Sarie

JA VIR EKSTRA BÊREPLEK

Jy ken die gevoel, jy kort ekstra pakplek! Nou maak Wildberry dit vir enige selfdoen-entoesias moontlik om die probleem op te los met hul nuwe produkte wat maklik geïnstalle­er kan word

-

Rak met handdoekre­ling Ekstra handdoeke en badmatte kan op hierdie rak met ’n handdoekre­ling gepak word. Die klassieke ronde monteersky­we pas by enige dekor en die vlekvrye staal sal ’n leeftyd hou. Die rak gee ’n luukse gevoel aan jou badkamer en jy kan self die hoogte bepaal waar dit gemonteer moet word.

Glasrak met handdoekre­ling Hierdie dubbeldoel­ige rak van versterkte glas waarop jy jou toiletware kan pak, het ’n handdoekre­ling en sal waarde toevoeg tot ’n badkamer. Dit vervang ’n badkamerka­ssie en is ook die ideale plek om mooigoed of selfs ’n plant uit te stal. Die ontwerp is tydloos maar modern, en ook ’n slim manier om nog pakplek te skep.

Rakkie in die stort Dié stortrakki­e van versterkte glas pas knus in enige hoek van jou stort en los die universele probleem op van rondtas vir die sjampoe of seep. Die geronde ontwerp sorg dat jy nie teen skerp hoeke stamp wanneer jy stort nie en versag die skerp lyne in ’n badkamer. ’n Ekstra reling van sinkallooi keer dat die produkte van die rakkie afgly.

Haardroër op sy plek Hoeveel keer het jy al in die elektriese koord verstrenge­l geraak of na jou haardroër gesoek? Hierdie slim ontwerp word op ’n gerieflike hoogte teen ’n muur gemonteer. Kies ’n plek naby jou spieël of spieëlkas en naby ’n kragprop sodat jy nooit weer vroegoggen­d hoef te sukkel met ’n haardroër wat in- en uitgeprop moet word nie.

Al hierdie produkte is maklik om te installeer en by alle groot Game-winkels te koop. Beskikbaar by uitsoektak­ke* van Game terwyl voorraad hou. *Besoek www.game.co.za vir die takke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa