Sarie

Verbloemer vir jonk lyk

’n Helder, foutlose vel is op almal se wenslysie. Met net ’n tikkie verbloemer op die regte plekke is dit wel moontlik. Ons wys jou hoe

-

Met ’n egalige velkleur lyk jy jare jonger. En daar is min grimeerpro­dukte wat so ’n dramatiese verskil hieraan kan maak soos ’n verbloemer. Die internasio­nale grimeerkun­stenaar Bobbi Brown sê nie sonder rede dat ’n verbloemer die een produk is waarsonder sy glad nie kan leef nie. Om ’n eenvormige velkleur te skep is van die moeilikste en belangriks­te dele van grimering. Kry jy dit reg, lyk jy gesond, uitgerus en asof jy nie eens grimering dra nie, skryf sy in haar boek Real Beauty.

Baie vroue verstaan egter nie heeltemal hoe verbloemer werk nie en onderskat die verskil wat die produk kan maak, sê Alicia Schutte, plaaslike grimeerkun­stenaar van die grimeerhui­s Bobbi Brown. Verbloemer word gebruik om donker dele op jou gesig weg te steek, hoofsaakli­k onder jou oë waar donker kringe jou oë kleiner kan laat lyk. “Dis veral belangrik om te gebruik as jy gereeld oogskadu dra, omdat dit keer dat die kleur van die oogskadu nie jou oë ingesonke laat lyk nie.”

Soos wat die no makeup- grimeervoo­rkoms, met grimering wat so subtiel en natuurlik as moontlik lyk, al hoe meer die norm word, kan ’n verbloemer as kitsoploss­ing vir ’n helderder vel nie meer geïgnoreer word nie. “Dis iets wat elke vrou in haar grimeersak­kie nodig het vir die dae wanneer sy moeg voel en lyk.” >

HOE WERK VERBLOEMER?

“As jy na jou gesig kyk, sal jy sien dat daar natuurlike skaduwees onder jou oë, teen jou neusbrug, rondom die hoekies van jou neus en by jou ken is. Verbloemer word gebruik om dié skadudele te verhelder, veral onder jou oë, sodat jy varser lyk,” verduideli­k Alicia. Dit skep ook ’n egalige gelaatskle­ur wat jou jare jonger laat lyk. Buiten die ooggedeelt­e en rondom jou neus, kan jy verbloemer bo-op jou ooglid aanwend om pienk aartjies te verdoesel en jou oogskadu langer te laat hou, of net teenaan jou wenkbroue om jou oë te “lig”. En as jy ’n mooi vel het, is onderlaag bo-oor die verbloemer nie eens nodig nie.

KIES REG

’n Goeie verbloemer het ’n romerige, maar ligte tekstuur en moet een of twee skakerings ligter as jou velkleur wees om ’n verheldere­nde effek te hê. “Baie vroue maak die fout om ’n té ligte skakering te kies en dit laat weer jou oë kleiner lyk,” sê Alicia. Die maklikste manier om die regte skakering te vind, is om ’n tikkie verbloemer op jou oogbank net onder die boog van jou wenkbrou te toets. “Hierdie deel van jou oog is geneig om natuurlik effens ligter te wees as die res van jou gesig, en ek vind dit werk goed om ’n verbloemer te kies wat diesefde kleur as dié deel is.” As jy steeds onseker is, kies altyd ’n verbloemer met ’n geel ondertoon. Dit pas by die meeste velkleure en laat jou wakkerder lyk sonder dat dit lyk asof jy grimering dra.

HOE WEND JY VERBLOEMER AAN?

Die kuns van verbloemer lê in hoe jy dit aanwend omdat dit maklik oneweredig en plek-plek te dik kan lyk. Gebruik ’n klein grimeerbor­sel of jou vinger en wend die produk voor jou onderlaag aan. Tik so ’n paar kolletjies van die binnehoeke van jou oë tot by die middel en skakeer dit in ’n halfmaanvo­rm, verduideli­k Alicia. Moenie dit tot by jou slape skakeer nie. Tik ook ’n bietjie verbloemer teen die boonste deel van jou neusbrug.

WAT VAN GEKLEURDE VERBLOEMER­S ( CORRECTORS)?

Sommige vroue het erge donker kringe met ’n pers of groen skynsel onder hul oë, wat nie behoorlik deur ’n gewone verbloemer bedek word nie. Hiervoor is ’n gekleurde verbloemer ( colour

corrector) in skakerings soos pienk en perske nodig om eers die donker kleure op jou vel te neutralise­er. “Gelukkig het die meeste vroue nie ’n gekleurde verbloemer ook nodig nie,” sê Alicia.

As jy voel dis nodig, tik ná die tyd ’n deursigtig­e poeier bo-oor die verbloemer om dit heeldag in plek te hou en om te keer dat dit krakies op jou vel vorm

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa