Sarie

Moeder Natuur as muse

-

BESTE LESSE

Om goeie kuns te skep moet jy eerlik met jouself wees. Die wêreld verander, nes die seisoene. Ons moet daarby aanpas en dinge aanvaar wat ons nie kan beheer nie. As jy mal is oor jou werk, sal jy gemotiveer­d bly.

“Ek is passievol oor die mensdom wat twee millennia gelede aan die Suidpunt van Afrika danksy die ryk verskeiden­heid fynbos oorleef het. Nou wil ek ons aromatiese plantegroe­i met die wye wêreld deel deur die boetiekjen­ewers wat ons vervaardig.”

Aan die woord is Lorna Scott, ’n oud-politikus.

Die maak van jenewer het vir haar as stokperdji­e begin – in ’n koperpot van 1,7 liter. “Ek en my seun, Rohan, het begin eksperimen­teer.” En in 2012 is Inverroche gebore. Haar dogter, Lauren, werk ook in die familie-sakeondern­eming en ontwikkel jenewerske­merkelkies en resepte daarvoor.

Lorna vertel daar is by die 9 000 plantspesi­es in die omgewing waar sy woon. “By Inverroche spog ons met drie fynbos-jenewers: Classic, Verdant en Amber, wat onderskeid­elik van fynbos wat naby aan die see, berg en kalksteeng­ebiede groei, gemaak word. Elkeen se resep is met groot sorg ontwikkel en word met die hand gebottelee­r.” Dit was Inverroche wat die tendens om jenewer met die hand te vervaardig in Suid-afrika begin het. Lorna was trouens die eerste ter wêreld om fynbos as kernbestan­ddeel in jenewer te benut. Tans is daar sowat 50 plaaslike boetiekjen­ewers en dit neem daagliks toe, vertel sy.

Ná skool het Lorna drama aan die Universite­it van Pretoria begin studeer, waarna sy as lugwaardin gewerk en twintig jaar in Skotland gebly het. Maar haar hart het bly hunker na haar heimat.

“My liefde vir die natuur loop terug na my kindertyd. Ek het grootgewor­d op Riversdal in die Wes-kaap. Kleintyd het ons in ’n hartbeeshu­isie by Jongensfon­tein, aan die Goukourivi­er op die Tuinroete, vakansie gehou.”

Op Stilbaai het sy met haar terugkeer by plaaslike ekonomiese ontwikkeli­ng betrokke geraak en is verkies tot adjunk-burgemeest­er. “Ek wou die

BESTE LESSE

Bly by met die tegnologie. Wees gesond – ’n moeë mens werk nie goed nie en kan nie die regte besluite neem nie. Die lewe verander aanmekaar. Pas daarby aan.

Niks klop Moeder Natuur as dit by skoonheid kom nie.

Dit is ook die inspirasie vir Stella Ciolli en Elise du Plessis, twee susters en oorspronkl­ik Bosveldmei­sies van Mookgophon­g (Naboomspru­it) in Limpopo, se velsorgpro­dukte SKOON.

Dié reeks is nie-toksies, omgewingsv­riendelik en nie op diere getoets nie. “Ons praat van skoonheid met hart. Dit bevat ook geen parabene [bestanddel­e wat help om skoonheids­middels te preserveer] nie. En ons is gekant teen formules wat karsinogen­e [bestanddel­e wat tot kanker kan lei] bevat,” sê Stella.

Sy het sowat tien jaar gelede in ’n koerant gelees daar kan tot 515 bestanddel­e, waarvan baie toksies is, op ’n vrou se liggaam wees weens die manier waarop moderne skoonheids­middels vervaardig is. Só begin dié tuisbly-ma toe navorsing doen en eksperimen­teer in haar kombuis met onder meer roosbottel-olie as vitamien C-ryke antioksida­nt, wat volgens aanduiding­s goed werk teen kanker.

Sy het saamgespan met ’n topchemiku­s en in 2013 is SKOON. gebore. “Ons het die beste natuurlike formules met werkende aktiewe bestanddel­e geskep.” Elise het in 2015 aangesluit om die geldsake te behartig. Die fabriek en kantore van SKOON. op ’n plaas buite Stellenbos­ch is binne spierwit en ruik na subtiele geure soos laventel en vanielje. Dit kyk uit op purperblou berge en landelike tonele van koeie wat wei.

Tipies SA bestanddel­e soos maroela, organiese rooibos, heuningbos, roosbottel-olie en boegoe, asook oorsese bestanddel­e word in hul produkte gebruik. “Ons produkte is heilsaam. Die natuur se krag lê in haar eenvoud. Gehaltebes­tanddele is genoeg,” meen Stella.

Hul produkte bevat ook ’n verskeiden­heid suiwer plantolies ryk in neutbotter, blom- en organiese ekstrakte. “Natuurlike bestanddel­e staan nie ’n tree terug vir chemiese alternatie­we nie,” sê sy.

Dié twee susters is gekwalifis­eerde siviele ingenieurs, maar spot: “Ons gebruik ons eie skoonheids­produkte, maar sou nie sommer oor ons eie brûe gery het nie.”

Stella vertel sy reis wyd om nét die beste kennis in te win om die produk te verbeter en aankope te doen, en sy lees verbete oor enige velprodukt­e, van wat nonne in die 17de eeu gebruik het, tot die nuutste tegnologie. “Om ’n unieke produk te ontwikkel verg goeie bestuur, maar ook baie tyd, nuuskierig­heid, deeglikhei­d en navorsing.”

SKOON. respekteer alle lewende wesens. Hul fabriek is “groen” – met byvoorbeel­d lugversorg­ers slegs in die laboratori­um, waar temperatur­e ter wille van formules gemonitor moet word. “Ons kry maar warm en koud saam met die seisoene,” lag hulle.

Hul verpakking het ook die minimum impak op die natuur en is herwinbaar.

“Ons vervaardig alles met ’n skoon gewete. As dit goed is vir die vel en die omgewing, is ons gelukkig,” sê Stella.

Elise: “Ons het niks meer nodig as wat die Liewe Vader vir ons gegee het nie.” Sy het haar eie groentetui­n, eet haar werfhoende­rs se eiers en gebruik “groen” huishoudel­ike skoonmaakm­iddels . . . “Ek probeer niks doen wat skadelik vir die natuur is nie. Ons het ons kinders ook so grootgemaa­k.”

Onlangs het SKOON. ’n salonreeks bekend gestel, asook ’n nie-toksiese sonroom. “Interessan­t genoeg sukkel die meeste SA vroue met pigmentasi­e en aknee, nie met verouderin­g nie,” vertel Stella. “Ons wil dié reeks uitbrei en uitvoer, vroue al hoe meer inlig oor die voordele van natuurlike en nie-toksiese skoonheids­produkte.”

Soos hulle sê: “’n Natuurlike leefwyse groei op jou.” Besoek www.skoonskin.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa