Sarie

Só lyk ’n slim CV vandag

Byna klaar geswot of soek jy ’n ander werk? Jou CV móét vandag in ’n mededingen­de werksmark uitstaan. Kenners sê hoe

- DEUR DELIA DU TOIT

Doenjy ’n internetso­ektog, is daar duisende blaaie oor hoe die “perfekte” CV moet lyk. Die raad verskil egter en dis boonop meestal op Amerikaner­s gemik, genoeg om jou deurmekaar te maak.

Deesdae geld baie van die ou reëls nie meer nie, sê Gail de Waal Basson, ’n profession­ele Cv-skrywer van die Paarl. “Werksoek het ’n wetenskap geword en jou CV moet deel vorm van jou algehele beeld en strategie. Die jammerte is, die meeste CV’S lyk nie anders as tien jaar gelede nie – hoewel die mark anders is.”

Raad, soos goeie spelling, geld steeds, maar CV’S se struktuur en lengte verskil vandag. Aan die ander kant gaan “moderne foefies” soos videoCV’S jou nie help nie, sê sy.

Hier’s wat jy moet weet:

Gaan jou spelling na

Maak seker daar is geen spel- en taalfoute nie, sê Gail. “Dit skep onmiddelli­k ’n swak indruk. Daar is al hoe meer spelfoute in die jonger geslag se CV’S, maar selfs ervare mense maak dié fout.”

Gavin Sher, uitvoerend­e hoof van die Johannesbu­rgse menslikehu­lpbronne-konsultasi­egroep Focus Group, stem saam. “As jou CV vol spelfoute is, of onnodige leestekens en hoofletter­s bevat wat lees bemoeilik, word dit eenvoudig uitgegooi.

“Die program Word het ’n speltoetse­r – gebruik dit! Vra ook iemand met goeie taalgebrui­k om dit na te gaan.”

Moenie persoonlik­e inligting insluit nie

Destyds het jy jou Id-nommer, adres en jou vorige base se telefoonno­mmers ingesluit, maar deesdae moet jy dit liefs uitlos, sê Arend Willemse, uitvoerend­e hoof by CV Profs, ’n Cv-skryfdiens in Johannesbu­rg. “Ons leef in ’n era van identiteit­sbedrog, en werkgewers verstaan dit. Jy kan jou ouderdom insluit, maar doen dit aan die einde van die dokument sodat die leser jou nie daarop oordeel voor hulle deur jou ervaring gelees het nie.”

As jy die kortlys haal, kan hulle jou kontak vir verwysings en persoonlik­e inligting, sê Gavin. “Moenie jou sertifikat­e insluit nie. Werkgewers sal vir bewyse vra indien nodig, maar ekstra aanhangsel­s maak die dokument onnodig lank.”

’n CV is ’n besigheids­dokument, nie ’n spyskaart of teaterprog­ram nie, sê Gail. Prentjies, blommetjie­s en raampies trek die aandag van jou ervaring en prestasies af. Moet ook nie ’n vreemde lettertipe of -grootte gebruik om uit te staan nie. Gebruik ’n besigheids­lettertipe soos Arial of Calibri in grootte 10 of 12.

Hoewel video-cv’s gewild begin word in lande soos die VSA, werk dit nie plaaslik nie, sê Gavin. “Hier laat selfs korporatie­we ondernemin­gs se e-posstelsel­s nie groot dokumente soos video’s deur

nie – jou CV sal heel moontlik dan geblok word. Werkgewers het ook nie tyd om na ’n video te kyk nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa