Sarie

Jy wíl skei Hier’s jou ‘padkaart’

Jy het die groot besluit geneem: jy wil skei. Die pad vorentoe is egter besaai met geldelike, emosionele, logistieke en huishoudel­ike uitdagings. Jy weet nie mooi waar om te begin nie. Hier’s hulp

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Celeste(Nicole Kidman), in die Tv-reeks Big Little Lies, beplan versigtig hoe sy uit haar huwelik gaan padgee. Sy neem foto’s van hoe Perry (Alexander Skarsgård) haar verniel. En huur vooraf ’n woonstel vir haar en haar twee seuns. Dan vind hy natuurlik uit . . .

In die donker Tv-komedie Divorce sluit Robert (Thomas Haden Church) summier vir Frances (Sarah Jessica Parker) uit die huis as hy uitvind sy verneuk hom. En braak gal van agter die toe deur.

Hollywood . . . Meestal eindig huwelike minder dramaties. Met ’n sagte suggie, nie ’n knal nie.

Jou lewe is dalk anders. Jy is al jare ongelukkig in jou huwelik. Jy dink dikwels aan skei, fantaseer daaroor. Dalk was jy en jou man saam by ’n berader, sonder enige positiewe veranderin­g. Nou het jy finaal besluit. Ten spyte van al die nadele, ontwrigtin­g en probleme wat dit gaan veroorsaak, wil jy skei.

Wat nou? Fokus op jou gesonde verstand eerder as emosies, volgens die seks- en verhouding­sterapeut dr. Ruth K. Westheimer in haar boek Stay or Go: Dr. Ruth’s Rules for Real Relationsh­ips (Amazon, 2018).

Einste, sê Bertus Preller, familiereg­en egskeiding­sprokureur van Kaapstad.

“Kry jou emosies in toom sodat dit nie met die moeilike take vorentoe inmeng nie. Dit beteken nie jy moet jou gevoelens onderdruk nie, maar benader dinge met jou kop. ’n Egskeiding het enorme gevolge vir jou lewe, nie net emosioneel nie, maar ook finansieel. Deur dinge georganise­erd te benader kan jy help verseker jou lewe bly op koers. Nie dat dit maklik gaan wees nie, want jou emosies is ’n reuse-hekkie waaroor jy kan struikel.” Werk dus met ’n plan, sê hy.

Die verstandig­ste is om heel eerste ’n prokureur te gaan sien. Hy kan jou inlig oor watter eise jy kan instel sodat jy ’n idee kan kry oor jou geldelike posisie ná die egskeiding.

En win soveel moontlik finansiële inligting in. Volgens Bertus het hy al

met baie vroue gekonsulte­er wat geen idee van hul man se geldelike posisie het nie. Die prokureur sal jou kan adviseer na gelang van die manier waarop julle getroud is: buite gemeenskap van goedere met/sonder aanwasbede­ling of binne gemeenskap van goedere. (Lees ook wat sê die finansiële beplanner op bl. 114.)

Bertus hoor dikwels ’n vrou sê: “Ek wil niks van hom hê nie.”

“Moenie die fout maak nie. Dink aan jou egskeiding as ’n saketransa­ksie.”

Wie woon waar: Veral as daar kinders is, moet julle dinge in dié deurmekaar tyd so stabiel moontlik probeer hou. Weet ook dat “besitting nege tiendes van die reg” is. Dis ’n uitdrukkin­g wat beteken dis makliker om eienaarska­p van iets te behou indien jy in besit daarvan is. En moeiliker om af te dwing as jy nie is nie. Moet dus nie jou tasse pak en dadelik jul huis verlaat nie. Tensy jy byvoorbeel­d mishandel word en saambly nie langer ’n opsie is nie.

Die meeste pare kom ooreen oor tydelike reëlings vir verblyf. En stel die finale besluit oor wie waar gaan bly tot ná die egskeiding uit.

As jy sonder die kinders uittrek, stuur jy ook die boodskap dat jou eggenoot die “beter” ouer is, die een wat beter na hulle kan kyk. Die hof hou boonop nie daarvan om die status quo te versteur nie. So, waar jou kinders voor die egskeiding is, gaan hulle waarskynli­k bly. As jy wil uittrek maar bang is dit gaan jou kans verminder om ’n behoorlike ouerskappl­an geïmplemen­teer te kry, besluit saam met jou man oor ’n tussentyds­e plan hangende die egskeiding.

Platsak: Trek een van julle voor die egskeiding uit, moet twee huishoudin­gs aan die gang gehou word. Jy kan ’n hofaansoek om tussentyds­e onderhoud doen. Dit kan insluit tussentyds­e versorging of kontak met kinders, onderhoud vir jou en/of die kinders, betaling van dinge soos skoolgeld, ’n verband op die huis, siekefonds­bydraes, selfs deposito’s op ’n nuwe blyplek en verhuising­skoste. Ook bydraes tot egskeiding- en regskoste.

Bewyse: Suid-afrika gebruik die “geen fout”-stelsel vir egskeiding. Dit beteken ’n egskeiding word toegestaan as een van die partye glo die huwelik is onherstelb­aar, selfs al wil die ander een nie skei nie. As daar oor kinders tougetrek word, is dit belangrik om alle voorvalle van mishandeli­ng te dokumentee­r. Ook die hoeveelhei­d tyd wat elke ouer saam met die kinders deurbring. “Dit gebeur dikwels dat ’n man wat nooit regtig tyd aan die kinders bestee nie, ’n super-pa word in sy pogings om primêre toesig oor hulle te verkry,” sê Bertus.

Ná die egskeiding: Dit is een van die mees traumaties­e gebeure in jou lewe en jy sal emosies soos woede, teleurstel­ling, frustrasie en pyn ervaar. Dis moeilik om die emosies te beheer en dit neem lank om volkome te herstel ná ’n egskeiding. Jou lewe gaan vir seker anders wees. Aanpassing en selfs aanvaardin­g van die veranderin­ge sal jou help om gouer anderkant uit te kom, volgens Bertus.

DINGE OM NOU TE DOEN

Stel ’n nuwe testament op. Jul bates is tydens die egskeiding herverdeel: Dikwels kry een ’n kontantbed­rag in een of meer paaiemente. As dit jy is, beplan verstandig vir jou geldelike behoeftes later in jou lewe.

Verander begunstigd­es van polisse binne drie maande ná jou egskeiding om by jou nuwe omstandigh­ede aan te pas.

Maak jou eie bankrekeni­ng oop as julle ’n gesamentli­ke een gehad het. As jy reeds een het, verander jou rekening(e) se wagwoord.

Stel ’n begroting op met jou inkomste en uitgawes om te weet wat jou lewenskost­e gaan wees, met of sonder kinders.

Werk ’n finansiële plan uit. Dis nie om ’n ryk man (of vrou) te vind nie! Of om op jou eks staat te maak nie. Die lewe kan in ’n oogwink verander en jy kan met die finansiële verpligtin­ge sit. >

Jy kan by die huweliksko­ntrak voeg jy kry die familiewon­ing, is daar kinders Amelia Morgenrood, finansiële beplanner

< Maak seker jy het ’n goeie begrip van jou geldsake. Kontak ’n finansiële raadgewer om jou met die opstel van so ’n plan te help.

Maak seker jy het so min moontlik skuld voor die egskeiding. Dit sal ’n goeie kredietrek­ord waarborg.

Ook dat daar minstens ’n maand se salaris beskikbaar is vir ’n noodgeval. As jy onderhoud vir kinders kry, spaar minstens ’n maand s’n ingeval jou eks om een of ander rede nie betaal nie.

Sluit aan by ’n mediese fonds of kry ’n hospitaalp­lan, neem korttermyn­versekerin­g op jou motor en huisinhoud uit, versekerin­g op jou lewe en vir mediese ongeskikth­eid.

Volgens Bertus is ’n egskeiding ’n einde, maar ook ’n begin. Maak seker jy het ’n goeie padkaart daarvoor.

Dink aan jou egskeiding as ’n saketransa­ksie Bertus Preller, prokureur

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa