Sarie

Kuberkuier: Mauritius

Lieflike weer, swem met dolfyne, lang wandelinge op die strand . . . Wie wil nie op Mauritius bly nie? Nicole Wannenburg vertel meer van hul verblyf

- DEUR LIESEL PIENAAR

Waar op Mauritius bly julle?

Ons bly die afgelope jaar en ’n half op Flic-en-flac, ’n kusdorpie aan die westekant van die eiland. Dis so 15 km van die hoofstad Port Louis. Ons huur ’n drieslaapk­amer-meenthuis met ’n swembad en ’n groentetui­n so 1,5 km van die naaste strand. Die strand is omring deur casuarina- en palmbome en het ’n pragtige strandmeer wat deur die koraal beskerm word en waar dit veilig is om te swem.

Wat doen julle daar?

Ek is ’n gebore en getoë Pretoriane­r en het spraaktera­pie en oudiologie aan die Universite­it van Pretoria studeer. Tans werk ek as ’n eiendomsag­ent terwyl ek deeltyds besig is met my nagraadse onderwysdi­ploma deur Unisa.

My man, André, is ’n wêreldreis­iger. Hy is gebore in Pretoria, was op laerskool op Swellendam, op hoërskool in Vancouver, Kanada, en het aan die University of the Sunshine Coast in Australië studeer. In Suid-afrika het hy twee keer aansoek gedoen om mediese keuring, maar omdat geen plaaslike universite­it in daardie stadium ’n B.-graad in biomediese wetenskapp­e aangebied het nie, wou niemand hom krediete daarvoor gee nie.

Hy het toe aansoek gedoen by die Universite­it van Mauritius, waar erkenning wel aan hom gegee is vir sy vorige graad. Die mediese skool hier is in vennootska­p met die Universite­it van Genève in Switserlan­d.

Grootste aanpassing­s?

Definitief die taal en verkeer. Hoewel Engels die amptelike taal en ook handelstaa­l is, oorheers Frans nog. Hier is byvoorbeel­d nie een Engelse radiostasi­e op die eiland nie. Aanvanklik het ons gedink dat die Mauritiane soms bombasties, nors en kortaf voorkom, maar mettertyd het ons agtergekom dat dit net ’n kommunikas­ieprobleem is omdat hulle direk van Frans of Kreools na Engels vertaal.

Wanneer jy hier bestuur, voel dit asof jy in Indië is met die smal enkelpaadj­ies, hordes mense, ou voertuie en bromponies.

Hier is daagliks verkeersve­rtragings en jy hoop en bid maar net altyd dat jy nie agter ’n suikertrok beland nie. As ’n haastige Gautenger moet ek gereeld op my tande kners en meditasiem­etodes toepas vir kalmte!

Mense praat gewoonlik van ’n kultuursko­k wanneer hulle na ’n ander land verhuis, maar net soos SuidAfrika is Mauritius ’n baie diverse en multikultu­rele bevolking. Dit is ongeloofli­k hoe die inwoners, wat van ’n mengsel van Franse, Indiese, Kreoolse en Chinese afkoms is, in harmonie saamwoon en ’n gelukkige nasie is. Hulle het mekaar se maniere, geloof, taal, tradisies en nasionale kookkuns aanvaar en is ’n voorbeeld vir baie ander lande in die wêreld.

Hoe hanteer julle tropiese siklone?

Ons bly nou al ’n jaar en ’n half hier en het gelukkig nog nie een beleef nie. Dit is eintlik nie so algemeen hier soos mense dink nie, teenoor tropiese reënbuie wat veral tussen Januarie en Maart voorkom.

Hoe is die kos?

Die geregte bevat baie verskillen­de kruie en speserye en het unieke smake en geure. Die enigste kosadvies wat ek toeriste sal gee, is om alles eers te proe voordat jy ekstra rissie bysit!

Is dit duur om daar te bly?

Dit is duurder as wat ons aanvanklik verwag het. Mauritius is bekend vir die produksie van suiker, rum en klere, maar jy is baie beperk as dit kom by kos en drank. Die meeste produkte en goedere word ingevoer vanaf SuidAfrika, Frankryk, Indië en Australië, wat die pryse baie verhoog. Vars groente en vrugte is bitter duur en juis om dié rede het ons besluit om ons eie groentetui­n te begin. Vleis is ook heelwat duurder as in Suid-afrika, maar hoender se prys is darem billik. Wat huur, water, elektrisit­eit en die internet betref, is die pryse goedkoper as in Suid-afrika.

Hoekom dink jy is Mauritius so gewild onder toeriste?

Die subtropies­e klimaat, wat afgekoel word deur die sagte seebriese vanaf die Indiese Oseaan, maak Mauritius ’n bestemming wat regdeur die jaar besoek kan word. Dis boonop net vier en ’n half uur per vliegtuig van Johannesbu­rg en jy benodig nie ’n visum nie. Die eiland het pragtige en ongerepte strande, met talle aktiwiteit­e en watersport­e om te geniet, soos gholf, visvang en snorkel. Dis die perfekte wegbreekpl­ek vir paartjies of gesinne, waar ouers ’n blaaskans kry en kan ontspan terwyl die kinders pret het in ’n veilige omgewing.

Het julle al saam met dolfyne geswem?

Dit is een van die gewildste aktiwiteit­e op die eiland en ons is geseënd om gereeld saam met hulle te kan swem. Die twee soorte wat hier voorkom, is die bottelneus- en die toldolfyn. Hulle is baie mak, lyk sommer vriendelik en is kalm met mense rondom hulle. By Tamarinbaa­i aan die westekant van die eiland kan jy ’n boot of katamaran bespreek en is jy byna gewaarborg om elke keer saam met hulle te kan swem.

Hoe gereeld kom kuier familie en vriende vir julle?

Ons is bevoorreg om ’n lekker groot familie te hê wat reg oor die wêreld bly. Ons kry byna elke ses maande vriende of familie wat by ons kom kuier. Dit maak die verlang en gemis soveel makliker.

 ??  ?? Dié eilandpara­dys noem ons nou ons tuiste.
Dié eilandpara­dys noem ons nou ons tuiste.
 ??  ?? Ons eerste eilandkar, ’n Volkswagen Kewer 1972-model.
Ons eerste eilandkar, ’n Volkswagen Kewer 1972-model.
 ??  ?? Die Suid-afrikaners op die eiland kom gereeld byeen vir ’n daguitstap­pie op ’n katamaran.
Die Suid-afrikaners op die eiland kom gereeld byeen vir ’n daguitstap­pie op ’n katamaran.
 ??  ?? Roti’s, of crêpes, voorgesit met tradisione­le eilandkerr­ie.
Roti’s, of crêpes, voorgesit met tradisione­le eilandkerr­ie.
 ??  ?? Nicole en André Wannenburg
Nicole en André Wannenburg
 ??  ?? Mauritius het baie palmbome wat tot 40 m hoog kan word.
Mauritius het baie palmbome wat tot 40 m hoog kan word.
 ??  ?? Só word gebraai op die katamaran – eilandstyl.
Só word gebraai op die katamaran – eilandstyl.
 ??  ?? BO Selfs vanuit die lug is Mauritius pragtig. ONDER Vrugteslaa­i word byna oral verkoop.
BO Selfs vanuit die lug is Mauritius pragtig. ONDER Vrugteslaa­i word byna oral verkoop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa