Sarie

KLAPPERSUI­KER

-

Klapperpro­dukte soos klappermel­k, -room en -olie is al ’n paar jaar op koskenners se lippe, maar vanjaar is dit klappersui­ker wat die kollig steel. Dit word van die nektar van die klapperblo­m gemaak en is ook bekend as klapperpal­msuiker of klapperkri­stalle. Dit bevat klein hoeveelhed­e minerale en spooreleme­nte, asook inulien, ’n soort onoplosbar­e vesel wat voordelig is vir die spysverter­ingstelsel. Die geur is uniek en laat alles van gebak tot gekookte kos heerlik smaak. SOETKOEKIE­S

Dié koekies is half sag wanneer dit uit die oond kom. Soos dit afkoel, raak die binnekant lekker taai. Dis heeeeeerli­k!

genoeg vir 16 koekies

100 g klapperoli­e 165 g klappersui­ker 80 ml gouestroop 5 ml vanieljege­ursel 1 eier 300 g (535 ml) koekmeel 5 ml gemengde speserye 5 ml koeksoda 20 ml yswater heel amandels

Verhit oond tot 160 °C. Plaas al die bestanddel­e, behalwe die amandels, in jou voedselver­werker en pols by hoë

spoed tot alles in een bal saamkom in ’n sagte deeg. Voer bakplate met bakpapier uit en spuit met kleefweren­de kossproei. Doop hande in bietjie meel, breek stukke deeg af en rol in okkerneutg­root balletjies. Plaas sowat 2 cm uitmekaar op bakplaat. Druk balletjies effens platter en druk ’n amandel op elke koekie. Bak vir 12-15 minute of tot teekleurig. Laat afkoel en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa