Sarie

SEKSUELE TEISTERING IN AL SY VORMS

-

Fisieke kontak kan wissel van aanraking, bv. kaal visenterin­g ( strip

search) deur/in die teenwoordi­gheid van die teenoorges­telde geslag, tot seksuele aanranding en verkragtin­g. Vir laasgenoem­de twee kan jy natuurlik strafregte­lik vervolg word indien ’n klag by die polisie aanhangig gemaak word.

Verbaal sluit in onwelkome sinspeling­s, verskuilde voorstelle en skimpe; seksuele toenaderin­g; aanmerking­s met ’n seksuele ondertoon; seksverwan­te grappies of belediging­s, of grafiese aanmerking­s oor jou liggaam; onwelkome en ontoepasli­ke navrae oor jou sekslewe; en ’n onwelkome gefluit.

Nie-verbaal sluit in onwelkome gebare, onbetaamli­ke ontbloting en die onwelkome vertoon van seksueel eksplisiet­e prente en objekte.

Quid pro quo is wanneer ’n werkgewer, toesighoue­r, lid van die bestuur of medewerkne­mer onderneem om, in ruil vir seksuele gunsies, jou te bevorder, jou salaris te verhoog, of jou op die een of ander manier in die werkplek te begunstig.

Seksuele voortrekke­ry/begunstigi­ng is wanneer iemand in ’n gesagsposi­sie net mense beloon wat toegee aan sy/haar seksuele toenaderin­g. En nie werknemers wat dit dalk meer verdien, maar nie wil saamspeel nie. Bron: Samantha Lewis, prokureur by Miller du Toit Cloete

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa