Chantelle van der Merwe, SWEETIE Pies Hannelie Myburgh,
DESPATCH
Sherbet laat my dink aan die hoekwinkel om die draai van die huis. Dit het jou tong so rooi gemaak en natuurlik jou vingers. Party het so ’n skietgeluid gemaak waarvan jy nie genoeg kon kry nie . . .
BLOEMFONTEIN
As kind het my ouers ’n kafee gehad. Op ’n mooi dag het ’n rep omgekom met splinternuwe marshmallows met geroosterde klapper om. Dis tot vandag vir my hemels . . . as ’n marshmallow hom so dikbek opblaas van hitte, kan ek dit nie weerstaan nie . . .
genoeg vir 14
14 sosatiestokkies 14 rooi appels 500 g suiker 100 g glukosepoeier (kyk by apteek) 125 ml water 30 g botter 10 ml rooi koskleursel 200 g-sak karamelspringmielies
Steek ’n sosatiestokkie stewig in elke appel. Plaas suiker, glukose en water in ’n middelslag-pot. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos het. Bring tot kookpunt en laat vinnig kook tot die stroop se temperatuur 150 °C op ’n suikertermometer meet, sowat 8-10 minute (sien wenk). Voeg botter en koskleursel by en meng in met ’n houtlepel. Doop elke appel versigtig in warm stroop deur die stokkie as handvatsel te gebruik. Laat ekstra stroop afloop en rol in springmielies. Plaas op bakpapier wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat afkoel tot hard.
Jy kan dit ook só toets: Laat val ná 8 minute ’n klein druppel stroop in yswater. As dit ’n harde balletjie vorm wat soos glas lyk, is dit reg