekstra geld wil verdien in die Melkbos-omgewing. Hulle is geesdrifti­g, gemanierd en modern en laat my kinders geborge voel. Suid-afrika het soveel uitdagings. Sal julle ooit emigreer? Voor ons kinders gekry het, kon ek en Schalk ’n groen kaart kry toe ek in 2002 ’n ruk lank aan verskeie rolprent-ateljees in New York studeer het. Dit is my gunsteling­stad, want dit het ’n soort energie wat jou laat glo alles is daar moontlik. Maar ons het doelbewus besluit om ons kinders aan die diverse SuidAfrika­anse kultuur bloot te stel. As hulle volwassene­s is, kan hulle die wêreld verken. Ons sal hulle waarskynli­k binnekort op ’n Europese vakansie neem, want hulle moet weet hoe die wye wêreld lyk. Dan sal ons ook gaan kuier by my broer Sam, ’n vertaler wat saam met sy gesin buite Amsterdam woon. [Sy het nog twee broers, Mike en John.] Wat dink jy van die #Metoo-veldtog? Ek is baie dankbaar een vrou was dapper genoeg om haar sê te sê teen manlike seksuele uitbuiting sodat ander ook die moed gehad het om dit te doen. Ek moedig geslagsgel­ykheid in ons huis aan en betrek albei kinders. Hulle verstaan dat ’n vrou se ‘krag’ en ‘mag’ in verskillen­de vorme – byvoorbeel­d deursettin­gsvermoë en passie – manifestee­r. Een geslag is nie sterker as ’n ander nie. As Steph byvoorbeel­d sê hy is so bly hy is nie ’n meisie nie, gee ek perspektie­f deur hom te herinner dat sy pa ook soms skottelgoe­d was. Ek leer Lua om nie nonsens te duld nie. Ek het nog nooit. Is die rolprentbe­dryf in Suid-afrika gesond? Die jaarlikse kyknet-silwersker­mfees is ’n wonderlike platform vir plaaslike talent – akteurs, regisseurs en vervaardig­ers – en skep nuwe genres, soos die kort kortfilm [12 minute lank] sedert verlede jaar. Die afgelope vyf jaar was daar reuse-groei in die rolprentbe­dryf. Dit is soms gevaarlik as jy die koek in te veel klein stukkies sny. Baie flieks is gemaak. Ons het die net wyd uitgegooi en gesien watter talent daar is. Dit is goed, maar dit sal nie kwaad doen om die koek nou dalk in drie groot stukke te sny nie. Ons moet bly streef na kwaliteit eerder as kwantiteit. Het jy dit geniet om saam met die nuwe talent in Liewe Kersfeesva­der te werk? Mila Guy, wat die rol van die jong tiener vertolk, is deel van ’n nuwe generasie spelers wat die filmbedryf verryk. Sy het ’n blink toekoms omdat sy natuurlik toneelspee­l en leiding neem. Haar ego is klein. So ook Dean Smith, wat die rol van haar beste vriend vertolk. Etienne Fourie is ’n wonderlike regisseur wat uitstekend navorsing doen en baie klem op komposisie en die regte kleurpalet sit, wat sorg vir magiese visuele komponente. Hoekom skryf jy so graag? Dis in my bloed. Min mense weet my ouma, Margie Smuts, het sestien boeke geskryf, soos Valse vaandels, Die donker skaduwee en Skeidsmure. Ek was altyd eerste klaar met opstelle op skool en Afrikaans was my gunsteling­vak. Met forty days in matriek het my Afrikaans-onderwyser­es, juffrou René Engelbrech­t, agterop my skoolhemp geskryf: ‘Moet nooit ophou skryf nie.’ Ek weet daar skuil nog ’n groot draaiboek, televisier­eeks en roman in my.

Daar is te min opvoedkund­ige kinderboek­e in Suid-afrika om sosiale vaardighed­e aan te leer. In Europa, veral Brittanje, word boeke vir dié mark geskryf om verdraagsa­amheid te kweek oor ‘anderste’ kinders. Veral in ’n land soos Suid-afrika moet kinders leer hoe verkeerd dit is om status- en klasbewus te wees en dat dit verkeerd is om te boelie. Ek probeer sulke temas aanraak in my kinderboek­e. Marisa du Toit se illustrasi­es vul die teks goed aan. Opvoedkund­ige boeke gaan nie net oor harde feite nie. Hoekom werk jou huwelik? Omdat ons langs mekaar loop. Baie mense dink as hulle ’n maat kry, moet hulle hul identiteit opgee. Niemand is die hoof nie, jy hoef nie verstrenge­l te raak nie. Ons bou mekaar op. Ek verstaan nie daardie ding van een wat belangrike­r as die ander is nie. Dit is waar konflik begin. Ons het ook een keer per week ’n date- aand. Hy noem my Lyf. Ek het dit op my regterpols getatoeëer, want ek het al twee trouringe verloor. Toe koop hy die woord in die HAT, bederf my met ’n romantiese ete en oorhandig die sertifikaa­t met ‘LYF’ daarop aan my. Nou is dit my ‘troupand’. Vir sy veertigste verjaardag het ek weer vir hom ’n liedjie geskryf en op ’n CD opgeneem. Matthys Maree, die musiekregi­sseur, het dit opgeneem, maar dit is nie te koop nie. Is jy lief vir Afrikaans? Ek gebruik dit soos ’n kwas waarmee ek myself uitdruk. My vriende sê ek doen altyd moeite om interessan­te woorde te vind, maar ek is geen taalpuris nie. Ek hou van nuutskeppi­ngs, veral ‘wemeltong’ van die digter Breyten Breytenbac­h. En ‘ontlief ’. [Sy is nie seker wie dit geskep het nie.] Ek geniet ook Bibi Slippers se taalgebrui­k. En ’n woord soos ‘spookasem’ is baie beskrywend. Is jy bang vir oud word? Ek is dankbaar vir my 43 jaar. Dit is ’n voorreg om myself beter te leer ken. Die laaste skoot van die rolprent Philomena, gegrond op die Ierse tiener wat haar kleuter moes opgee aan die nonne nadat sy buite die eg swanger geword het, is ’n nabyskoot van die aktrise Judi Dench se gesig. Dit lyk soos die Grand Canyon. Só wil ek lyk as ek oud is. Ek wil dan nog werk, al is my gesig vol klowe.

 ??  ??
 ??  ?? Gaan ook na
Gaan ook na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa