Sarie

VIR JOU LIPPE

-

NEUTRAAL (NUDE)

Dié skakerings laat jou altyd afgerond lyk en werk veral goed saam met roomkleuri­ge en bruin oogskadusk­akerings, met ’n tikkie verligter op jou wange, sê David White, operasione­le bestuurder van die grimeerree­ks Urban Decay.

“By neutrale kleure is ’n lipomlyner ononderhan­delbaar, want jy moet die lipstiffie presies aanwend. Om ’n nude langer op jou lippe te laat hou, kan jy eers jou lippe met die lippotlood inkleur en jou lipstiffie bo-oor aanwend.”

’n Donkerder velkleur lyk mooi met bruinerige nudes en ’n ligte vel sprankel met ’n ware neutrale kleur.

ROOI

’n Rooi lipstiffie is die towerstaf wat jou gelaat onmiddelli­k lewe gee, maak nie saak wat jou velkleur is nie, sê David. Dit werk ook vir die dag (saam met net ’n paar lae swart maskara) én die aand (saam met rokerige oë). Tog word baie vroue geïntimide­er deur rooi lippe omdat dit so waaghalsig is. “Dis onnodig, want die regte skakering sal jou selfvertro­ue ’n hupstoot gee soos geen ander kleur nie.”

Kersierooi kleure – rooi skakerings met ’n blou ondertoon – is tans in die kol. En die nuutste tegniek om dit aan te wend is die sogenaamde soliede gevlekte voorkoms, sê David. “Jy raam eers jou lippe met ’n lippotlood in dieselfde kleur as jou lipstiffie, wend dan jou lipstiffie bo-oor die lippotlood aan en vee die kleur na binne oor die res van jou lippe.”

HOE VIND JY JOU PERFEKTE ROOI?

“Dit gaan tyd neem,” sê David. “Toets ’n paar kleure op die vlesige deel van jou handpalm net onderkant jou duim. Jou velkleur hier is die naaste aan die kleur van jou lippe. Kyk dan watter kleur lyk mooi. Rooi kleure met ’n blou ondertoon werk goed by warm, goue velkleure en oranjerooi skakerings pas weer by ’n koeler velkleur.”

Sportklere was groot die laaste jare en daarmee saam het natuurlike, golwende hare ook as ’n tendens ontwikkel, sê Candice Wyatt-minter, haarstilis en eienaar van Wyatt Hairdressi­ng and Barbering in Johannesbu­rg.

Dis egter moeiliker om dié styl te skep as wat dit lyk, waarsku sy. “Dis beslis nie net vir was en dra nie. Jy gaan maar jou krultang moet nader trek.” SKEP DIT SÓ Vir krullerige hare Wend eers ’n serum vir krulhare en daarna ’n hittebeske­rmingsprod­uk aan jou klam hare. Verdeel jou hare in breë vertikale stroke en draai elke strook in die rondte, van die wortels tot by die punte (draai dit weg van jou gesig af). Blaas dan droog met ’n haardroër met ’n hitteversp­reidingsko­p ( diffuser), maar by ’n lae hitte. Trek jou vingers deur jou hare en skud die golwe los. Fyn hare Wend ’n hittebeske­rmingsprod­uk aan jou droë hare. Verdeel jou hare in breë diagonale stroke en draai elke strook om ’n krultang, maar los die punte vry. Krul dit vir ’n paar sekondes. Wag tot jou hare afgekoel het, gooi jou kop vooroor en skud die golwe los. Rond jou styl af met ’n ligte haarsproei.

 ??  ?? 2 1 Urban Decay Vice Lipstick in Insanity (R240). By Urban Decaywinke­ls en Foschini 2 Nyx Pro Lip Cream Palette in The Reds (R215)
2 1 Urban Decay Vice Lipstick in Insanity (R240). By Urban Decaywinke­ls en Foschini 2 Nyx Pro Lip Cream Palette in The Reds (R215)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa