Sarie

Eksotiese Turkye

Lus vir reis, maar nie om op jou eie die vreemde in te vaar nie? Reis in ’n klein groep saam met ander Sarie-lesers om die teksture van Turkye te beleef. Vanaf R24 500 per persoon wat deel

-

Koop’n handgemaak­te tapyt by ’n wewer wat al geslagte lank sake doen, sien Kappadosië uit ’n lugballon, en eet regte Turkse lekkers by ’n antieke straatmark. SARIE se reis neem jou na Istanboel, Ankara, Kappadosië, Konja, Pamukkale, Hiërapolis, Kusadasi, Efese, Bursa en die Bosporus-kanaal. Jy sal nie spyt wees nie! te besoek. Daarna ry ons na Pamukkale, waar ons oornag.

DAG 6 PAMUKKALE & HIËRAPOLIS – KUSADASI Die ruïnes van Hiërapolis, die tempel van Apollo, Nekropolis en die manjifieke wit kalsiumter­rasse van Pamukkale wag op ons. Daarna ry ons na Kusadasi, waar ons oornag.

DAG 7 EFESE & KUSADASI Ervaar die ryk geskiedeni­s van Efese op ’n begeleide toer, en besoek die Tempel van Artemis. Vanmiddag gaan jy jou verkyk aan die handgemaak­te leerproduk­te van Turkye. Ons slaap in Kusadasi.

DAG 8 KUSADASI – BURSA Ons ry na die eerste hoofstad van die Ottomaanse Ryk, en besoek dan die Ulu Camiï, die onderdak-basaar en symark. Ons slaap vanaand in ’n spa-hotel in Bursa.

DAG 9 BURSA – ISTANBOEL & BOSPORUS Ons keer terug na Istanboel, waar ons ’n vaart op die Bosporus, die seestraat wat Europa en Asië skei, onderneem. Ons slaap in Istanboel.

DAG 10 ISTANBOEL Ons word opgelaai en lughawe toe gevat vir ons vlug huis toe.

Dis heeltemal aanvaarbaa­r om agter ’n gourmet-ete aan oorsee te piekel.

Nice, Frankryk As jy graag in ’n restaurant met ’n Michelin-ster wil eet, is Parys, die stad waar die Michelin-gids in die 1900’s sy oorsprong gehad het, ’n goeie plek om jou reis te begin. Maar doen die moeite en reis verder na Nice, waar die Suid-afrikaanse Michelinbe­kroonde sjef Jan (Hendrik van der Westhuizen) sy restaurant JAN se deure oopgemaak het. Bespreek vooraf aanlyn by restaurant­jan.com.

Hongkong, China As jy elke aand op ’n ander plek wil gourmet eet, is Tokio en Kioto in Japan ’n goeie kuierplek. Dis die stede met die meeste Michelin-sterre ter wêreld, en stede wat ook ’n sterk kultuur van gehalte-straatkos het. Hongkong kan egter spog dat hy die goedkoopst­e Michelin-restaurant ter wêreld huisves, Tim Ho Wan, ’n 20-sitplek-restaurant waar jy veral dumplings kan eet.

San Sebastián, Spanje Jy het nooit ’n verskoning nodig om Spanje toe te gaan nie, maar San Sebastián, ’n kusdorp in die noorde van die land, het ’n sterk kostradisi­e en is die tuiste van 10 Michelinst­errestaura­nte. Sit ook vir El Celler de Can Roca in Girona, sowat ’n uur buite Barcelona, op jou lys as jy ’n smulpaap is.

As jy dalk in Engeland kom, reis na Bray in Berkshire. Heston Blumenthal se Fat Duck-restaurant is al ’n paar keer as die beste ter wêreld aangewys.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa