Sarie

My huis van hartsgoed

Binneversi­erder en geleenthei­dsbeplanne­r Otto de Jager se lewe is besig en gejaagd. In Kaapstad het hy vir hom ’n serene klein hawe kom inrig, omring met net sy nodige gunsteling­e

-

KOOK IN KALMTE

Otto wou ’n goed ingerigte kombuis hê vir wanneer hy onthaal. Dit moes ruim wees met genoeg pakplek sodat daar nie te veel los goed rondstaan nie. Die eindresult­aat is hierdie eklektiese styl met kaste van vlekvrye staal, ’n versteekte yskas teen die een muur en ’n kloosterst­yl tafel en bankies. Die vloer is verseëlde afgevlakte wit sement.

Otto de Jager, geen onbekende in die kreatiewe wêreld nie, het 13 jaar gelede hierdie bekoorlike Victoriaan­se huis in Groenpunt gekoop. Vanweë sy werk moet hy dikwels van Johannesbu­rg na Kaapstad reis en was later siek en sat van hotelle. Hy wou ’n plek hê wat hom tot rustigheid stem.

Hy vertel hy het een aand by vriende gekuier, waar hy te hore gekom het dat hul bure se huis in die mark is. Net daar, in die laat ure van die nag, het hulle omgestap en die transaksie beklink sonder dat hy die huis eintlik besigtig het. Hy het net geweet hierdie is ’n ongeslypte juweel.

Mure is uitgebreek, deuropenin­ge vergroot, vloere geskuur en gebeits en die hele huis spierwit geverf. Mettertyd het hy sorgvuldig die huis gemeubilee­r en versier. Dit is ook sy beste raad vir huiseienaa­rs, wees die kurator van jou huis deur sorgvuldig mooi en kosbare goed te versamel. So bou jy ’n unieke atmosfeer oor jare. Die eindresult­aat is ’n huis wat kalmte en vrede uitstraal en waarin niks lelik is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa