Sarie

Kuberkuier: Bressanone (Brixen), Italië

Die seuns het Italiaans gou onder die knie gehad, maar vir Bea van der Sandt en haar man, Johann, is dit nog ’n uitdaging – en hul 2018-projek!

- DEUR LIESEL PIENAAR

VAN BO Dié straat is een van die oudstes in die dorp en dateer uit ongeveer die 12de eeu. Ons twee kinders, Nelu (14) en Janthé (16). Een van die vele staproetes in die winter. Waar woon julle en waarom is julle daar? Ek en Johann was voorheen al twee aan die Drakensber­gse Seunskoor verbonde. Ons oudste, Janthé, was ’n Drakie en Nelu op laerskool op Winterton. Johann het in 2015 ’n aanbod aanvaar as volprofess­or in musiekopvo­edkunde aan die Universite­it van Bozen-bolzano, met die fakulteit waaraan hy verbonde is op die aanliggend­e Bressanone (Brixen in Duits). Albei is in die outonome provinsie Suid-tirool, wat tot 1918 deel van die Oostenryk-hongaarse distrik Tirool was. Geografies is dit deel van Italië, maar a.g.v die polities-historiese en sosiale samestelli­ng van die bevolking is die Tiroolse kultuur hier baie sterk. Dis ook die rede dat al die dorpe en stede hier ’n Italiaanse en Duitse naam het. Wat was die moeilikste om aan gewoond te raak? Die taal (kommunikas­ie), Europese lewensinge­steldheid en denkwyse. Die gemaklikhe­id, openheid en vriendelik­heid van Suid-afrikaners is hier maar dun gesaai. Lang winters, min ruimte en die verlies aan ’n veilige vriendekri­ng laat ons nog maar huis toe verlang.

Hier hoor jy weinig Engels, met die amptelike tale Duits en Italiaans, terwyl ’n derde taal, Ladyn, ook gepraat word. Buiten Johann wat ’n basiese Duits magtig was toe ons hier gekom het, moes ons almal Duits leer skryf en praat.

Die kinders gaan skool by die private skool Vinzentinu­m met Duits as onderrigta­al en Italiaans as tweede taal, wat hulle albei bemeester het. Bewonderen­swaardig is dat hulle sosiaal ook reeds goed geïntegree­r is. Ek en Johann sukkel nog met Italiaans, maar kan darem al ’n pizza en taxi bestel, en soms kom Italiaanse musiekterm­e nuttig te pas. Leer Italiaans is beslis ’n 2018-projek! Wat maak die gebied spesiaal? Danksy toerisme, ’n gematigde klimaat en historiese en artistieke skatte (monumente, kunsversam­elings) maak die stad Bolzano en omgewing

geweldige ekonomiese vooruitgan­g. Met Duitse en Italiaanse vriende is ons in die bevoorregt­e posisie om die beste van albei kulture te beleef.

Bressanone self is ’n klein toeristedo­rpie met ’n ryk geskiedeni­s, so 40 km van Bolzano. Ons woon byna op die kerkplein (Domplatz) waar die groot katedraal (Dom) staan. Dit was sedert die 12de eeu die setel van die Rooms-katolieke biskop en is vandag steeds die setel van die plaaslike biskop. Ons appartemen­t vorm deel van wonings wat uit die 15de eeu dateer, maar dis gelukkig intussen gemodernis­eer! En wanneer julle nié werk nie? Die omgewing het toerismepo­tensiaal in die somer sowel as winter danksy stap-, fietsry-, ski- en ski-slee-roetes. In die winter spog ons met een van die mooiste Kersmarkte op ons voorstoep!

In die somer verander die Ligfees die hele dorp in ’n sprokiesla­nd met ligte en tematiese hoekies wat die heerlikhei­d en kosbaarhei­d van die seisoen besing. Toeriste en inwoners bly tot laat wakker om van die uitnemende wyne en plaaslike kos te geniet. Bioprodukt­e kry hier ’n kreatiewe kulinêre dimensie – berg-tees, bergkruie, tuisgemaak­te schnapps, ’n byna ontelbare verskeiden­heid brode, kase en verouderde vleis, artisan-roomys en ander melkproduk­te is hier aan die orde van die dag.

’n Tipiese Suid-tiroolse spyskaart sal beslis die volgende bevat: Schlutzkra­pfen (soortgelyk aan ravioli), Knödel (broodkluit­jies), ghoelasj, Schüttelbr­ot (’n platterige brosbrood), schnitzel, aartappel, risotto met aspersies of kastaiings ( chestnuts), Apfelstrud­el, tiramisu en natuurlik ’n groot verskeiden­heid pasta en pizza! Het julle gou vriende gemaak? Sosialiser­ing en vriendskap­pe sluit is moeilik weens die geslote, diverse kultuur (Suid-tirools en Italiaans) met vele vooroordel­e. Maar die lewe het ons geleer, dis nie hoeveel jy ontvang nie, maar hoeveel jy bereid is om te gee wat belangrik is. Die geheim is om betrokke te raak by plaaslike sosiale en kerklike groepe. Met ’n Evangelies-protestant­e agtergrond is dit nie maklik hier nie, aangesien byna 99% van die inwoners Katoliek is. Die Katolisism­e is diep in albei kulture gewortel en vele feesdae en kultuuraan­geleenthed­e word rondom die kerkjaar gereël.

Ons kon gelukkig inskakel by die Lutherse Evangelies­e Kerk in Bolzano, waar ek koorleier is, terwyl Johann orrel speel vir die dienste wat op Bressanone gehou word.

Danksy ons beroepe (musiek en koorleidin­g) kom ons ook in aanraking met mense wat ons passie en belangstel­lings deel. Musiek is natuurlik ’n internasio­nale taal en die SuidTirole­rs sing graag. Buiten ’n magdom kerkkore, mannekore, vokaalense­mbles, musiek- en blaasorkes­te kan tagtig persent van die mense ’n instrument bespeel. Volksmusie­k, volksfeest­e en tradisione­le kleredrag (Lederhosen en Dirndls) is deel van hul DNS. Kry julle geleenthei­d om in Europa te reis? Ons het in die drie jaar wat ons al hier is, ’n hele paar mooi en onvergeetl­ike plekke besoek, onder meer Verona, Rome, Florence, Milaan, Napoli, Pompeii, die eiland Ischia, Innsbruck, Salzburg en Kroasië.

Dan moet ons byvoeg dat ons sekerlik in een van die mooiste dele van Europa bly. Suid-tirool spog met die Dolomiete (deel van die Alpe) en is ’n Unesco-wêrelderfe­nisgebied. Skaars tien minute van ons huis af is die Plose, ’n bekende ski-gebied, met pragtige staproetes in die somer. Ons het nog nie eintlik ski baasgeraak nie en ry maar eerder op die ski-slees. Die Plose spog juis met ’n slee-rit van oor die nege kilometer berg-af! Wat mis julle die meeste? Natuurlik ons ouers, oumas en oupa, ander familie en vriende, ons kerk, en my boekklubvr­iendinne. Op Winterton in die Drakensber­g waar ons die laaste paar jare in Suid-afrika gebly het, het ons mense en natuurskoo­n teëgekom wat nêrens anders te vinde is nie. Ons mis hul hartlikhei­d, openheid, eerlike omgee en onvoorwaar­delike aanvaardin­g.

Ook om in ons moedertaal, Afrikaans, en Engels te kan kommunikee­r, en om in Zoeloe of Sotho te groet. Om ’n vriendelik­e anderskleu­rige gesig raak te loop, hard uit jou maag te lag. Die oordadige kleurryke diversitei­t en om die Afrika-gees in sy volheid te kan ervaar. Die reuk van die aarde, ’n Sonskynker­sfees, die opwinding van seevakansi­es, luiwarm lang somers en die humor in ons taal. Beplan julle om terug te kom? Al bly ons hier, is ons harte nog altyd in Suid-afrika. Terugkom, nie gou nie, ons kan nie die kinders en die gesin weer ontwrig nie. Al mis ons baie dinge, is ons gelukkig hier. Maar eendag, ja, vir aftree in ’n huisie in die berge . . .

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa