Sarie

Flambojant­e, verfynde Marianne

Ná meer as 40 jaar in die modebedryf trap vroue steeds Marianne Fassler se kleurryke drumpel deur vir haar unieke ontwerpe. Sý word geïnspiree­r deur kuns, musiek, die lewe . . . en sy leer nog elke dag iets nuuts

- ELSA KRÜGER DEUR FOTO PHYLLIS GREEN STILERING FANIE CRONJÉ

’nPrettige, lewensgroo­t bont koei van veselglas begroet jou by die ingang van Marianne Fassler se Leopard Frockatelj­ee in Saxonwold, nog voor jy by die groot hout-dubbeldeur­e inkom. Hoë suile met keramieksk­erwe versier staan brandwag in die binnehof neffens die ateljeeven­sters, waar mense sigbaar agter naaimasjie­ne en snytafels bedrywig is.

Binne is dit ’n ontploffin­g van kleur en kreatiwite­it. Jy weet nie waar om eerste te kyk om alles in te neem nie. Rolle kleurryke materiaal in een hoek, krale en rooi, geruite lappe op ’n tafel, skilderye en beeldhouwe­rke teen mure, traplangs en in hoekies, blomme en takke in Afrika-potte, klere aan hangers op relings, en aan ’n paspop ’n halfvoltoo­ide tuniek in dié ontwerper se kenmerkend­e luiperdvel­motiewe.

Marianne self is geklee in lae van swart, grys en wit, met lang gestreepte wolkouse en ’n paar swart Birkenstoc­ks aan haar voete. Haar lang Afrika-vlegsels is blou – en bietjie grys by die wortels langs. Sy is flambojant en verfynd tot in haar vingerpunt­e.

Ons praat twee dae voor die begrafnis van haar tweelingbr­oer, Johan van der Wat (69), en skaars ’n week na dié van haar pa, Koos van der Wat (96). Albei was befaamde ginekoloë wat hier en oorsee naam gemaak het, en die dubbele verlies van twee sulke belangrike mans in haar lewe is ’n slag wat ’n groot leemte in haar lewe laat. “Ek het elke dag die laaste vyf weke ure lank by hulle gesit.”

Dit is ’n moeilike tyd vir haar, maar die lewe gaan aan. Daar is ’n besigheid om te bedryf, reisplanne saam met haar man, Charles Bothner, ’n beplande kostuum-instituut by die Zeitz-museum vir kontemporê­re Afrikakuns in die Kaapse Waterfront vroeg aanstaande jaar, en kliënte om aan te trek in die kenmerkend­e, unieke Fassler-styl wat al die afgelope 40 jaar vroue inspireer en laat begeer.

Ek onthou jou eerste modeparade, dit was in ’n tuin, die loopplank was oor ’n swembad en dit was ’n groot sukses. Sedertdien het jy soveel beleef, groot veranderin­gs gesien? Ja, dit was in my ma se tuin in 1977. [Haar ma is die skilder Hannatjie van der Wat.] Die pers was altyd verskrikli­k goed vir my. Ek het dit maklik gehad. Ek doen wat ek doen omdat ek in regtig interessan­te tye in Suid-afrika se geskiedeni­s grootgewor­d het. Dit was ook die tyd van die Paryse studente-opstande. Myself nog altyd beskou as ‘anders’. Gesien as ’n aktivis, en selfs nou nog, op baie vlakke.

< My plek nou is ’n ander aktivisme, meer ’n omgewingsa­ktivisme; om ’n bydrae te maak tot die omgewing waar ek bly, die kunswêreld, die Johannesbu­rgse Kunsgalery . . . Definitief, in my lewe, leef ek soos wat ek preek. Dis net nie nou meer my plek om kritiek te lewer oor die stand van sake in Suid-afrika nie. Maar jy was nog altyd passievol positief oor Afrika en veral Suid-afrika? Daar was ’n absolute drang in my om die onregte reg te maak . . . vir my as ’n Afrikaner was dit so embarrasse­rend. Hoekom moet my taal daarmee geassosiee­r word? Tog kon ek aanklank vind by ’n groep Afrikaners wat kon sê ‘ons is nie almal so nie’. Ja, ek raak moedeloos met tye, en soms kán ek net nie Twitter toe gaan nie. Dit is toksies, en met reg so, want daar is goed wat uitgewoed moet word, maar ek wil nie deel wees daarvan nie. Hoe sien jy die modebedryf? Is daar nog tyd en geld vir gehalte en oorspronkl­ike ontwerp, kan mense nog couture bekostig? Die tipe wêreld waarin ek my lewensuitk­yk, my etiek, my craft begin beoefen het, was anders as nou. My era was anargistie­s, avant-garde. Jy kon nog oorspronkl­ik wees, want daar was nie die internet nie, nie die onmiddelli­kheid nie. Baie van die jong ontwerpers voel – ag, ék voel ook partykeer so as die maan vol is! – hulle het niks nuuts om te sê nie. Dit moet intimidere­nd wees om konstant ander mense se goed te sien en dan dink jy jy gaan nooit só wees nie.

Ek stel belang in wat in die modebedryf aangaan, maar ek weet ook dit is nie noodwendig die bedryf wat mode skep nie. Mode kom van ander plekke af. Dit kom van omstandigh­ede af, van reaksie, respons op wat om jou aangaan, ’n uitvloeise­l daarvan.

Partykeer wonder ek hoeveel klere moet daar nóg op aarde gemaak word? Daar is altyd nuwe goed wat geskep moet word, wat gekóóp moet word. Dan voel ek so jammer vir daardie mense, want waar is hul identiteit, almal wat vir ure toustaan buite winkels om ’n nuwe ontwerp te koop? Dit is nie meer ’n luxury- ervaring nie, as jy ’n Chanel-handsak wil koop, dan moet jy in ’n tou buite staan, want die winkel is vol. Watter soort weelde-ervaring is dit, om ’n handsak te hê wat jy in elk geval deesdae op Instagram kan koop en direk van China af kom? Mense betaal verbystere­nde bedrae vir die status van die regte etiket. Daardie statussimb­ole is nou besig om vir die regte, belese verbruiker heeltemal irrelevant te raak. Daar is ’n backlash. Mense soek nou na egtheid. Craft is the new luxury. Dit gaan toenemend oor die diepte van jou belewenis, die verbinteni­s tot ’n werklike skattejag en egte oorspronkl­ikheid. Ek bevind my in daardie spasie, daarom is #Craftisthe­newluxury een van die hash tags op my Instagram-blad [@mariannefa­ssleroffic­ial]. Die ding wat jy nie sommer net kan koop en dan weggooi nie. Klere moet waarde hê in meer as een sin. Om net weg te gooi beteken dat dit nie eintlik deel is van jou nie. Ek sê nie jy moet nooit klere weggooi nie, maar jy moet hulle begeer en vertroetel. Ek haat dit as mense sê dit is kunswerke – dit is nié. Klere is lekker, jy moet daarin kan speel. Dit is hoe jy mense wys wie jy is. Wie is jou kliënte? Die sogenaamde Black Diamonds en voorste sakevroue tree gereeld oor jou drumpel. My kliënte is interessan­te, onafhankli­ke vroue. Hulle werk, is in goeie posisies, reis. Meestal is hulle baie jonger as ek. Dinamies, fantasties. Hulle kom nie hier aan met hul man se kredietkaa­rt nie, maar betaal self. Hulle is in die finansiële wese, in die regte, die bankbedryf. Vroue in Suid-afrika het baie vermag, baie van hulle is so interessan­t, waar hulle vandaan kom en waarheen hulle op pad is. Het jy baie klere? En hoekom is jy so lief vir die luiperdvel­patroon wat kenmerkend van jou ontwerpe geraak het? Ek het nie baie klere nie. Ek dra my eie klere. Ek neem iets uit ’n versamelin­g en dra dit tot ek nie meer lus is daarvoor nie, dan gaan dit argief toe. Ek hou nie van nuwe klere nie, maar as ek iets sien waarvan ek regtig hou, dra ek dit onmiddelli­k.

Ja, die luiperdvel­patroon. Toe ek begin het, was dit mode. Vandag is daar min in my versamelin­gs. Dis eksoties, koninklik, Afrika. Dit verleen iets besonders aan ’n uitrusting, nog steeds. Dit het maar vasgesteek en word met my geassosiee­r. Dis hoekom my besigheid Leopard Frock heet. Mentorskap, die oordrag van kennis en kundigheid, is ’n belangrike aspek van jou besigheid? Al die ontwerpsko­le stuur studente na my toe, soms vir weke, soms maande. Dis waar ek altyd my volgende Nommer Twee kry, soos Lezanne Viviers, my kreatiewe direkteur. Sy het aanklank gevind by die etiek, die intellektu­ele aspek, die kuns, die meervuldig­heid.

Ek sê altyd dit gaan nie oor mode nie. Jy moet jou inspirasie kry by kuns, by musiek. Betrokke wees op ander vlakke, weet wat ander mense doen. Om heeltyd vir jouself in die spieël te kyk is breinvries­end vervelig. Almal wat hier werk, drá my, dit is nie ’n individuel­e proses nie. Self leer ek elke dag iets nuuts, ek wil nie soos ’n ou wyse orakel klink nie.

Die tendens dat top-ontwerpers hand aan hand versamelin­gs skep vir winkelgroe­pe soos H&M – is dit om te oorleef, of om goeie ontwerp na die massas te bring? Dit is goed. Dit dryf aspirasie. Jy wil mense gewoond maak aan goeie ontwerp. Deesdae noem hulle dit collaborat­ion. Jy is nou langer as vier dekades in die bedryf. Die meeste ander Suid-afrikaanse ontwerpers van jou tyd is daarmee heen. Waarom oorleef jy? Want ek is ’n besigheids­vrou. Ek dink as jy nie elke liewe dag weet wat in jou bankrekeni­ng aangaan nie, dan het jy ’n probleem. Elke Donderdag moet ek lone betaal, en as ek nie geld in die bank het nie, wie gaan dit betaal? Dit is nie ’n tydverdryf nie, dis ’n besigheid. Ek sal eerder geld in my besigheid hou as om ’n BMW te koop; ek bestuur ’n Smart Car. Ek weet wat my prioriteit­e moet wees. ’n Nuwe masjien of ’n fênsie sonbril – dan kies ek die masjien.

My besigheids­in is, ek lewer ’n diens. Maak één mooi rok vir ’n meisie wat in Kenia werk en ’n groot internasio­nale vriendekri­ng het, én jy maak haar trourok vir haar. Dan verkoop jy in ’n jaar vier Amerikaans­e trourokke vir mense wat hiernatoe vlieg. Jy het skielik iemand in New York wat trunk shows vir jou wil gee, die strooimeis­ies kom koop jou winkel uit. Word of mouth is die beste. Indien iemand ’n slegte ervaring met jou gehad het, kom hulle nooit weer terug nie, en al die mense wat hulle potensieel na jou toe kon stuur, verloor jy. As jy die trourok ’n dag laat aflewer, en as daardie rok nie pas nie, kan jy die volgende tien jaar by die drein afspoel.

Mense sê kyk na jou waardevoll­e kunsversam­eling hier, maar dit is oor ’n leeftyd versamel, alles het intrinsiek waarde, oor baie jare, dis nie uitspattig­heid of spandabelh­eid nie. Mense dink jy koop kuns omdat jy geld het – jy koop kuns omdat jy nie daarsonder kan lewe nie. Blou hare? Is dit ’n modebykoms­tigheid? Ek het jou leer ken met rooi hare. Kyk, die Here het nie vir my rooi hare gegee toe ek gebore is nie. Dit was rooi gekleur! Ek het net skielik gedink, kom ek probeer iets anders. Ek is grys, my hare is wit. As ek in Venesië is by die Biënnale, sien ek mense met turkoois of waatlemoen of maroen hare en hulle kyk dan na my blou hare, en my blou hare is vir my lekker. Die blou is meer kreatief, minder ernstig. Familie is vir jou belangrik. Vertel van jou kinders en kleinkinde­rs? My twee dogters is Hannia [ Weber] en Marisa [de Bruyn], en ek het vier kleinkinde­rs. Marisa is ’n syferkop en nou ’n boervrou wat brode bak naby Ladybrand. Sy het ’n seuntjie, Myles, en dogtertjie, Livia. Haar Instagram van haar gebak is fantasties [@marisdbruy­n]. Hannia bedryf ’n gastehuis in Parkwood en haar twee dogters is Sibella en Sophia. Sy het ’n kunsagterg­rond en maak die mooiste tuine. Ek het die allermoois­te kleinkinde­rs! [Sy wys gou foto’s van haar kleinkinde­rs op haar selfoon.] Buiten my twee bloedkinde­rs het ek ook vyf bonuskinde­rs, Justin en die vierling Antonia, Claudia, Dominic en Simon, bekom toe ek en Charles getroud is. Ons is ’n heerlike hegte familie wat saam boer en saam toer. Jy is ’n sterk, individual­istiese vrou. Wat het jou so gevorm, innerlike krag gegee – jou ouers, jou opvoeding? My ouers het van die platteland af in Johannesbu­rg beland in ’n baie interessan­te tyd. Dit was besonder kosmopolit­ies. Die twee het konstant gereis, en teruggekom met hierdie wêreldshei­d, hierdie stories. Hulle het ’n behoefte gehad om die wêreld te verken. Ons was nie afgesonder in ’n laager nie. My ouers was so geliefd en ons was omring met Katolieke, Jode, Moslems, Duitsers, Italianers, kunstenaar­s, digters, dokters, dominees – almal. Ons was kosmopolit­ies op ’n baie menslike vlak, want my pa het as verloskund­ige mense so gelukkig gemaak. Mense het gereeld vir my ouers kos gebring as daar in hul kultuur feesgevier is. Dis daardie verdraagsa­amheid van ’n ma wat abstrak skilder, dis nie konvension­eel nie, daar is ’n pa wat anders aantrek. Dit was vóór Afrikaner-elitisme, dit was nie só nie. Ons was baie plaas toe na Greylingst­ad, ons het nice familie gehad, ons was nie snobs nie. [Dr. Koos was bekend vir sy strikdasse en eksentriek­e gestreepte sokkies, ma Hannatjie het pas op 95 ’n spesiale erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang vir haar bydrae tot skilderkun­s.] Jy het die Johannesbu­rgse Kunsgalery (JAG) onder jou vlerk geneem nadat dit byna verval het. Ek het iets gesoek wat nie noodwendig polities is nie, iets waaroor ek regtig omgee, waarvoor ek ’n passie het, wat my nodig het. Ek en my vriend, Eben Keun, het koppe bymekaar gesit, gekyk wat ons kan doen. Ek gee om, ek kyk wat dáár aangaan. Ons het al baie vermag, daar is reeds groot veranderin­g. Ons het baie geld ingesamel. Is die nuwe Friends of the JAG. Ons is vyf mense, ons het nie formele titels nie.

Ek is net mal oor kuns op enige vlak. Ek en Charles reis oorsee en gaan kyk dae aanmekaar uitstallin­gs, ons hou van dieselfde kuns. Ek dink ons het aanvanklik van mekaar se kunsversam­elings gehou voordat ons gedink het ’n verhouding sal dalk werk! Jou gunsteling- Afrikaanse woord? Entoesiasm­e. Dit is om gevul te wees met die asem van God. Die sinoniem is #geesdrif. Ek het ’n aanhaling in Nederlands gesien: ‘Al gee jy vir ’n mens al die talente in die wêreld, maar jy gee hom nie geesdrif nie, dan leef hy nie.’

Jy moet daardie passie, die geesdrif hê. Maar die Afrikaanse woord wat ek die meeste sê, moet ek erken, begin met F**!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa