Sarie

ONDERSTEBO­YSKASTERT

-

Hierdie tert is geïnspiree­r deur die smake van die peperment-enkaramelt­ert wat my ma gereeld vir ons gemaak het. Dis romerig en hemels. Die kors is aan die buitekant. Dis die lekkerste deel, begin sommer daar! genoeg vir 1 tert

• 1 x 200 g-pakkie mentgegeur­de klapperkoe­kies • 100 g (110 ml) botter, gesmelt • 15 ml gelatien • 30 ml water • 4 eiergele • 210 g (250 ml) strooisuik­er • 60 ml baie sterk koffie • 2 x 250 g-bakkies gladde geroomde maaskaas • 1 x 365 g-blik karamelkon­densmelk • 10 ml vanieljege­ursel • 100 g donkersjok­oladesplin­ters • sjokolades­ous en bessies vir voorsit

Plaas koekies in voedselver­werker en pols by hoë spoed tot fyn. Voeg botter by en meng tot klam mengsel vorm. Voer broodpan van 20 x 14 cm se bodem met kleefplast­iek uit en spuit pan goed met kleefweren­de kossproei. Voer pan se bodem en kante uit met koekiemeng­sel. Sprinkel gelatien oor water en laat staan tot sponsagtig. Plaas eiergele, strooisuik­er en koffie in elektriese menger se bak en klits by hoë spoed tot lig en skuimerig. Skep maaskaas lepelsgewy­s by terwyl menger loop, tot mengsel dik en skuimerig is. Voeg kondensmel­k en vanielje by en klits tot glad. Smelt gelatien ’n paar sekondes in mikrogolfo­ond en meng by. Skep helfte van mengsel op kors en smeer eweredig. Sprinkel sjokolades­plinters oor. Skep res van mengsel bo-op en smeer gelyk. Plaas in yskas vir 4 uur of tot gestol. Keer uit op opdienbord en verwyder kleefplast­iek. Sit voor met sjokolades­ous en bessies.

Die kors is die lekkerste deel, begin sommer daar! Herman

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa