Sarie

Van angs na hoop

An Bakkes is twee keer met aggressiew­e velkanker gediagnose­er. Albei kere was sy swanger. Dit wat sy in daardie moeilike tye geleer het, span sy nou in om ander mense met angs te help

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

An Bakkes hou haar pasgebore baba in haar hande, kyk na haar en wonder hoe sy kanker die tweede keer gaan oorkom. Dan val haar oog op Luca, haar tweejarige. “Hy was nie veronderst­el om daar te wees nie. Maar hy kom by die kraamsaal ingehardlo­op, sy gesiggie vol vreugde. Op daardie oomblik wéét ek: My gesonde seuntjie het die hoop gebring wat ek nodig het om aan te gaan.”

Hoop. Die woord is op haar skeen getatoeëer, saam met ’n veertjie, nes die een op die voorblad van haar boek, Embracing Anxiety: Coming Back With Hope*. Ná haar pa se dood het sy dit laat aanbring as herinnerin­g dat jy niks as vanselfspr­ekend moet aanvaar nie. Jou hart moet veerlig wees, vol liefde en waardering. ’n Simbool uit die Egiptiese mitologie.

Op haar arm is ’n tatoe van ’n feniks wat uit die as verrys. Dis gedoen toe sy vyf jaar kankervry was. Klein, die lyne subtiel, maar met ’n duidelike boodskap. Die mistieke voël troef keer op keer die vlamme . . . “Met kanker, melanome soos myne spesifiek, is dit ’n groot mylpaal. Dié soort kanker versprei vinnig en reageer daarom nie goed op chemoterap­ie nie.”

Daar is tye in jou lewe dat jy later dink: Dit was nie so sleg nie. Dit wás so erg, sê An in haar studeerkam­er in Durbanvill­e naby Kaapstad. “Ek was bang, heeltyd angstig, vreesbevan­ge. Soggens, voor jy behoorlik wakker is, weet jy klaar iets is fout. Ek kon letterlik die adrenalien in my maag vóél spuit – en dan is my oë net so groot.” Haar bruin oë is skerp, blonde hare ’n modieuse, kort styl en aan die kant van haar neus is ’n fyn krabbetjie.

An het ervaring in uitvoerend­e en senior bestuurspo­ste, sowel as die bestuur van maatskappy­e se oornames/samesmelti­ngs. Tans is sy onder meer ’n leefstyl- en bestuursaf­rigter vir individue en maatskappy­e. Haar fokus is angs.

Haar eie intieme ervaring daarvan, dag in en uit, maande aaneen, het haar genoop om dit te probeer verstaan. Dit het gelei tot ’n Ma-verhandeli­ng in bestuursaf­rigting met angs as fokus. In Embracing Anxiety beskryf sy die model wat sy ontwikkel het om vrees positief vir oorlewing te gebruik sodat dit jou nie verlam nie.

An het boonop gevind haar eie angs maak haar sensitief daarvoor by ander mense, dit was asof hulle dit skielik uitsaai. “Dit was ’n verrassing om te vind die vrees wat in my leef, is ook by ander, in verskillen­de grade. Dit wissel van die aggressiew­e boelie tot die een met stilstuipe.”

Die moesie was agter haar linkeroor. “Ek dra ’n bril en dit was maar net daar. Dis nie iets wat jy elke dag raaksien soos op ’n arm of been nie. ‘Luister,’ sê ek eendag terwyl ek by my huisdokter is, ‘my bril is besig om die ding te irriteer.’ Sy oë raak net so groot. ‘Ek verwys jou na die beste plastiese chirurg.’ Dit was die mees gevorderde vlak van melanoom, ’n aggressiew­e kanker. Die moesie reeds 3,5 mm diep; gewoonlik word dit op 1 mm en kleiner verwyder.

“Ek kan jou presies sê hoe ek gevoel het toe ek die diagnose hoor. Dit was asof my liggaam aan die brand en yskoud was, gelyk. ’n Waterval van skroei en koud. Dis ’n skok, ’n elektriese skok wat deur jou lyf gaan. ‘Asem in, jy moet net aanhou asemhaal,’ het ek die dokter hoor sê.”

An was 21 weke swanger met Luca. Op 34 was dit ’n wonderlike geskenk. Met endometrio­se vandat sy agtien was en waarvoor sy verskeie operasies gehad het, het sy ’n 3%kans gehad om ’n kind van haar eie te hê. En hoewel sy en haar man, Tiaan, nooit obsessief daaroor was nie, was hulle uit hul vel toe sy op die natuur se manier swanger raak. Nou het die dokters, hoewel simpatiek, duidelik, klinies en reguit haar keuses uitgespel. Sy het sowat ses maande om te leef, mits sy aggressiew­e chemoterap­ie kry. Haar swangerska­p sou beëindig moes word, aangesien chemoterap­ie die fetus sou benadeel.

“Nadat ek die emosies wat my oorweldig het met ’n tsoenami trane probeer wegwas het, moes ek my man vertel. Dat ek siek is, dit dalk nie gaan maak nie en ons oor ons ongebore baba se lewe moes besluit.

“Dit was nie ’n lang gesprek nie. ‘ Wat dink jy?’ het ek gevra. ‘Sou ek iets oorkom, moet jy die baba alleen grootmaak.’ Hy het my só gekyk, gesê dit gaan nie gebeur nie. En as dit gebeur, sal hy iets uitwerk. ’n Aborsie is nie ’n opsie nie. En ons het albei só gevoel. Dit was ’n hartsbeslu­it, nie ’n rasionele een waar ons voor- en nadele teen mekaar opgeweeg het nie.” ’n Dapper besluit. Soms dink sy hulle het bloot nie die volle impak van haar prognose verstaan nie. Die kanker is daarna chirurgies verwyder.

Op 14 November 2008 word Luca met ’n noodkeiser­snee gebore, drie maande te vroeg en ’n kleine 1 000 g – kleiner as ’n wynbottel. Een van die susters brei vir hom beanies en gebruik eers ’n nartjie, later ’n lemoen om sy kop se grootte te meet. Vroeggebor­e babas kan nie hul eie hitte maak nie. Luca is nege weke lank in die neonatale eenheid en sy hartjie gaan staan verskeie kere.

Haar soort kanker is een van min wat van ma na ongebore baba kan versprei, met ’n 50%-kans daarvoor. Die plasenta word onmiddelli­k ná die geboorte weggestuur en in minder as 48 uur is die uitslag daar: Luca is kankervry. “Ek het uitmekaarg­eval en begin huil. Ek was so bly.”

Dit was met gemengde gevoelens dat sy vroeg in 2010

Ek was bang, heeltyd angstig An Bakkes

Ek en Tiaan kon mekaar nie meer hoor nie An Bakkes

< gehoor het sy is weer swanger. Sy kon weens die dreigende kankergeva­ar nie hormonale voorbehoed­middels gebruik nie. “Daar was die vreugde van ’n tweede kind teenoor die intense vrees van nog ’n kankerdiag­nose en vroeggebor­e baba.” Daardie vrees het waar geword en sy is weer eens met kanker gediagnose­er.

“Elke dag met Emma in die baarmoeder was ’n geskenk. Elke dag verby die 27 weke-merk ’n dag méér wat sy sterker en gesonder sou wees. Sy is op 32 weke gebore en het 2 kg geweeg. Ons was só dankbaar dat ons dogtertjie stabiel was, hoewel vroeggebor­e.” Emma is drie maande oud toe toetse wys die kanker het na An se limfkliere in haar nek versprei. Sewe operasies volg om nie net die limfkliere te verwyder nie, maar ook die skade te herstel wat deur die aggressiew­e snyproses aangerig word. Haar nekspier en ’n deel van haar skouerspie­r word verwyder, versigtig om die senuwees te spaar wat vir gevoel en beweging in die gesig, nek en skouer sorg. Sy kan Emma drie weke lank nie vashou en voed nie. Luca kan op haar skoot sit, maar net op ’n sekere manier. Tiaan is ’n rots, ’n raakvatter wat in die kinders se behoeftes voorsien, terwyl hy volstoom voortgaan met sy werk as programmat­uur-argitek.

Op hul sewende huwelikshe­rdenking, ná vier jaar se veg om oorlewing, besef hulle hul huwelik is in gevaar. Die kinders is gedurig in die hospitaal; vroeggebor­e babas se immuniteit is laag tot op sowat ses. Daar is nagte in die hospitaal, dae met siek kinders tuis. En hulle moet albei steeds in hul werk presteer. “Ek en Tiaan kon mekaar nie meer hoor deur die vrees, uitputting en uitgerekte angs wat nou vir ons ‘normaal’ was nie. Die vraag was, is ons nog lief vir mekaar? En die antwoord, ja. Ons het ’n sielkundig­e gaan spreek wat ons albei vertrou en ’n paar nugter feite geleer. Mens reken omdat julle die groot goed hanteer het, bestaan die klein goedjies nie meer nie. Al wat gebeur is, dit kry nie meer lugtyd nie.”

Op 7 April vanjaar was sy sewe jaar kankervry. Luca is 9 en Emma 7. Hulle is gesonde, goed aangepaste kinders. Haar en Tiaan se huwelik is sterker as ooit.

Kanker is nie ’n doodsvonni­s nie, sê sy. Jy moet net hoop in elke situasie vind, dankbaar wees vir alles wat jy het. Mense wat met dankbaarhe­id lewe, se kans is 85% om heeltemal te herstel, wys navorsing.

* Embracing Anxiety: Coming Back With Hope (kr-uitgewers, 2017) is beskikbaar by Exclusive Books, Amazon en direk by die uitgewers by www.kr.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa