Sarie

Word geldslim

Of jy jou kwel omdat jy pal in die rooi boer of nie genoeg spaargeld het vir jou aftrede nie . . . geldsake is nooit eenvoudig nie. Ons kenners het antwoorde vir ’n paar lesers se kwelvrae

- DEUR SUZETTE TRUTER

Dilemma HOE KOM EK UIT DIE SKULD?

Ek begin elke maand met ’n agterstand – sodra al my rekeninge, woonstelve­rband en kredietkaa­rt betaal is, is die hele maand nog voor my, en ek het skaars geld oor van my salaris vir gewone uitgawes, wat nog te sê iets moois vir myself. Teen die middel van die maand is ek al diep in die rooi. Ek begin al klerereken­inge ignoreer, maar ek wil uit die skuld kom. My woonstel is ver van afbetaal, dalk moet ek dit verkoop?

CHARNÉ VAN DER WALT, finansiële raadgewer en belastingp­raktisyn Baie mense voel oorweldig deur handelskul­d soos kredietkaa­rte en winkelreke­ninge, jy is nie die enigste een nie! Hier is my wenke: Probeer jou inkomste verhoog of aanvul. As dit nie moontlik is nie, pas jou lewenstand­aard (al is dit nie hoog nie) aan by wat jy verdien. Dit gaan egter opoffering­s verg.

Behou bowenal jou eiendom. Dit gaan wel vir jou tydelike verligting bring as jy nie ’n verbandpaa­iement het nie, maar uiteindeli­k gaan die jaarlikse verhogings op jou huur jou inhaal, veral as jy nie weer ’n eiendom kan koop nie.

Vat jou tyd en bekyk al jou uitgawes. Waarop het jy die laaste ses maande jou geld uitgegee? Hou dit nou weekliks dop. Sorg dat jy weet presies waarvoor elke uitgawe was. Vra jouself heeltyd af waarom jy koop wat jy koop, anders gaan jy net weer in die toekoms beland waar jy nou is.

Dink na oor jou gewoontes, tydverdryw­e, stokperdji­es en vriendskap­pe. Oorweeg veranderin­ge wat nie net beteken dat jy fisiek of emosioneel gesonder gaan leef nie, maar terselfder­tyd ook geld spaar. Byvoorbeel­d: Vermy liefs aande of naweke weg met vriende wat baie meer as jy verdien, en wat jy nie kan bekostig nie. Of naweke by ’n winkelsent­rum waar jy jouself blootstel aan versoeking­s.

Handelskul­d soos klerereken­inge moet fyn beheer word, anders beheer dit jou. Moet dit nie gebruik terwyl jy baie skuld het nie. Wees eerlik met jouself. As jy dit nie reg kan bestuur nie, sluit eerder die rekeninge. Gebruik net jou kredietkaa­rt as dit ’n kwessie van lewe of dood is.

Dit neem baie langer om uit die skuld te kom as om daarin te beland. Kies om geduldig en positief te bly. Sê: “My doel is nou om uit my skuld uit te kom” eerder as “Ek het nie geld daarvoor nie”.

Stel ’n finansiële plan op (met of sonder ’n mentor of kundige se hulp) vir wat jou minimum terugbetal­ings elke maand moet wees, en hou daarby. ’n Plan is noodsaakli­k, want terwyl jy te veel skuld het, spaar jy nie.

Skuldberad­ing gaan jou laaste bietjie vryheid wegneem. Jy gaan op die lang termyn bly wees as jy enige vorm van skuldbestu­ur kon vermy omdat jy self beheer begin neem het oor jou finansies.

Dilemma HOE IS SPAAR MOONTLIK?

Ons word heeltyd aangemoedi­g om te spaar, maar ons kom net uit aan die einde van die maand. Kenners sê boonop jy moet ’n stewige noodfonds hê vir onvoorsien­e uitgawes.

AMELIA MORGENROOD, finansiële beplanner van PSG Wealth Die meeste mense pas hul lewenstand­aard by hul inkomste aan. Teken ’n debietorde­r wat van jou bankrekeni­ng afgaan op die >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa