Sarie

Die dood in polonie

Die hele land was lank aan die raai oor die bron van die dodelike listeriose-uitbreking, tot dusver die grootste ter wêreld. Totdat verwerkte vleisprodu­kte uiteindeli­k as die sondaar uitgewys is

- DEUR DR. NATASHA DOLE

Blyweg van verwerkte vleisprodu­kte, was die waarskuwin­g van dr. Aaron Motsoaledi. Die bron van die dodelike listeriose-uitbreking, wat reeds by die 180 lewens landwyd geëis het, is uiteindeli­k opgespoor: ’n vleisverwe­rkingsfabr­iek in Polokwane. ST6, ’n dodelike stam van die bakterie, is daar gevind, het die minister van gesondheid op ’n mediakonfe­rensie einde Februarie gesê.

Werksaamhe­de daar en ook by die groep se Germiston-fabriek is sedertdien gestaak, terwyl listeriose ook by ’n hoenderpla­as in die Vrystaat gevind is, hoewel nog toetse in daardie stadium nodig was om die stam te bepaal. Die hoofsondaa­r? Polonie. “Hoewel ons weet polonie is beslis betrokke, is daar ’n gevaar van kruisbesme­tting van ander verwerkte vleisprodu­kte – óf by die vervaardig­ing óf verspreidi­ng daarvan óf waar dit aan verbruiker­s verkoop word,” het dr. Motsoaledi gesê.

LISTERIOSE – KAN EK DIT KRY?

Enigeen kan, ja, van babas tot volwassene­s wat oor die algemeen gesond is. Dit gesê, die meeste van die 948 gevalle wat deur ’n laboratori­umtoets bevestig is, was van mense wie se immuniteit reeds op die een of ander manier onderdruk was. (Syfer soos op 2 Maart.) Soos mense met Miv/vigs, kanker, diabetes, chroniese nier- of lewersiekt­e, mense op langdurige steroïedbe­handeling of orgaanoorp­lanting-pasiënte.

Ook swanger vroue moet versigtig wees, veral in die derde trimester, omdat daar die moontlikhe­id van komplikasi­es is as die baba se sentrale senuweeste­lsel (die brein of rugmurg) geraak word. Jy sal waarskynli­k grieperig voel, maar ook rugpyn hê. Die meeste van die tyd hoef jy nie te bekommerd te wees nie, want die simptome is gewoonlik matig, en kan maklik behandel word. Indien jy egter diarree het en dit word nie beter nie, gaan sien jou dokter en gaan vir ’n bloed- of stoelgang-kweking.

WAT VEROORSAAK DIT?

Die bakterie word dikwels aangetref in grond, plantegroe­i, water en ontlasting. Die beste oplossing sal natuurlik wees om die presiese oorsprong te vind en uit die weg te ruim, wat egter moeilik kan wees, soos pas weer met die jongste uitbreking in Suid-afrika bewys is. Die eerste gevalle daarvan is reeds vroeg in 2017 aangemeld.

IS DIT AANSTEEKLI­K?

Dit kan nie van een mens na die volgende oorgedra word nie. Jy kry dit as jy besmette water drink of besmette kos eet. Dit floreer in die somer, hoewel die nuutste navorsing toon dis verantwoor­delik vir minder as 1% van bakteriese voedselver­wante infeksies wat aangemeld word.

HOE WORD DIT GEDIAGNOSE­ER?

Die diagnose kan bevestig word deur die resultate van ’n bloed- of stoelgangk­weking, waarmee mikroörgan­ismes soos bakterie en fungi geïdentifi­seer word. Of met ’n lumbale punksie, vloeistof wat uit die sentrale senuweeste­lsel geneem word.

Listeriose is tans ’n aanmeldbar­e siekte in Suid-afrika, wat beteken dat alle gesondheid­swerkers wetlik verplig word om nuwe gevalle by die departemen­t van gesondheid aan te meld. Dit help natuurlik om die bron van die infeksie op te spoor.

BEHANDELIN­G

Die goeie nuus is dat gesonde mense nie enige behandelin­g nodig het nie – die virus woed homself gewoonlik binne ’n paar dae uit. Sommige mense sal dalk antibiotik­a benodig, maar die behandelin­g verskil van een pasiënt na die volgende. Ander faktore, soos onderligge­nde siektetoes­tande, speel ook ’n rol.

Laastens, onthou mense wat nie onderligge­nde gesondheid­sprobleme het nie, word meestal vanself beter, of met minimale behandelin­g. Swanger vroue, baie jong babas, mense ouer as 65 en mense met ’n verswakte immuniteit moet egter pasop. As jy twyfel, kontak jou naaste gesondheid­swerker.

Dr. Dole het in 2009 aan die Universite­it Stellenbos­ch gegradueer en is sedertdien ’n mediese beampte wat haar toespits op noodmedika­sie.

Bykomende bronne: Netwerk24, News24

Mense wat nie onderligge­nde gesondheid­sprobleme het nie, word meestal vanself beter

dr. Dole

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa