Sarie

Stilis Werner Wessels: ‘Ek verskaf die raam, die vrou is die foto’

Werner Wessels is Suid-afrika se geheime wapen. Dié stilis het gesorg dat Rolene Strauss ’n Mej. Wêreld word en Demi-leigh Nel-peters die Mej. Heelal-kroon dra. Binnekort deel hy op TV sy wenke met elke vrou

- DEUR LIANI JANSEN VAN RENSBURG

Tamaryn Green, ons nuwe Mej. SA . . . Sy het van die begin af uitgestaan. Sy het ’n grace wat nie aangeleer kan word nie. In daardie opsig laat sy my aan Rolene [Strauss] dink. Daar’s ’n kalmte aan haar. Ek sien daarna uit om die pad saam met haar te stap. ’n Mej. Wêreld en ’n Mej. Heelal is al deur jou hande. Wat laat SA vroue uitstaan? Hul nederighei­d, hulle is glad nie selfbehep nie. Al die meisies wat ek nou al gehelp het – Melinda Bam, Rolene, Liesl Laurie, Ntando Kunene, Demi en nou ook die nuwe meisies, Thulisa Keyi en Tamaryn – is meer as net skoonhede, hul harte is ook mooi. Hulle wil ’n deel van hulself gee. Dis wat Rolene en Demi so goed doen. Hoe verskil Demi-leigh en Rolene? As hulle my dogters was, sou Rolene die oudste gewees het. Sy is die verantwoor­delike een. Jy sê vir haar ’n ding een keer en sy doen dit. Een grimeerles en sy snap dit, daarna is haar grimering foutloos.

En dan is Demi my baba. Sy draai my om haar pinkie. Sy weet ek sal enigiets in die wêreld vir haar doen. Maar sy kan lekker moeilik raak as sy nie kry wat sy wil hê nie. Sy het ongeloofli­ke passie, ambisie en selfvertro­ue. En dis wat haar so laat sprankel het! Sy weet wié sy is, wát sy wil hê en wáárheen sy op pad is. Jy is ’n stileerder, modekenner en mentor vir skoonheids­koninginne. Wanneer het jy besef dís jou roeping? Ek was van kleintyd af lief vir vroue. Toe ek jonger was, was die meeste van my vriende meisies . . . eintlik vandag nog. Hulle was lief vir my, voor ek myself kon liefhê. Vandag wil ek teruggee. My werk moet ’n liefdesbri­ef aan elke vrou wees. Dis vir my belangrik dat jy moet goed voel, maak nie saak of jy ’n skoonheids­koningin of doodgewoon is nie. Ek wil elke vrou op haar beste laat voel. Ek dink dís hoekom ek dié pad gekies het.

Dit het so natuurlik gebeur. Melinda Bam was my beste vriendin van graad tien af. Ons het al op skool aan die Hoërskool Waterkloof [in Pretoria] saam gedroom, vir haar rokke geteken – en dan in die moeilikhei­d gekom want ons het nie ons werk gedoen nie.

Sy het later vir Mej. SA ingeskryf, en ek het toe ’n modegraad. Só het ons die pad saam gestap.

Die aand in 2011 toe Melinda wen, was Rolene in die top-5. Ek het iets spesiaals in haar gesien. Melinda het my ook vertel hoe spesiaal sy is. Ek het vir Rolene gesê sy moet oor twee jaar inskryf en my ’n luitjie gee. Sy het. So het dit ’n loopbaan geraak. Is dit hoekom jy nou die mooimaakpr­ogram Die kroonprins* op VIA gaan aanbied? Kyk, ek’s glad nie iemand wat voor die kamera hoort of daarvan hou nie. Ek sien myself in ’n ondersteun­ende rol. Ek verskaf die raam, die vrou is die foto.

VIA het my genader en ek het baie lank daaroor gedink. Ek het besef dat ek op die oomblik net as die skoonheids­koninginma­ker gesien word, die een wat net ’n size 8- meisie kan mooimaak. Ek wil dit [die wanperseps­ie] verander. Ek kan enige vrou help. Waaroor gaan die program? Eerstens wys dit wat ek in die openbare oog doen as stilis vir skoonheids­koninginne. Tweedens is dit nie ’n tipiese makeover show nie – waar die vrou mooi aangetrek huis toe gaan, maar die makeover het nie veel aan haar as mens gedoen nie. Ek wil ’n vrou bemagtig. Ek wil hê dit moet haar help om te word wie sy graag wil wees. In die program wil ek vir haar selfvertro­ue leer. Soos die vrou wat weer begin werk nadat sy kinders gehad het. Daar is meer aan klere as net die uiterlike, dit kan regtig iets vir jou selfvertro­ue doen. Wat sal jou grootste stylwenk wees? Moenie ’n slaaf wees van enige modeneigin­g nie. Styl is iets persoonlik­s. As jy terugdink aan jou ouma, onthou jy nie wat sy gedra het nie, jy onthou haar parfuum. Die string pêrels. Jy dink aan die handsak wat sy altyd by haar gedra het. Dis styl! Enige ander raad? Glo in jouself. Alles wat jy van jou lewe wil maak, is klaar binne jou. Dis nie iets wat jy kan koop nie. Dis nie verbonde aan ’n man, ’n werkgewer, jou kinders of jou vriendinne nie. Dis alles binne jou. Het Suid-afrika se vroue styl? Absoluut! Hulle is nie oordadig nie, hulle het ’n natuurlike skoonheid. Suid-afrikaanse vroue lyk altyd vroulik en elegant. Hulle is ook oop om te leer en nuwe idees aan te pak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa