Sarie

SO SÊ Antoinette Pienaar OP SARIE.COM

-

oor haar boek Die lang man sonder skaduwee (Umuzi, R260) Wat vrees mense vandag?

Mense is bang vir wat kom. Ek wonder of dit te doen het met die ontwikkeli­ng van hierdie skermpies wat ons lewe so oorheers. Niemand praat met iemand in die openbaar nie. Hulle is net besig op hul fone. Dit vang jou so vas. Daar gebeur iets as mense mekaar in die oë kyk, as jy aan iemand se hand vat. Ons vrese het te doen daarmee dat ons dalk nie voorsienin­g gemaak het vir ons oudag nie, dat ons op ’n staatspens­ioen sal moet oorleef. Jy moet elke dag as ’n geskenk sien.

Leef mense te verwyder van die natuur?

Mense sê dis vir my maklik, want ek bly op ’n plaas. Hulle bly in die stad. Maar as jy soggens by jou huis uitstap en jy pluk ’n blaar; jy voel daaraan, kyk daarna en begin jou verbeeldin­g gebruik . . . dis ’n wonderwêre­ld en dit voed die kind binne jou. Ek was vreeslik geskok toe ek aan die kind in my begin dink het en sien sy sit in ’n hoekie met sulke stywe vlegseltji­es. Sy wou nie uitkom nie, want ek het haar meer as dertig jaar laas laat speel. Dit het lank gevat om haar weer na vore te laat kom, en dis sy wat my help om my emosies suiwer te hou. Mense moet met hul emosie leef en dit verteer. Jy moet dit uitleef. En jy moet lag. Dis interessan­t hoe lag jou anders laat kyk na dit wat gebeur. En wanneer jy dit vertel, dan kan jy sien jy is nie so hulpeloos nie.

Jy skryf oor hoe belangrik dit is om jouself te kan vergewe.

Ja. Ek was kwaad toe oom Johannes vir my sê jy doen alles aan jouself toe ek huil oor ’n ding. Ek dog toe hier sit ek en ek maak my hart oop en hier kom die oom met hierdie ding. Toe ek vir myself gesê het ek vergewe myself, toe kon ek eers vir die ander mens sê ek vergewe hom.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa