Sarie

Praat met Elana Afrika: ‘Die lewe te kort vir voorgee’

Sy’s besig. Haar lewe een van lysies, projekte, rooi tapyte en oorgenoeg drama. Maar perfek hoef jy nie te wees nie, glo vermaaklik­heidster Elana Afrika

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

’ nwit baadjie met swart strepe, koraalkleu­rige wighakke, styfpassen­de geblomde broek en skelpienk handsak.

Elana Afrika is hier. “Jammer ek is laat.” Wit tande flits. Kort sjiek hare. Ligpienk lipstiffie aan gul lippe. Lang krulwimper­s. Dit word elke twee weke “gedoen”, vertel sy.

Sy’t ’n piesang in die verkeer geëet. “Teen vieruur, wanneer ek tuiskom, lê daar ’n vuurwarm appelstron­k, piesangski­l en ’n paar Le Creuset-bekers in die motor. Gross. Ian maak elke oggend vir my koffie in ’n regte beker vir die kar.”

Elana is bésig. Sy was sedert Julie verlede jaar die aanbieder van die kyknet-komedie Parlement Parlement (wat April ten einde geloop het), is ’n sosialemed­ia-koningin en sy en haar man, Ian Bredenkamp, het hul maandeliks­e Piekniek & Musiek-projek, waar sowat 2 000 piekniekga­ngers na Afrikaanse musiek op die Zevenwacht­wynlandgoe­d buite Stellenbos­ch luister. Boonop het haar leefstylbl­og, Chocolatef­ace, tot haar Baby Brunchogge­nde vir ma’s gelei.

“Hierdie jaar is so cool. Ek het ’n klein rolletjie in Sara se geheim op kyknet. Ek en Ian eet popcorn voor die TV en kyk daarna. Ek speel later in nog ’n kyknet-drama waaroor ek niks kan sê nie. En in ’n oorsese dokkie is ek ook die ma van ’n bekende bokser.”

Elana hap aan roosterbro­od met avokado en tamatie. “Ek love kos. Ek is so móég daarvoor dat ma’s dink hulle moet soos loopplankm­odelle lyk, perfek wees vir hul mans, uitblink by die werk. Get real.”

Sy kan haar nie haar lewe indink sonder Esther Beth (3) – “ons noem haar Essie” – en Annabelle (1) nie. Maar sy het die invloed van kinders op ’n ma onderskat. “Jy trou ook met ’n man se gesin. Ek het twee stiefkinde­rs ryker geword.” ’n Dogter (13) en seun (11).

Haar lewe het in talle lysies ontaard. “Moenie dink ek ry agter die groot kinders aan as hulle die kitaar by die huis vergeet het nie. Almal maak foute, maar as dit vermy kan word, het ek nie geduld nie. Alles moet georganise­erd wees.

“Annabelle sny tande, my tannie kyk vandag na haar. My grimering neem tyd, ek het nie vanoggend my hare drooggebla­as of gebid nie. Ek moes terugry vir my vergete foon, dis hoekom ek laat was. Ek wil nie voorgee die kinders het nie my lewe verander nie. Maar ek is gelukkig.”

As die kinders lemoensap op haar handsak mors, ontstel dit haar nie meer nie. “My vriendinne het gesê ek moet duur Louis Vuitton-handsakke koop vóór my kinders gebore word.

< Ek gebruik dit deesdae soos slenterdra­g, maar Ian se Louis Vuittonges­kenke, ná my kinders, hanteer ek soos goud. Hy is só awesome!

“Die kelner se naam is Tyson, en hy is ’n bokser,” vertel sy my nadat sy nog botter bestel het waar ons in ’n restaurant in die Tuine in Kaapstad sit. Tyson lag maar net.

Sy wil ’n verskil maak. Al is dit nét om die kelners goed te laat voel. “Party mense lyk soms so hartseer. Om ’n verskil te maak kos nie geld nie.”

Elana Afrika voel tuis in Afrika. Hier wil sy enduit haar merk maak.

Watter rol het jou ouers in jou lewe gespeel? Ek besoek my ma, Ellen, en pa, Hennie, gereeld by ons huis in Bellville. Hulle het ons geleer kerk en skool is belangrik en is twee awesome oumensies. Ek het nooit gedink ons was arm toe ek in Ravensmead op die Kaapse Vlakte grootgewor­d het nie. Op hoërskool het pa ’n Merc gekoop en ons het Bellville toe getrek. Ek het dit later ge- fix, met posbus-oranje oorgespuit en vir Ian vir sy veertigste verjaardag gegee. Speel geloof steeds ’n rol in jou lewe? As jy so jonk in die gees van die Here gedoop word, wil jy altyd ’n voorbeeld vir jou kinders stel, want Hy hou jou dop.

Ek het in die kerk leer toneel speel en dans. In my eerste toneelstuk daar het ek die rol van die glansvrou Doreen Morris vertolk. Vandag is sy ’n goeie vriendin.

Kerk gaan oor soveel meer as Jesus se boodskap. Ek neem my kinders af en toe na die Elsiesrivi­er-gemeente op die Kaapse Vlakte. Essie sê sy geniet dit so om daar te dans. Jy het spesiaal Israel toe gegaan om Judaïsme te bestudeer. Hoekom het dit jou so bekoor? Ek wou meer oor die Joodse geloof en filosofie leer, maar het besef ek sou dit net as deel van hul gemeenskap kon doen. In 2010-’11 woon ek toe in baie glam woonstelle in Katamon in Jerusalem – nié ’n kibboets vir Elana nie! – en doen religieuse studies aan ’n Joodse skool. Om in Hebreeus ’n spinning- klas by te woon is nogal ’n uitdaging.

Die Joodse geloof en Christensk­ap het my geleer God beveel ons om vir ander om te gee en hul lewe ten goede te verander. Maar jy kan dit net doen as jy in ’n ander se skoene staan. Jy moet weet wat iemand se agtergrond is voor jy oordeel. Wat wil jy vir jou kinders leer? Hulle leer van jou. Dit is hoekom dit so belangrik is dat jy die regte goed doen. Essie sê by ’n groen verkeersli­g ‘go, go, go’, want ék sê altyd ‘nou moet die man rý’ wanneer dit groen is.

My ma het nie een oggend wakker geword en vir my gesê ‘ jy verdien respek as vrou nie’. Maar ek sien my pa sorg vir haar, neem haar met vakansie.

Ons beloon die dogtertjie­s met ’n tikkie op die rug as hulle iets betekenisv­ols oor hul dag vertel. Hoekom is jy opgewonde oor jou baba-ontbyte? Ek het my blog Chocolatef­ace begin om mense te laat voel hulle behoort. Nou is my baba-ontbyt, Elana Afrika’s Baby Brunch, wat verlede jaar begin het, ’n jaarlikse instelling in Kaapstad. Gewone ouers, wat ongewone dinge doen, gee raad oor ouerskap. Verlede jaar was daar sowat 200 ma’s met hul kinders. Ek het oor finansies en dagboekbep­lanning ná hul kind se geboorte gepraat. Dr. Eve [Marlene Wasserman] het raad gegee oor seks. Jy het onderskeid­elik 40 000, 345 000 en 45 000 aanhangers op Facebook, Twitter en Instagram. Watter rol speel sosiale media in jou lewe? Elke platform het ’n spesifieke teikengeho­or. Vir Twitter is ek versigtig, want interpreta­sie kan maklik verkeerd loop. Ek gebruik sosiale media vir bemarking en dekking van my projekte, om mense te motiveer en vertel die lewe is eintlik oukei. My sosialemed­ia-agent sorg dat die regte boodskap uitgestuur word. Ek praat nie lelik van my man en gesin nie. As jy huwelikspr­obleme het, sorteer dit privaat uit. Geniet jy roem? Die idee is ongesond. As ’n kelnerin op my afstorm waar ek in ’n sweetpakbr­oek en besmeer met koekies alleen met my gesin in die openbaar kuier en sy beskuldig my van norsheid, is dit nie op haar gemik nie. Ek sien bloot ’n vreemdelin­g wat op my kinders afpyl. Soms wil ek net alleen saam met Ian uiteet sonder om ‘ beroemd’ te wees.

Dit is wel wonderlik as korporatie­we reuse my as seremoniem­eester uitnooi. Dit was ’n reuse-voorreg om deur Mercedes-benz en Laureus as gas op die rooi tapyt na vanjaar se gesellighe­id in Monaco genooi te word. Maar dis baie harde werk. Ek dra gewoonlik uitrusting­s van ontwerpers soos Malcolm Klûk en Jacques la Grange, maar soms ook ’n rokkie uit my kas en kostuumjuw­eliersware.

Laureus se Sport for Good-inisiatief pas by my motto. Almal kan iemand beter laat voel en jouself verbeter. Sport kan kinders van die straat hou. Ek het daardie aand van my kleintydse sporthelde soos Bryan Habana, Morné du Plessis en internasio­nale tennisster­re soos Martina Navratilov­a, Boris Becker, Roger Federer en my ultimate gunsteling­atleet Caster Semenya gesien. Sy was benoem, maar het nie gewen nie. Sportlui besef al wen hulle nie, beteken dit nie hulle verloor nie. Dís awesome. Jy is ook betrokke as ’n mentor by Parow High? Hoekom? My skool het ’n groter invloed op my gehad as die Universite­it Stellenbos­ch waar ek ’n dramagraad verwerf het. Die

Die son is nie skielik anders omdat Cyril daar is nie, maar mense het meer hoop

onderwyser­s het gesien ek werk hard en in my geglo. Ek wou my bes doen. Met matriekrek­eningkunde klop my beslote korporasie se boeke al vyftien jaar lank en ek kan bekostig om in die Kaap en in Johannesbu­rg te bly.

In die begin van elke jaar praat ek met leerders en hoor wie woon op die Kaapse Vlakte. Die helfte se hande gaan op. Ek vertel my verhaal en hul monde hang oop.

Ná Annabelle se geboorte is my instapkler­ekas in ’n kamer vir haar omskep. Ek het twintig sakke klere en skoene by die skool afgelaai en diegene wat wou, kon klere teen R10 per item koop. Die geld is aan Kansa [Kankervere­niging van Suid-afrika] geskenk. Die kinders het dus nie gevoel die klere was hand-outs van Elana nie. Het jy hoop vir Suid-afrika se toekoms? Dis nie net onse nuwe president, Cyril Ramaphosa, wat dinge moet verander nie. Almal moet. Ek was nie altyd gelukkig hier nie, maar was selfs trots met pres. Jacob Zuma aan bewind. Die son is nie nou skielik anders omdat Cyril daar is nie, maar mense het meer hoop. Gelukkig het hy genoeg geld, so hy gaan nie Suid-afrika s’n steel nie. Is dit lekker om Madam Speaker te wees in Parlement Parlement? Dis my kyknet- fun om met ’n klomp grapjasse Parlement te speel. Ek het soveel ‘mag’, dit is lewendig, sonder ’n teks en ek kan lekker snaaks wees. Komediante is plat op die aarde. Ek is gek na Schalk Bezuidenho­ut, is al jare lank ’n Leon Schuster- fan, maar was ’n bietjie geïrriteer­d met Trevor Noah. Voor sy roem het hy soms nie vir TVopnames opgedaag nie (ek was toe nog vervaardig­er by kyknet). Maar dis voor ek van sy moeilike kinderjare geweet het. Dit het ’n groot invloed op jou. Hoe hanteer jy die Wes-kaapse waterkrisi­s? Met die donderstor­m in Februarie sit my twee babas bang op my skoot. Annabelle het vir die eerste keer reën gesien. Maar die waterkrisi­s phase my nie. In Israel gebruik hulle ’n droë spons met net skottelgoe­dseep vir opwas en spoel dit met ’n klein straaltjie af. Die storte spuit daar nooit volspoed nie. Ons kan dít leer. As kind het ons net een keer per week gebad, en die res van die tyd uit die wasbak gewas. Ons het twee keer per week ná hokkie hare gewas. Jou gevoel oor #Metoo? Ek hou niks daarvan as mans met my flankeer nie. Eintlik is ek teruggetro­kke, al dink mense ek is ’n ekstrovert. Dié veldtog het mense bewus gemaak van die ‘gevaar’ van geheime. Dit is afstootlik dat magtige mans dink as hulle aan vroue beloftes maak, skuld vroue hulle seks.

’n Mens sou wou sien dat dit vroeër moes uitkom . . . maar ek verstaan dit het tyd geneem vir vroue om moed bymekaar te skraap. Daar gaan nog baie stories uitkom. Siek mense bly nie net in Hollywood nie. Jy en Ian het Channel24 se toekenning as beste celebegpaa­r verwerf in 2014. Hoekom werk jul huwelik? As iets my pla, sê ek dit reguit. Onlangs vir ons vyfde huwelikshe­rdenking wou ek nie diamante hê nie, maar Smegtoebeh­ore vir die kombuis. Ek het hooikoors gekry van al sy blomme en hy het my bederf met high tea by die Twaalf Apostels-hotel.

Sy ma is boonop ongeloofli­k en maak elke tweede week vir my ’n melktert wat ek alleen opeet. Ek het haar verlede jaar bederf met ’n reis na Londen. Jy speel ook gholf. Hoekom geniet jy dit? Suid-afrika se wêreldkamp­ioen Gary Player het eenkeer vir my gelag toe ek by ’n glans-gholfgelee­ntheid sê ek gaan eendag gholf speel. Ek het ’n voorgee van 28, wat nie goed is nie. Die lekkerste is om saam met die caddies te loop en na hul stories te luister. Dit kan ’n heerlike dokumentêr maak. Is jy lief vir Afrikaans? Ek is Afrikaans. Ek het dit besef toe ek draaiboeke in Afrikaans moes aanleer. Ek sal graag vir ’n Afrikaanse komedie ’n draaiboek wil skryf, want ek het baie stories om te vertel.

Ek is mal oor Laurika Rauch. En Steve [Hofmeyr] en ek kom al ’n lang pad saam. Hy is polities soms baie uitgesprok­e, maar ek dink nie hy besef hoe kragtig sy uitsprake is nie. Ek is ook gek na Elvis Blue.

My en Ian se Piekniek & Musiekproj­ek het in November verlede jaar afgeskop. In Maart was dit uitverkoop met die Die Heuwels Fantasties, Jo Black en Refentse. Lewer mense kommentaar oor jul gemengde huwelik? Vier jaar gelede het iemand vir ons gesê die gemsbok lê nie by die sebra nie. Sjoe, iemand moet darem lank neem om so iets uit te dink. Ek hoop nie dit pla mense nog nie. Kleur is nie ’n onderwerp in ons huis nie. Onlangs het Annabelle gesê haar vel is grys. Iemand moes dit vir haar gesê het . . . Jou grootste uitdagings? Om op twintig na Johannesbu­rg te trek en binne sewe dae my rybewys te kry, die regte man te ontmoet en altyd bekommerd te wees oor my kinders. Jou lewensfilo­sofie? Die lewe is te kort vir voorgee. Ek het mín naby-vriende. As iemand van my skinder, konfrontee­r ek hulle of skrap hulle van my lys. Mense wat by my huis saam met my braai en rooiwyn drink, is régtig vriende.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa