Sarie

Nóú blom Heike

Die Paarlse blomkunste­naar Heike le Cordeur stuit vir niks. Sy leef voluit, vreesloos en met hartstog. Hoe om ander spesiaal te laat voel, veral met blomme, is haar uitsonderl­ike talent

- DEUR MARGUERITE VAN WYK TROUFOTO’S TASHA SECCOMBE

Sy lewe vreesloos. “Ek was nog nooit ’n pleaser nie.”

Die bekende blomkunste­naar Heike le Cordeur (32) van die Paarl, vyf en ’n half maande swanger tydens die onderhoud, is ontspanne in ’n los geblomde jurk, byderwetse jeans, dramatiese rooi hare en lang, eksotiese oorbelle. By ’n eetplek naby die Kaap is sy die toonbeeld van rustigheid waar sy aan ’n lemoensap teug. “Ek is so laid-back, ek stres nooit.”

Sy is op 8 Oktober verlede jaar getroud met die groot passie van haar lewe, Ivar Hayward, ’n biokinetik­us en Crossfitgi­mnasiumeie­naar. En sy blom.

Heike, wat drie kinders uit haar vorige huwelik het, Indya (7), Luca (5) en Levi (3), vertel: “Toe Ivar sê hy wil ook kinders hê, was dit ’n blessing, want vandat ek ’n klein dogtertjie was, wou ek vyf kinders hê.” Hul nuweling, Beau, is vernoem na Ivar se ma, Isabeau.

Heike se program laat jou oopmond. Met ’n voltydse span van tien werkers hanteer sy gemiddeld vyf gesellighe­de (bruilofte en korporatie­we geleenthed­e) per week. Binnekort wil sy ook haar sakeryk na Johannesbu­rg uitbrei, want sy kry al hoe meer bespreking­s vir troues uit die Noorde. “Gelukkig het ek ’n baie goeie huishulp, Letween Dube, wat sorg dat dinge vlot verloop by die huis.”

En haar en Ivar se “sakebaba”, ’n eerste landwyd, skop in April in die Paarl af: ’n deurry-koffieplek waar jy uit jou motor koffie by ’n barista bestel. Heike ontwerp self die weggooikop­pies en die baristas se voorskote. Alles het vir haar goed uitgedraai ná haar egskeiding, sê sy. “Ek beveel egter nie egskeiding aan nie. Maar jy moet jouself nie dwing om by iemand te bly as dit nie meer werk soos wat dit behoort te werk nie. Ek het alleen in ons huwelik begin voel en na ’n sielsgenoo­t gesoek. Ons was albei gelukkig geldelik onafhankli­k, so daar was nie ’n nare gestryery oor finansies nie. Ons is nie kwaaivrien­de nie. Ek wil hê die kinders moet soveel as moontlik van hul pa sien, want hy is ’n ongeloofli­ke pa en hulle is baie erg oor hom. Ons het 50/50-toesig.”

Sy en Ivar het Februarie verlede jaar besluit hulle wil ’n pad saam stap en begin uitgaan. “Vandat ek by hom begin oefen het twee jaar gelede, het ons gekliek. Voorheen het ons nooit besef hoe baie raakpunte ons het nie. Ons dink baie dieselfde oor die lewe. Toe ek egskeiding begin oorweeg het, het ek gemeen daar is ’n moontlikhe­id dat ek enkellopen­d kan bly omdat ek ’n ma van drie jong kinders, onafhankli­k en ’n suksesvoll­e sakevrou is, ’n sterk persoonlik­heid en hoë standaarde het. Baie mans sien nie daarvoor kans nie.”

Ivar het haar goed in ’n moeilike tyd in haar lewe bygestaan. “Dit is maklik om met hom te praat. Hy veroordeel niemand nie. By hom kan ek honderd persent myself wees. Hy is ook nie materialis­ties nie en heg eerder waarde aan ons gedeelde ervarings as enigiets anders.”

Hulle doen baie lekker dinge saam, vertel sy, kamp, reis, oefen en kuier met hul kinders, vriende en staffie, Rocco, en katte, Grumples en Yoyo.

“Aanvanklik as jy verlief is, is jy blind vir mekaar se swak punte. Daarom het ons persoonlik­heidstoets­e laat doen om te bepaal of ons bymekaar pas en het ’n slaagpunt van honderd persent gehad.”

Hul verhouding was nietemin ’n reuseskok vir almal. “Ek het nooit laat blyk iets haper tussen my en my vorige man nie. Mense het baie geskinder; dit was asof hulle wou sien ek boet vir my egskeiding.

“Uiteindeli­k moes ek fokus op mý werklikhei­d. Ek moes my doelbewus afsny van ander se opinies. Mense is gou om te oordeel, sonder dat hulle al die feite ken.” Sy wou egter saans haar kop op die kussing sit en in haar hart weet dat die besluit wat mense seergemaak het, beter vir almal sou uitwerk op die lange duur.

Heike en Ivar se huwelikser­emonie was intiem. Veertig mense het by dié

Dit is maklik om met Ivar te praat. Hy veroordeel niemand nie. By hom kan ek honderd persent myself wees Heike

< informele geleenthei­d by The Old Tannery op Wellington, met kinders en hope en hope purper en rooi rose, feesgevier.

Dit was terselfder­tyd die ideale platform om tafeldoeke en servette met die Heike-stempel bekend te stel. “My blombesigh­eid het verlede jaar uitgebrei na Fleur le Cordeur Linen. Baie mense wou ons blomme permanent in hul huise ervaar. Nou kan hulle, met blompatron­e op tafeldoeke, duvets, kussings, servette, muurpapier en gordyne. Almal het gewonder wanneer kom my spesiale Heike-ontwerp!”

Dié ontwerp is dramaties, tydloos, delikaat, maar ook prettig.

Haar troudag was die lekkerste dag in haar lewe, sê sy. “Vir die eerste keer het ek besef wat volkome aanvaardin­g is. Ek en Ivar ondersteun mekaar ten volle, en stel nie onredelike eise aan mekaar nie. Hy het ook ’n natuurlike aanslag met my kinders.”

Die twee gesels graag oor politiek, letterkund­e en godsdiens. “Hy voed my siel. Een van sy beste geskenke aan my was Sapiens deur Yuval Noah Harari, wat handel oor die reis van die mensdom deur die geskiedeni­s.”

Heike is dankbaar haar werk voel soos “speel”. Sy glo nog aan ridders op wit perde. Sy stap ’n pad saam met bruide en hulle word vriendinne. “Lank ná hul troues stuur hulle foto’s van huwelikshe­rdenkings en e-pos as hulle ma word. Die pa’s bedank my dikwels ná die bruilof vir die mooi blomme. Ek voel dat ek húlle eintlik moet bedank dat hulle my gekies het om blomme vir hul spesiale dag te doen.”

Ná haar graad in waarde-en-beleidstud­ie aan die Universite­it Stellenbos­ch, het Heike ’n draai in die It-bedryf gemaak. Sowat agt jaar gelede het sy uit haar pos as ’n funksionel­e proses-analis bedank en met blomme begin werk. “Ek het op ’n Karooplaas grootgewor­d en my ma, Johanna, het die mooiste tuin gehad. Toe ek swanger geraak het met Indya, het ek besef ek wil die korporatie­we wêreld verlaat en my passie volg. Blomme maak nuwe wêrelde oop.”

Sy het onder begin, met klein troues, en self blomme in kratte aangery, vloere gevee en opgeruim. “Jy moet weet hoe lank alles vat. Anders kan jy nie regverdige opdragte vir jou werkers gee nie.” Ervaring bring wysheid, sê sy. Sy werk suiwer op intuïsie, ook met die opstel van kwotasies en sakeplanne.

Vandag met ’n groot troue van 500 mense kan die werksdag soms 18 uur lank wees met 40 mense wat met blomme werk. Onlangs het sy ’n reusetroue op ’n Bolandse wynlandgoe­d behartig saam met die Amerikaans­e partytjieb­eplanner Colin Cowie, wat gereeld deur bekendes soos die kletskonin­gin Oprah Winfrey ingespan word.

Vir haar was een van die hoogtepunt­e in haar loopbaan om blomkuns te skep vir die troue en onthaal van Clare Wiese en Marco Wentzel by die Stellenbos­se Moederkerk en op die Lourensfor­dlandgoed in September 2016.

Of jy ’n roos afpluk en daaraan ruik, of blomkuns vir ’n troue skep, die ervaring is “in die oomblik”, sê sy. Dikwels moet jy deur die nag werk as die bruid laatmiddag gaan trou sodat die blomme nog vars lyk. Jou tydlyn en voorbereid­ing moet perfek wees sodat die blomme oopgaan terwyl die gaste by die onthaal instap. Dis ingewikkel­d. Jy moet baie ervaring hê. Tegnici moet sorg dat konstruksi­es nie inmekaarsa­k omdat blomme te swaar is nie.

Ná ’n geleenthei­d word blomme soms aan ouetehuise, skole of hospitale geskenk.

Haar kliënte skryf nie voor nie. Hulle vertrou my met die konsepte. In die beginjare moes ek baie navorsing doen. Deesdae lê ek op ’n bank en koffie drink, en die gedagtes spoel deur my kop. Ek volg modekenner­s soos Dior, Armani en Dolce & Gabbana, verdiep my in argitektuu­r, en selfs die kleur van ’n melkskomme­l langs ’n stuk hout kan my kop prikkel.

“Vir ons wittebrood in Barcelona het ons die Spaanse geure, kleure en teksture ingedrink. Gaudí se kunswerke was betowerend. Ons sintuie is geroer,” vertel sy.

Heike doen nooit dieselfde ding twee keer nie. “Gelukkig trek ek kliënte wat unieke ervarings soek.” Dit voed haar tipe persoonlik­heid, want sy is nuuskierig en hou van kanse waag.

Hul Spaanse reis het haar juis opnuut aangevuur om agter die kospotte in te skuif. “Dis ’n avontuur. Ons eet gesond. Nie ek of my ma kook met ’n resep nie. Ons gooi mooi goed bymekaar, dinge wat interessan­t lyk en proe.”

Heike vertel haar kinders gaan orals saam. “Hulle is baie skeppend en slim en het selfs gehelp om die huis te restoureer. Wat maak dit saak as hulle die teëls skeef lê? Dit maak hulle kreatief. Ek kan nie net met hulle koekies bak of bal skop nie. As hulle saam met my is by kliënte, sien hulle hoe mense onder druk werk, konflik hanteer, probleme oplos. Selfs ryk kliënte moet dit aanvaar, dit gee hulle groot respek vir my. Die sielkunde van my beroep is baie interessan­t. My kinders leer meer in ’n dag saam met my as in ’n jaar op skool – hulle leer sosiale vaardighed­e, hoe om ander spesiaal te laat voel.”

En hoe om hartstogte­lik te leef.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Pasgetroud! Ivar en Heike saam met die mense wat vir hulle belangrik is. ONDER Vars blomme weggebind om soos ’n oopgetrekt­e gordyn te lyk. Heike in ’n tydlose en klassieke rok ontwerp deur die Kapenaar Lena Lisa.
Pasgetroud! Ivar en Heike saam met die mense wat vir hulle belangrik is. ONDER Vars blomme weggebind om soos ’n oopgetrekt­e gordyn te lyk. Heike in ’n tydlose en klassieke rok ontwerp deur die Kapenaar Lena Lisa.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die begin van hul wittebrood in Barcelona ná ’n vlug van 20 uur. Heike en Ivar wag vir die sleutel van die Airbnb waarby hulle bespreek het.
Die begin van hul wittebrood in Barcelona ná ’n vlug van 20 uur. Heike en Ivar wag vir die sleutel van die Airbnb waarby hulle bespreek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa