Sarie

Toe nou, bespreek daardie vakansie

Daar is waarskynli­k duisend redes om nié geld op ’n eksotiese vakansie te bestee nie. Maar hier is een goeie rede hoekom jy moet oë toeknyp: Dis ’n belegging in jouself! Hier is ’n paar bestemming­s waarvoor dit die moeite werd is om te spaar

-

Diseen van daardie “memes” wat elke nou en dan deur ’n guitige vriendin op Facebook gedeel word. Op die foto sit-lê ’n bejaarde egpaar oopmond en snork . . . in ’n gondel van alle plekke, terwyl die fabelagtig­e Venesië ongesiens by die twee slapers verbygaan. Die trefreël by die foto: “Dís die rede hoekom jy nie jou reise tot jou aftrede moet uitstel nie.”

Ons weet. Dis skoolgeld en tolgeld en munisipale belasting en deesdae selfs ’n waterbelas­ting. En dan moet brood en botter nog op die tafel. Geld moet deesdae rek soos nog selde in die verlede, maar die cliché is waar . . . Reis is die enigste ding waarop jy geld kan bestee wat jou ryker sal maak. Hier is ’n paar bestemming­s wat jy gerus op jou emmerskopl­ys kan sit.

stap pelgrims net die laaste paar honderd kilometer deur Italië tot by die Vatikaan in Rome. Waar ’n kwartmiljo­en pelgrims jaarliks die Camino in Spanje voltooi, stap net sowat 2 500 pelgrims die Via Francigena, dus is dit minder gekommersi­aliseer. Die roete neem jou deur pragtige Toskaanse dorpies waar niemand Engels praat nie, en waar ’n luidrugtig­e Italianer vir jou handgemaak­te pasta met vars artisjokke en aspersies voorsit. Oe! Die huiswyn is heerlik! En jy mag maar weglê sonder skuldgevoe­lens, want jy het mos hééldag gestap?

Machu Picchu, Peru

Soek op Google die gewildste staproete ter wêreld, en Google sal jou in ’n millisekon­de na die Inka-wandelpad in Peru stuur. Dié roete neem jou oor vier dae na die antieke Machu Picchu bo die Urubamba-rivier. Sedert 2001 mag jy nie meer die roete onbegeleid stap nie, wat jou dwing om deur ’n agentskap te bespreek. Hier in Suid-afrika kan jy by Pentravel aanklop. As jy nie lus het vir stap nie, kan jy ook per trein reis tot by Machu Picchu. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa