Sarie

Dus: Nutri-genomika

- Bron: Mariza van Zyl se (Naledi, 2015)

DIE VETSUG-GEEN

Elke nou en dan lees jy in die media die sogenaamde “vetsug-geen” is gevind. Is daar so iets en wat beteken dit vir jou gewig?

Studies met tweelinge help om die verband tussen gene en gewig beter te verstaan. Identiese tweelinge (deel dieselfde gene en voorgeboor­telike omgewing) is geneig om min of meer dieselfde te weeg. Nie so met nieidentie­se tweelinge nie (deel dieselfde voorgeboor­telike omgewing maar nie gene nie).

Jou gene het ’n sterk invloed op jou gewig. Navorsers het bevind 55% tot 85% van die variasie in liggaamsge­wig tussen mense kan as gevolg van genetiese faktore wees, volgens dr. Joffe.

Maar een “vabond”-geen wat jou vet maak? Nee. Dis meer kompleks met letterlik honderde gene wat ’n rol speel. Sommige van dié gene is baie kragtig en jou dieet en omgewing se effek is gering (hoëpenetra­sie-gene). Laepenetra­sie-gene kan jou weer vet maak in wisselwerk­ing met jou dieet en omgewing, maar nie op hul eie nie. By sowat 98% van vetsug is laepenetra­siegene betrokke – en by dus net sowat 2% hoëpenetra­sie-gene. Goeie nuus, want jy kan dus meestal iets daaraan doen.

Het jy byvoorbeel­d ’n variant van die Fto-geen (die sogenaamde fatso- geen!), is jou kans 20% tot 30% meer om vetsugtig te wees. Want jy is net mooi altyd honger (as gevolg van verhoogde vlakke van die “honger”hormoon ghrelien). Jy kan dan aanmekaar eet en ook na kilojouler­yke kos smag. Dus is jy oorgewig. Maar hoor hier: ’n Dieet ryk aan vesel en proteïen kan jou meer versadig laat voel. Oefening soos draf en fietsry verminder ook ghrelienvl­akke. En verminder inderdaad die Fto-geenvarian­te se effek op vetsug met sowat 80%, volgens www.health.harvard.edu, webtuiste van die Harvard-universite­it se mediese skool.

IS VETSUG DUS IN JOU LEWENSBOEK GESKRYF?

Dr. Joffe onderskei vier “geen”-tipes.

’n Genetiese veranderin­g so kragtig jy gaan oorgewig wees, al eet jy wat. Dis egter seldsaam en kom by minder as 5% van die samelewing voor.

Sterk geneigdhei­d tot vetsug: Jou gene is só “gelaai” dat, tensy jy streng let op jou leefstyl en dieet, jy vetsugtig gaan wees. Al leef en eet jy gesond, is jy dalk steeds oorgewig, hoewel nie vetsugtig nie. Die persentasi­e van mense by wie dit voorkom, is nie bekend nie.

Effense geneigdhei­d tot vetsug:

As jy die regte kos eet, oefen, goed slaap, jou stresvlakk­e reg hanteer, ensovoorts, is jou gewig waarskynli­k normaal. Doen jy dit nie, kan jy oorgewig wees, maar nie vetsugtig nie. Dis weer eens nie bekend hoeveel mense in dié kategorie val nie.

Geneties weerstandi­g teen vetsug: Jy eet wat jy wil, oefen nooit – en bly maer. Jy kan maar net nie gewig aansit nie! Dis ’n klein groepie, hoewel die presiese persentasi­e nie bekend is nie.

Mariza sê: “Ek het al kliënte gehad wat, gegewe hul genetiese profiel, baie vet moes gewees het. Maar hulle is nie, hulle eet en oefen reg.”

’N TRAE METABOLISM­E?

Dikwels hoor jy iemand sug: “My metabolism­e [hoe vinnig jou liggaam energie verbrand] is stadig, daarom is ek oorgewig.” Weer eens, dis meer ingewikkel­d. Dis maar een ratjie in

Mariza van Zyl: mariza@bettereat.net, www.bettereat.net

Laat toets jou gene: Impact Clinics Annelie Smith, bestuurder: voeding, 021 300 1915, annelie@impactclin­ics.com, www.impactclin­ics.com

dnalysis.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa