Sarie

TATJANA SCHOENMAKE­R

-

Dis doodstil, jy kan jou hartklop hóór. “Take your marks” . . . en piep . . . die gonser. Jy is in die water, fokus net op jou ritme, jou tegniek. Die laaste lengte en jy gee jou als. Nog vyftien meter en jou arms en bene is lam, jy’t nie meer krag nie. Vasbyt.

Tatjana Schoenmake­r raak eerste aan die swembad se kant en haar oë rek toe sy haar tyd sien: 2:22.02. Goud in die 200 m-borsslag en ’n nuwe Afrika-rekord.

Sy het geweet sy het vinniger as in die halfeindro­nde geswem. Maar dat sy nog ’n sekonde en ’n half van daardie tyd sou afskil? “Ek was net so bly! Om daardie tyd vol te hou gaan baie uitdagend wees. Dis nie lekker om te dink ek gaan nog harder moet oefen nie!” Met ’n giggellagg­ie.

Ná jare van droogte aan plaaslike top-vroueswemm­ers kom Tatjana byna vanuit die niet – en swem in April vanjaar twee goues los by die Statebonds­pele in Australië. Sy verbeter drie Afrika-rekords, in die 50 m, 100 m en 200 m. Twee daarvan, die 50 m en 100 m, was Penny Heyns s’n, waarvan laasgenoem­de byna 20 jaar gestaan het.

Op die podium vee sy aanmekaar trane af. In die skare is haar ouers, Rene en Renske. En sy weet hulle is net so emosioneel. “Alles daarna het vinnig gegaan. Ek het uit die swembad geklim, my medaljes ontvang, vir my dwelmtoets gegaan. Maar daardie aand in die bed het ek die oomblikke op die podium herleef – en toe huil ek. Elke keer wanneer die Springbokk­e rugby speel en ek die volkslied hoor, sien ek myself weer op die podium.”

“Hoekom het jy nie gewaai toe jy uitstap swembad toe nie?” vra haar ma. “Ek was bang as ek die groot klomp mense sien, raak ek te senuweeagt­ig,” sê Tatjana, wat sedertdien

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa