Sarie

Te voet deur die Akker van die Dood

Sewe vroue. Vier dae. Uitgelewer aan die ekstreme woestynwee­r in Angola. Hul geselskap die sand en see, jakkalse, strandwolw­e, slange en reusekrapp­e. En op die laaste dag wag die berugte Doodsakker-wedloop

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Jyworstel met die natuur. Telkens as die branders inrol, spaander jy teen die duine op, viervoet in die sagte sand. Net om weer 45 sekondes lank strand af te hol – tot die volgende groot brander inkom.

Die laaste 5 km besef Tillia Kotze hoekom dit die Doodsakker-wedloop ( Death Acre Dash) genoem word. “As die gety ons gevang het, sou ons ’n baie hoë duin tot bo moes uitklouter. Bitter hoog, hoor, nie net ’n paar verdieping­s nie. Rol ’n lemoen daar af en dit spat halfpad uitmekaar. En dan sou ons moes wag vir laagwater voor ons opgepik kon word. In die middel van die Namib-woestyn!”

Want die inkomende gety sou ook die 4x4’s verjaag wat hulle moet optel. Menige konvooi het hier al voertuie verloor.

Tillia, boer, ma en storievert­eller, van die plaas Sandberg naby Leipoldtvi­lle, word deur mens en die natuur geïnspiree­r. Sy stap al meer as twaalf jaar en het klaargespe­el met verskeie staproetes, soos die Camino skaars twee maande voor dié woestynavo­ntuur.

Die roete is sowat 70 km lank – van die Kunenemond tot anderkant die gevreesde Doodsakker aan die Angolese kus. Sewe vroue, onder die vlerk van Anette Grobler van Silent Steps, wat dié onherbergs­ame kusroete 12 jaar gelede kafgedraf het. Die eerste mens wat dit sonder begeleidin­g gedoen het. Saam met hulle is vier viertrekvo­ertuie met vyf vroue agter die stuur. Die groepie kom van oral in SA en Namibië – van ’n ekonoom tot ’n vlieënier en ’n sakevrou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa