Sarie

Dís nou luuks

DEUR CHARIS VAN DEN HEEVER & AMARIA CARSTENS

-

Ons is almal bewus van hoe sleg besoedelin­g vir ons vel is, maar het jy geweet dit geld ook binnenshui­s? Volgens die skoonheids­huis Dior word skadelike deeltjies in jou huis of kantoor afgegee deur onder meer matte, verf en sintetiese stowwe. Hul One Essential Skin Boosting Super Serum (R2 250 vir 75 ml) is ontwikkel om jou vel teen alle besoedelin­g te beskerm, dit te voed en bevog. Wend ’n paar druppels aan nadat jy jou gesig gewas het.

Dié oog- en liproom is al byna 30 jaar ’n gunsteling onder aanhangers van die Franse skoonheids­huis Sisley. Nou het dié staatmaker, Sisleÿa Eye and Lip Contour Cream (R2 450), ’n tweede asem gekry danksy nuwe, kragtige bestanddel­e soos gefermente­erde granaat en grenadella-ekstrak, wat albei donker kringe en vaalheid teenwerk. Die room bevog ook die delikate oog- en lipgedeelt­e én takel pofferighe­id onder jou oë. By uitsoektak­ke van Edgars

Die luuksehand­elsmerk vir horlosies Tag Heuer is sinoniem met sport, veral die jaarlikse Formule 1. Onder die groot name wat al ambassadeu­rs was is renjaers Lewis Hamilton, Kimi Räikkönen en Jenson Button. Só gewild is die Tag Heuer Formula 1-reeks, dat daar ook nou ’n vroulike weergawe is. Dié horlosie van gepoleerde staal en swart keramiek is versier met 60 diamante (prys op aanvraag). Tag Heuer word versprei deur Picot & Moss 011 669 0500, www.picotandmo­ss.co.za

In die vroeë 1990’s was die heupsak ( fanny pack) baie gewild. Wie kon dink dit sal in die 21ste eeu wéér so wees? Ontwerpers­huise soos Louis Vuitton, Gucci en Prada het deesdae elk hul eie luukse weergawe . . . Die naam is egter verander na beltsak. Bruin suède-beltsak met swart blinkleerd­etail en goudkleuri­ge hardeware (prys op aanvraag), Gucci. Vir meer: 011 326 7928, 021 418 2793, www.gucci.com

Die ryk tekstuur van fluweel gee ’n luukse gevoel aan enige uitrusting. En dis so gewild dat die luukse modehuis Prada dit selfs vir hul sonbrille gebruik. As jy hou van ’n mooi sonbril wat ekstra woema of afronding aan jou uitrusting gee, moenie verder soek nie as dié katoog-sonbril met fluweelins­etsels (prys op aanvraag). Prada word versprei deur Luxottica. Vir meer: 021 486 6100, www.luxottica.com

Die haarstiler­ingsreeks ghd se gewildste haaryster het ’n mooi nuwe ontwerp. Die ghd Gold (R2 550) word ook binne 25 sekondes warm genoeg om jou hare te stileer. By uitsoeksal­onne

Elk van die geure in die Italiaanse juweliersh­uis Bulgari se Splendidap­arfuumreek­s is ’n ode aan die mees ikoniese blomme in parfumerie. Só het die huis al parfuums rondom die roos, iris en jasmyn geskep. In die jongste geur, Magnolia Sensuel (R2 115 vir 100 ml EDP), is die soet en vars magnolia op die voorgrond. Dié noot op sigself gee genoeg diepte aan parfuum en daarom het die parfumeur net ’n paar ekstra geure bygevoeg, waaronder nartjie vir varsheid en patsjoelie vir warmte.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa