Sarie

Ons hou van

- DEUR HERMAN LENSING

VIR DIE KOSBLIK!

Bak hierdie maklike broodjie en pak dit in skool of werk toe Verhit oond tot 180 °C. Klits 120 g (130 ml) botter en 150 g (160 ml) suiker in elektriese menger saam tot lig en romerig. Voeg 2 eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Maak 4 ryp piesangs fyn en voeg by. Sif 240 g (430 ml) koekmeel, 2 ml sout en 5 ml koeksoda saam en voeg dit om die beurt met 30 ml melk by die bottermeng­sel. Skep beslag in ’n goed gesmeerde broodpan. Bak 1 uur. Toets met ’n dun pennetjie – dit moet droog uitkom – voor jy die brood uit die oond haal.

VARSGEPARS

Sap wat jy self maak, is die gesondste en varsste. Pak dit in vir werk of skool of drink dit by ontbyt. Met dié versapper van Smeg kan jy byna elke soort groente en vrugte in vloeibare vorm inneem. Sowat R8 999 landwyd

KLEUR MÉT GEUR

Pak jou middagete in hierdie mooi koelsak van Pylones. Die kleure en patrone laat jou sommer lus voel om ekstra moeite met die kos binne-in te doen. R249,95 by Pylones landwyd

PERFEK VIR GROENTE

Pak volgende keer hierdie hoemoes van Pesto Princess in jou kosblik saam met ’n paar groentesto­kkies. Dié kombinasie is gesond en baie vullend! R37,99 vir 200 g by supermarkt­e landwyd

PEUSEL GESOND

As jy nes ek heeldag iets soek om aan te peusel, is ’n goeie keuse Vital se blatjang-gegeurde miniryskoe­kies. Dis koring- en glutenvry, bevat geen preserveer­middels nie en is laag in kilojoules. Vanaf R17 vir 125 g landwyd

Gesondheid­skenners vertel al lank vir ons dat kanolaolie gesonder is as ander olies. Cape Canola het nou ’n ekstrasuiw­er koudgepars­te weergawe ( extra virgin cold-pressed) beskikbaar. Soek vir hul mooi geel-en-grys blikke by uitsoektak­ke van Pick n Pay. Vanaf R80

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa