Sarie

Dit gaan nie gou gewone geldeenhed­e vervang nie Moneyweb

- Ryk van Niekerk van

HOE KOOP JY DIT?

Maak ’n rekening oop by ’n verhandela­ar soos jy ’n bankrekeni­ng sal oopmaak. Jy kry ’n rekeningno­mmer waarheen jy elektronie­s jou SA rande stuur. Jy ontvang ’n IOU vir jou geld. Dan kan jy daarmee op die platform bitcoin koop. Jou bitcoin word gestoor in ’n digitale beursie. Jy kan dit ook op jou rekenaar of op jou selfoon in ’n “private” beursie hou.

Jy kan selfs met kontant by ’n individu bitcoin koop, wat hy dan aanlyn direk in jou beursie sit, sonder ’n verhandela­ar. “Wees egter versigtig. Baie mense is al so ingeloop, en ek raai dit nie aan nie,” waarsku Theo.

WAT HOU DIE TOEKOMS IN? SAL KRIPTOGELD ’N VOLWAARDIG­E BETAALMIDD­EL WORD WAARMEE EK MY KRUIDENIER­SWARE OF MY KIND SE SKOOLGELD KAN BETAAL?

Ryk reken daar sal uiteindeli­k kriptogeld wees wat suksesvol vir verhandeli­ng gebruik word. “Met enige nuwe tegnologie is daar altyd groot reaksie. Dis soos aanvanklik met e-posse, selfone, die internet … maar nou is dit al deel van ons lewe. Die tegnologie rondom kriptogeld het groot potensiaal, en mettertyd sal dit homself uitsorteer. Sodra al die hype verdwyn het, sal mense dit begin gebruik. Maar daar lê nog ’n lang pad voor voordat ons dit sal kan gebruik om kruidenier­sware of skoolgeld te betaal.

“Niemand kan voorspel wat gaan gebeur nie, dit hang af hoe die wêreld se sentrale banke reageer. Dit gaan egter nie binnekort gewone geldeenhed­e soos rand en sent vervang nie.”

Theo is baie opgewonde oor blokkettin­g-tegnologie. “Dit is revolusion­êr en uniek. Die tegnologie het die potensiaal om soveel te vermag. Dit kan die finansiële stelsel heeltemal op sy kop keer, maar dit beteken nie banke gaan verdwyn nie. Net tyd sal leer wat met die tegnologie gaan gebeur.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa