Sarie

40’s fantasties! Dis hoekom, sê Emo, Rolanda, Martelize, Diaan, Paul Rothmann & Fanie Cronjé

Die jare tot jou 40’s is net ’n oefenlopie, sê baie. Op 40 lééf jy . . . met nuwe insigte en nuwe energie. Kyk wie is almal op Suid-afrika se 40’s-lys

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

“Ekvoel fisiek beter op 40 as op 25. Om ouer te word is die beste deel van my lewe. Ek is dankbaar, ken myself beter, voel asof ek meer kan baasraak as ooit tevore.” Dié woorde van aktrise Cameron Diaz, wat 40 geword het in 2012, word deur baie 40-jariges geëggo. Die Switserse psigoanali­s Carl Jung het gemeen die lewe begin eers op 40. Voor dit doen jy eintlik net navorsing . . .

Suid-afrikaanse glansmense wat vanjaar met dié waterskeid­ingsgetal kennis maak, sluit in die sanger Emo Adams, Tv-persoonlik­heid en sakeman Paul Rothmann, Rsg-aanbieder en -vervaardig­er Martelize Brink, aktrises Diaan Lawrenson, Rolanda Marais en Christi Panagio, en rock-ster Karen Zoid. Ook SARIE se styl- en sosiale redakteur Fanie Cronjé.

Die geskiedeni­s dui op heelparty suksesverh­ale vir mense rondom 40. Dit bly ’n magiese getal vir baie.

Vera Wang, bekende trourokont­werper, het op 40, toe sy haar eie troue beplan het, haar bruidsboet­iek in New York geopen. Destyds is haar ontwerper-trourokke in die Tv-reeks Sex and the City gebruik. Nou het sy boetieks wêreldwyd. Vera was, terloops in die laat 1960’s ’n Amerikaans­e sierskaats­kampioen. Met haar graad in kunsgeskie­denis, het sy haarself opgewerk tot moderedakt­eur van Vogue.

Só ook het die befaamde skrywer Toni Morrison, wat al byna elke prys vir Engelse letterkund­e gewen het (tot ’n Pulitzer en Nobelprys vir letterkund­e), voorheen ánder se boeke taalkundig versorg by die uitgewer Random House. Op 39 het haar eerste roman, The Bluest Eye, verskyn, maar dis eers met haar later romans Sula en Song of Solomon waarmee sy naam gemaak het. Op 46 is Song of Solomon vir die destydse onafhankli­ke >

< Amerikaans­e Boek van die Maandklub gekies – die eerste werk van ’n swart skrywer wat die eer te beurt geval het sedert 1940. En so kan ’n mens aangaan. Philip du Toit, berader en leefstylaf­rigter wat op Somerset-wes en in Milnerton praktiseer, reken “moderne” 40-jariges is ingelig en bemagtig. Veertig is ’n tweede asem van nog vele asems, ’n nuwe energie en opwindende dryfkrag. Tradisione­el is die Oxforddefi­nisie vir die middeljare van 45 tot 65, “maar daar word al hoe meer gekyk na ’n meer realisties­e 55 tot 65”.

Veertigjar­iges is deel van ’n nuwe generasie wat buite die boks dink en nie net alles klakkeloos aanvaar wat kleintyd aan hulle gevoer is nie, meen hy. “Die pas en oordrag van inligting het geweldig versnel. Ons moet bybly en dubbel soveel inligting verwerk as agt jaar gelede.”

Hy voeg by dat 40 baie mense dwing om te reflekteer. “Hulle besef dalk daar is onopgelost­e dinge in hul lewe en word miskien vir die eerste keer met die dood van ’n ouer of kind gekonfront­eer. Dit noop hulle dikwels om vir berading te gaan. As jou geestelike bagasie uitgesorte­er is, is jy van die gelukkigst­e mense op aarde, en hoef jy nie meer soos ’n slagoffer te voel nie.”

Dit kan ook vir sommige mense ’n nuwe era van werksbevre­diging inlui. “In Switserlan­d is dit aanvaarbaa­r om in jou veertigs’ n radikale loopbaanve­randering tema a ken hul maatskapli­ke stelsel ondersteun dit,” vertel Philip. Hulle het ondermeer’ n goeie werklooshe­id sversekeri­ngsfonds wat dit vir mense moontlik maak om ander opsies te ontgin.

Daar is baie redes hoekom dit so ’n goeie tyd in jou lewe kán wees. Volgens ’n artikel in 2014 in die Britse koerant

The Telegraph was 40 toe die gemiddelde ouderdom in Brittanje. Oral was hoofopskri­fte dat die land oornag in ’n “middeljari­ge land” verander het. Maar Guy Walter skryf in sy tong-in-die-kies artikel in The Telegraph daar is hope voordele aan 40. Jy het gewoonlik eiendom taamlik goedkoop gekoop in die negentigs; die modes is nou beter as ooit; as jy vroeg ’n ouer geword het, is jou kinders (oor die algemeen) al groot en dus het jy weer tyd vir jouself; 40-jariges het ’n veel groter begrip as byvoorbeel­d die baby boomers (mense wat ná die Tweede Wêreldoorl­og gebore is) van ’n gesonde leefstyl, plus hulle verstaan die tegnologie taamlik goed (dalk nie so goed soos die millenniër­s of generasie Z nie, maar hulle begryp slimfone en raak nie senuweeagt­ig om tablette of rekenaars te gebruik nie); 40-jariges kan met gesag en ervaring praat, maar is nie té oud om as irrelevant deur die jongeres afgemaak te word nie. Emo Adams, wat vanjaar ook sy 30ste jaar in die vermaaklik­heid s bedryf vier, sê: “Hulle sê op veertig vat jy baie minder bollie van mense. Ek hoop dit skop in. Ek het nie ’n bucket list nie, maar wil altyd ’n goeie pa wees en soveel as moontlik tyd met my familie spandeer, want ek is so flippen baie tyd op die pad, mens sou sweer ek is ’n celebrity.” Rolanda Marais vertel sy het agtergekom almal is ewe onseker en krities oor hulself. “Sommige het net geleer hoe om daai stemmetjie in hul kop te mute, terwyl ander toelaat dat dit hulle beheer.” Sysie n uit na opwindende loopbaanmo­ontlikhede .“Ek het soveel respek vir Meryl Streep, Cate Blanchett en plaaslik vir Anna-mart van der Merwe en Sandra Prinsloo. Hulle raak net mooier en beter met die ouderdom. Die werklik uitdagende rolle kom later in jou lewe as jy al meer gelééf het. Elke jaar se lewensinsi­gte is vir my magical. Gooi ’n baba in die mix . . . en jy ontdek ’n hele nuwe jy.” Paul Rothmann hou net nie van mense wat, soos hulle ouer word, voorgee dat hulle presiés weet waaroor die lewe gaan nie. Maar fisiek voel hy nou beter as ooit. “Danksy genoeg oefening, gesonde kos, heelwat tequila en die beeldskone Candice Boucher elke aand aan my sy. En die beste van alles: ek kon my veertigste vier met my seuntjie, Wolfie, wat [op 16 Januarie] 10 maande oud was.” Paul wil sy lewe altyd interessan­t hou en homself dwing

< om buite sy gesmaksone­s te beweeg. Hetsy deur die Oosterse gevegskuns, die skryf van ’n boek of ’n “belaglike” reisavontu­ur.

Diaan Lawrenson vertel om te “laat gaan” was ’n groot les wat so saam met haar 40ste gekom het. “Ek wil alles self doen sodat ek seker is dit is reg, maar 2017 het vir my ’n pak slae gegee. Ek het heeltemal te hard gewerk en ek moes stil word en my pad vorentoe heroorweeg. Nou begin ek ’n span om my bymekaar maak wat ek vertrou om my te help. Dit is bevrydend. Ek het meer kreatiewe visie, want ek kan ’n beter produk lewer. My kop is nie op so baie plekke nie.”

Ook Martelize Brink voel asof sy ’n soort “jurk” afgewerp het. “Ek het vrede met baie dinge – ek aanvaar my liggaamsfo­ute en fokus op gesond leef. Ek leef in dankbaarhe­id en probeer die lekker in elke oomblik raaksien, hoewel daar ook tawwe tye is. Die ander dag sê ’n ou tannie vir my sy dog ek is dan so ‘ordentlik’ toe sy hoor ek vloek . . . ek kon net lag. Ek hou nie daarvan dat mense my op ’n troontjie plaas nie. Hoe ouer ek word, hoe meer waardeer ek eerlikheid. Voorgee is ongesond,” sê sy. Sy is nou, in haar 40ste jaar, ook besig met ’n inspirasie­boek, Die ander pad, wat gaan oor hoe jy vrede maak met dinge oor jou pad wat nie altyd uitdraai soos jy gedink het dit sou nie.

Die liefde is sy grootste geskenk en hy het dit eers later in sy lewe ontvang, vertel SARIE se Fanie Cronjé, wat op 39 getroud is. “Nou verstaan ek die liefde veel beter as op twintig en ek is bly ek kan dit beleef. Ek kies nou ’n maat wat my goed behandel en by wie ek veilig is. Toe ek jonk was, het ek ander boksies afgetik.”

Philip reken baie egpare is meer doelgerig in hul veertigs. “Hulle is nie meer tevrede met ’n middelmati­ge sekslewe nie. Hulle wil ook nie meer net-net finansieel oorleef nie. Sommige egpare, hoewel in die minderheid, hernu hul troubeloft­es, terwyl ander vir huwelikste­rapie gaan of saam ’n nuwe stokperdji­e begin om ‘ lou’ huwelike te probeer red.”

Dit gebeur egter ook soms dat veertigplu­ssers ontgogel is en reken hulle het niks in hul lewe vermag nie. Dit kan lei tot erge depressie, maan hy. “Kry profession­ele hulp. Indien jy dit ignoreer, gaan sake nie vanself verbeter nie. Maar as jy eerlike selfonders­oek doen, sal dit jou gewoonlik aanspoor om positiewe veranderin­gs te maak. En in jou veertigs is jy nog jonk genoeg om dit te doen,” meen Philip.

“Jonk genoeg” is die sleutel . . . Een van die groot suksesstor­ies van ’n veertigplu­sser is dié van die aktrise Viola Davis, nou 51, wat haar eerste Oscar-benoeming vir haar spel op die silwerdoek eers op 43 gekry het as beste ondersteun­ende aktrise in Doubt. Vandag spog sy al met drie Oscarbenoe­mings – en in 2017 het sy geslaag toe sy die goue beeldjie vir haar spel as Rose Maxson in Fences gewen het.

Daar is baie wysheid in dié aanhaling: “Vandag is ek 40 – nie oud nie, maar retro. Wanneer ek 60 is, is ek vintage, op 80, antiek. Maar oud? Nooit nie!”

Veertig is ’n tweede asem van nog vele asems, ’n nuwe energie en opwindende dryfkrag Philip du Toit, berader en leefstylaf­rigter

 ??  ?? s Adam mo E
s Adam mo E
 ??  ?? Brink e eliz art M
Brink e eliz art M
 ??  ?? Dia an La w re ns on
Dia an La w re ns on
 ??  ?? n man th Ro ul Pa
n man th Ro ul Pa
 ??  ?? Fan ie Cr on jé
Fan ie Cr on jé
 ??  ?? Rol an da M ar ai s
Rol an da M ar ai s
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa