Sarie

Lentehare: Krulbob tot karamelblo­nd

Gesonde hare wat blink, ’n warm blonde haarkleur, golwende lokke, sexy opstyle en meer – dié somer se top-haartenden­se bied iets vir almal

-

Die laaste paar jaar se neiging na natuurlike, moeitelose velsorg en grimering spoel nou ook oor na hare. “Een van die grootste haartenden­se van die seisoen is hare wat glansend gesond is en minimale stilering nodig het om mooi te lyk,” volgens Karen Botha, bemarkings­bestuurder van die Brasiliaan­se haarsorgre­eks INOAR in Suid-afrika.

Pleks van oorgestile­erde haarstyle wat baie volume en hittestile­ring verg, neem los hare met natuurlike tekstuur en hope glans nou die voortou, sê sy. “En dit raak toenemend belangrik vir vroue om hul hare met die regte haarsorg-produkte en behandelin­gs te versorg sodat dit van nature mooi val en minder hittestile­ring en selfs kleur nodig het.”

Goed versorgde hare begin by die regte tuissorg. “Die

meeste SA vroue se hare het ’n tekort aan vog weens hittestile­ring en buitefakto­re soos die son en weer. Gebruik daarom ’n goeie sjampoe, opknapper en haarmasker wat vog terugsit in jou hare. Selfs as jy fyn hare het wat maklik olierig word, is bevogtigen­de produkte noodsaakli­k.” Buiten goeie tuissorg maak ’n gereelde haarbehand­eling by ’n salon ook ’n reuse-verskil.“’n Haarbehand­eling versterk jou hare met net die regte hoeveelhei­d proteïene en werk dieper in die haarskag om dit van binne gesond te maak. Dit verbeter kroeserigh­eid en maak jou hare meer hanteerbaa­r sodat dit nie nodig is om dit so gereeld uit te blaas of glad te stryk nie.”

Daar’s ’n magdom behandelin­gs om uit te kies en jou haarstilee­rder kan die behandelin­g aanpas deur jou unieke haarkwessi­es in ag te neem.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa