Sarie

Gewoontes sleg vir jou brein

Vir ’n flinker, blinker brein, sê nee hiervoor

-

VRIENDSKAP TEL

Ons is “bedraad” vir menslike kontak. En Facebook-vriende tel nie. Mense met selfs net ’n paar intieme vriende is gelukkiger en meer produktief. Hul brein bly ook langer hups soos die jare aanstap.

OOK KAF VIR DIE BREIN

Dele van die brein gekoppel aan leer, geheue en geestesges­ondheid is kleiner by mense wat baie kafkos soos hamburgers en slaptjips eet en koeldranke drink. Bessies, volgraan, neute en blaargroen­te, daarenteen, koester breinfunks­ies en verminder die aftakeling daarvan.

SAGTER!

Dreunende oorfone kan jou gehoor in ’n japtrap beskadig. By ouer mense word gehoorverl­ies gekoppel aan Alzheimer se siekte en verlies aan breinweefs­el. Dalk oor jou brein so hard moet werk om te hoor, dit stoor nie. Sit sagter, nie meer as 60% van jou toestel se maksimum volume nie. En nooit lank nie.

ROER JOU RIETE

Diabetes, hartsiekte en hoë bloeddruk: Jou voorland as jy nie genoeg oefen nie. Al dié toestande kan dalk boonop aan Alzheimer se siekte gekoppel word. Jy hoef nie ’n marathon te hardloop nie. ’n Halfuur se tuinwerk of vinnige wandeling is genoeg. Belangrik: Jy moet dit drie keer per week doen.

JOU GIFPYLTJIE­S

Rook kan jou brein laat krimp – nie ’n goeie ding nie. Dit maak jou geheue swakker en jou kans om demensie asook Alzheimer se siekte te kry, twee keer groter. Rook veroorsaak ook hartsiekte, diabetes, beroerte en hoë bloeddruk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa