Gesonde dieet: Wat sê jou gene?
Gesonde dieet? Die nuutste tendens in gesond eet is nie ’n wonder-dieet of superaanvulling nie. Dis jou gene
intelligensie en ruimtevaart. Dis op slimme Elon Musk se lysie van die belangrikste ontwikkelings wat ons wêreld gaan verander. So ook genetika.
Genetiese tegnologieë keer gesondheidsorg reeds op die kop. In die toekoms gaan lewensgevaarlike siektes ons dalk nie meer so bang maak nie.
Dit kan jou lewe ook op ’n baie basiese vlak beïnvloed: Die kos wat jy eet en oefening wat jy doen. Só kan jy ’n invloed hê op hoe jou gene “werk”, oftewel hulself “gedra” of “uitdruk”. Jou gene is dus nie die gegiet-in-sementbloudruk soos eers gereken is nie. (Sien “Jou gene, jou bloudruk?”.)
Ons is almal uniek. Die Britse staatsman Winston Churchill was vetsugtig met ’n ongesonde dieet en leefstyl. Nietemin het hy op 90 daagliks steeds ’n besige program gehad. Daarteenoor het jy dalk al gehoor van iemand wat relatief jonk, fiks en gesond is, maar dood neerslaan. Sommige mense het hoë bloeddruk, selfs al verminder hulle sout in hul dieet. Ander looi die soutpot en hul bloeddruk is normaal.
Basta dus almal oor een kam skeer met dogmatiese diëte soos laevet, hoëvet, geen koolhidrate, noem op. Nutri-genomika, wat die wisselwerking tussen jou gene, dieet en leefstyl (soos oefening, stres, slaap) bestudeer, is een van die wetenskapvelde wat die vinnigste ontwikkel. En die weg baan vir die individualisering van dieetvoorskrifte, verduidelik Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige en nutri-genomika-konsultant van die Paarl. Sy werk dus vir jou ’n lewenslange eet-strategie uit op grond van jou unieke genetiese profiel. (Sien “Nutri-genomika = wetenskap van die toekoms?” op bl. 120.)
As jy byvoorbeeld geneties méér van ’n sekere voedingstof nodig het – soos
Ons DNS is 99,9% identies. Daar’s dus ’n verskil van 0,1%: ’n verandering (of mutasie) in jou Dns-kode se struktuur. Dis soos om ’n koek te bak en ’n bestanddeel verskil van die resep s’n. Die koek gaan dan dalk nie heeltemal so lekker wees nie.
Daar is ’n ingewikkelde wisselwerking tussen sommige van dié geenveranderinge, jou dieet, omgewing en leefstyl. Jy kan bv. geen-variasies hê wat jou meer vatbaar vir sekere siektes maak. Maar jy kan ook jou dieet aanpas om te kompenseer vir die genetiese profiel wat jy geërf het. Voedingstowwe kan dus die manier beïnvloed hoe gene hulself “gedra” of “uitdruk”.
Sommige genetiese mutasies kan op hul eie siektes veroorsaak – die omgewing het min of geen invloed nie (die sogenaamde hoëpenetrasiegene). Jou risiko is dan baie hoog (in sommige gevalle 80%-100%) om dié toestand te kry. Dit sluit in familiële borskanker, porfirie, sistiese fibrose en familiële hipercholesterolemie.
Dan is daar mutasies wat nie op hul eie siektes kan veroorsaak nie (laepenetrasie). Maar in kombinasie met die verkeerde dieet en ander leefstyl- en omgewingsfaktore kan jou risiko daarvoor drasties toeneem. En daaraan kán jy iets doen.